Skip to main content

Psalm 33:13-22

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In hierdie tweede deel van die Psalm word ons aangemoedig om God vir sy alwetendheid (vers 13-15) en almag (vers 16-19) te loof. God vorm ons denke en dade as ons in ontsag vir Hom lewe. Hy sorg vir almal wat hulle hoop op Hom stel in dood en hongersnood. Met ons hele wese wag ons op sy hulp.

Bid die Psalm

“Die Here kyk vanuit die hemel en sien die hele mensdom. Vanaf sy woning sien Hy al die bewoners op die aarde. Omdat Hy hulle harte gemaak het, verstaan Hy alles wat hulle doen. ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. Ons vertrou op die Here om ons te red. Hy is ons hulp en beskerm ons soos ’n skild. In Hom is ons harte verheug, want ons vertrou op sy heilige Naam. Laat u troue liefde ons oordek, Here, want ons hoop op U alleen.” NLV

Boodskap en betekenis

Hoe pragtig sluit die Psalm nie af met ’n getuienis nie: “In Hom is ons harte verheug, want ons vertrou op sy heilige Naam (vers 21).” Wat weer opgevolg word met ’n gebed: “Laat u troue liefde ons oordek, Here, want ons hoop op U alleen.” (vers 22). Loof die Here vir wat jy al ervaar het van sy alwetendheid en almag.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar