Skip to main content

Psalm 104:20-30

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die leefbare ruimte wat die Here gee, sluit ook voorsiening aan roofdiere in. Ook hulle is afhanklik van die Here se voorsiening. Trouens, dit is waar van al God se skepsels, selfs die oerdiere soos die Leviatan. Wat die Psalmis uitbring by die mens wat daarby sy geluk kan vind in die werk wat die Here aan hom toevertrou het. Sonder God is die lewe regtig nie in sy volheid moontlik nie.

Bid die Psalm

“U stuur duisternis, en dit word nag, al die diere van die bos sluip rond. Dan brul die leeus op soek na prooi; ook hulle vra kos van God. Teen dagbreek sluip hulle weg om by hulle lêplekke te rus. Dan gaan die mens na sy werk en arbei tot die aand. Here, hoe baie is u werke! U het alles met wysheid gemaak. Die aarde is vol van u skepsels. Daar is die oseaan, groot en wyd. Dit wemel van diere, lewende wesens, groot en klein. Daar is die skepe wat oral rondvaar; en ook die Leviatan, wat U gemaak het om mee te speel. Elkeen van hulle reken op U om kos te gee volgens behoefte. U gee vir hulle, hulle versamel dit. U maak u hand oop, met die goeie word hulle versadig. As U U onttrek, is hulle verskrik. Neem U hulle asem weg, dan sterf hulle en word weer stof. U stuur u lewensasem, en lewe word geskep. Uit die grond laat U nuwe lewe spruit.” NLV

Boodskap en betekenis

Die kernboodskap van Psalm 104 is dat: “Elkeen van hulle reken op U om kos te gee volgens behoefte. U gee vir hulle, hulle versamel dit. U maak u hand oop, met die goeie word hulle versadig.” Sonder God se guns is geen lewe moontlik nie. Hy is die soewereine Skepper Heer. Hy is ook die soewereine Voorsiener Heer. Loof Hom vandag daarvoor.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar