Skip to main content

Psalm 112

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 112 is soos 111 ‘n akrostiese Psalm. Elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Dit gee 22 reëls vir elke letter van die alfabet. Dit is ook ‘n Hallelujalied soos Psalm 111 en 113 dit ook is. Soos ek gister gesê het, Psalm 112 en 111 kom baie ooreen in inhoud met die fokus op bv. regverdigheid, genade, barmhartigheid, en voorsienigheid. In Psalm 111 word dit as God se karakter en werk beskryf. In Psalm 112 word dit nou as die gelowige se karakter en werk beskryf. Elke opeenvolgende reël van die Psalm skets ‘n aspek van die gelowige se lewe voor God en voor die mense, soms in kombinasie met ‘n ander reël. Op grond van die beklemtoning van sy ontsag vir God se gebooie in vers 2 en die feit dat hy daarom vir slegte tyding nie bang is nie, kan die Psalm in twee dele gedeel word, maar dit is maar net om die boodskap op ‘n manier op te som: Ontsag vir God se gebooie bring vreugde (Ps. 112:2-6) en, Vertroue op God verdryf die vrees vir slegte tyding (Ps. 112:7-10).

Bid die Psalm

“Prys die Here! Geseënd is hy wat die Here dien, hy wat met groot vreugde sy gebooie onderhou. Sy kinders sal magtig wees op aarde; die nageslag van die opregte sal geseën wees. Oorvloed en rykdom vul sy huis, sy regverdigheid duur vir altyd. Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. Die regverdige sal nie struikel nie, en sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die Here. Hy voel veilig en is sonder vrees en sien die neerlaag van sy vyand. Hy gee ruim vir hulle in nood. Sy goeie dade word altyd onthou. Hy sal aansien hê en eer ontvang. Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop.” NLV

Boodskap en betekenis

Psalm 112 herhaal die belangrike paradigmatiese boodskap van Psalm 1: “Hoe gelukkig is die mens wat ontsag het vir die HERE, wat groot vreugde vind in sy gebooie.” En voeg daaraan by: “Sy nageslag sal magtig wees in die land — ‘n geslag opregtes wat geseën word.“ Dit is die beginsels van ‘n geseënde en gelukkige lewe, die “ABC” van ‘n gesonde geloofslewe. Dit is die basis vir die oorvloed wat ‘n mens selfs in die voorsiening van die Here kan beleef. Dit is ook die basis van ‘n lewe wat ‘n nalatenskap laat. Let op hoe wonderlik sulke mense vir hulle medemense is: “Hy skyn in die duisternis as ‘n lig vir die opregtes.” Hoekom? Want hy of sy is genadig, barmhartig, regverdig, goedhartig en eerlik. Jy kan op hom of haar staatmaak, want hulle wankel nooit nie. Hulle nalatenskap sal vir altyd in die herinnering bly. Omdat die gelowige ‘n ontsag vir God het, dryf dit die vrees vir slegte tyding uit. Sy hart kan standvastig bly, want Hy vertrou op die Here. Hy hoef nie bang te wees nie, want hy weet in die lig van God se grootsheid en betroubaarheid, hoef hy nie vir teenstanders bang te wees nie. Trouens, in sy goedhartigheid en regverdigheid, styg juis sy aansien en waardigheid. Goddelose mense sien dit raak, kners op hulle tande van woede, maar kan niks aan die aansien en waardigheid doen nie. Dit maak hulle moedeloos, want selfs al sou hulle slaag om iemand dood te maak, sal dit niks doen aan die “lig” wat uit hulle lewe skyn nie.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…