Skip to main content

Psalm 48

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm besing met passie die berg van die Here in Jerusalem, Sion, soos ook in ‘n hele paar ander Psalms gedoen word (Ps. 76, 84, 87, 122). Op ’n dieper vlak gaan dit egter natuurlik oor God self wat lofwaardig oor die hele aarde is.  Dit is Sy teenwoordigheid wat met Sion geassosieer word waardeur Sion ’n simbool van God self geword het. Die Psalm het 4 dele: 1) God se grootheid word besing soos dit gesimboliseer word deur Sion – vers 2-3.  Let op dat die grootsheid daarvan nie net bedoel is vir die volk van God nie, maar as vreugde vir die hele aarde.  Jesus het in die Bergrede ’n frase uit vers 2 gebruik om God se verbintenis aan Jerusalem te beskrywe: ”die stad van die groot Koning” (Matt. 5:35). 2) God se beskerming vanaf Sion word geloof aan die hand van konkrete ervarings daarvan, beide in die verlede as in die hede – vers 4-9.  3) God se trou word oordink in die tempel op Sion as ’n getuienis vir die nasies van die aarde en almal aangemoedig om daaroor bly te wees – vers 10-12. 4) God se leiding word bewonder as getuienis vir die volgende geslag van God se mense – vers 13-15.

Bid die Psalm

“’n Lied. ’n Psalm van die Koragiete. Die Here is groot! Hom kom toe die grootste lof in die stad van ons God, op sy heilige berg! Sionsberg, daar teen die noorde, is pragtig daarbo, dis ’n vreugde vir die hele aarde, die stad van die Groot Koning! God self is in haar vestings; Hy is bekend as ’n toevlugsoord. Konings het saamgespan, saam teen die stad opgeruk. Toe hulle die stad sien, was hulle sprakeloos en het verskrik op die vlug geslaan. Angs het hulle aangegryp, soos ’n vrou met geboortepyne; angs soos toe die oostewind die skepe van Tarsis verwoes het. Ons het dit verneem, dit self so gesien, in die stad van die Here, die Almagtige, in die stad van ons God. God sal dit vir altyd vas laat staan. Sela O God, ons oordink u troue liefde wanneer ons in die tempel aanbid. Soos dit pas by u Naam, o God, so sal U geprys word tot aan die eindes van die aarde. U sterk hand is vol regverdigheid. Sionsberg sal bly wees, die dorpe van Juda sal juig, want u oordele is regverdig. Gaan loop in Sion. Loop rond en tel al die torings. Kyk na die versterkte mure en bekyk al die vestings, sodat jy dit kan vertel aan die geslagte ná jou. Want dié God is ons God vir altyd. Hy is ons God. Hy sal ons tot die einde toe lei.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie Psalm teken vier van God se belangrikste eienskappe wat ook vir ons in ons gebede en lewe voor God kan inspireer: God is groot, God beskerm, God is betroubaar, God lei sy mense. Neem vandag genoeg tyd om God vir sy grootheid te loof, Hom te dank vir sy beskerming, na te dink oor sy betroubaarheid en leiding in verskillende situasies waardeur jy al gekom het en jou verbintenis aan Hom in die woorde van vers 15 te bevestig: Want dié God is ons God vir altyd. Hy is ons God. Hy sal ons tot die einde toe lei.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…