Psalm 145
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Psalm 145 is die afsluiting van die groepie Dawid Psalms – Psalm 138-145 – wat God se betroubaarheid deur die eeue bevestig sowel as die goeie bedoelings wat Hy van altyd af het vir sy mense, trouens vir alle mense: “Die Here is goed vir almal.” (vers 9). Daarom, sê Dawid: “My mond sal die lof van die Here verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en ewig.” (vers 21). ‘n Mens kan die Psalm in twee deel, hoewel elke vers eintlik die hele boodskap van lof in sigself alreeds dra. Die eerste deel – vers 1-9 – besing God se lof aan die hand van sy allesoortreffende kwaliteite en karakter, hoewel dit uiteraard verbind is aan die konkrete voorbeelde wat daarvan getuig. God se groot goedheid is lofwaardig vir ewig. Die tweede deel – vers 10-21 – raak ‘n bietjie meer spesifiek en besing God se lof meer direk aan die hand van sy groot werke en magtige dade, en maak dit nog meer universeel op alles en almal van toepassing as selfs in die eerste deel van die Psalm. Dit is ook uitsonderlike beloftes wat jy kan aangryp in jou gebede! God se besondere beloftes verryk die lewe vir ewig.
Bid die Psalm
“’n Loflied van Dawid. Ek wil U prys, my God en my Koning, u Naam wil ek altyd loof. Ek wil U elke dag loof, en u Naam vir altyd prys. Die Here is groot! Hy is waardig om geprys te word. Sy grootheid is onmeetbaar. Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel. Ek sal die glans en heerlikheid van u majesteit verkondig en nadink oor u wonderdade. Mense sal praat van u vreeswekkende dade; hulle sal van u grootheid vertel. Hulle sal vertel van u onvergeetlike goedheid; en met vreugde sing van u regverdigheid. Genadig en barmhartig is die Here, stadig om kwaad te word, en ryk in liefde. Die Here is goed vir almal, en barmhartig oor sy hele skepping. Alles wat U geskep het, loof U, Here, en u getroue dienaars prys U! Hulle vertel van die prag van u koninkryk; hulle maak u groot mag bekend. Hulle sal aan almal vertel van u magtige dade, en van die glansryke majesteit van u koninkryk. Want u koninkryk is ’n koninkryk vir alle tye. U heers geslag na geslag. Die Here help almal wat geval het en dié wat swaarkry, tel Hy op. Die oë van almal is hoopvol op U gerig; U gee aan almal kos op die regte tyd. U maak u hand oop, en bevredig die begeertes van al wat lewe. Die Here is regverdig in al sy dade; en getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, vir almal wat Hom in opregtheid aanroep. Hy vervul die begeertes van dié wat Hom dien; Hy hoor hulle hulpgeroep en red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar die goddeloses vernietig Hy. Die lof van die Here wil ek verkondig. Alles wat leef, sal sy heilige Naam vir altyd prys!” NLV
Boodskap en betekenis
Die eerste deel van die Psalm is eintlik ‘n bron van aanhalings oor wie en wat God is. ‘n Mens kan enige vers neem as ‘n “koringkorrel” vir jou dag om jou oor God te verwonder!
Let op die beskrywing van die meer as tien kwaliteite en karakter van God self:
- sy lofwaardigheid wat vir altyd geprys moet word,
- sy grootheid wat ondeurgrondelik is,
- sy luisterryke majesteit wat alles verlig,
- sy wonders wat ‘n mens uitnooi om vir altyd daaroor na te dink,
- sy ontsagwekkende magtige dade waaroor jy nie kan stil bly nie,
- sy groot goedheid wat mens verstom,
- sy regverdige optrede waaroor ‘n mens net wil juig,
- sy genade,
- sy barmhartigheid,
- sy geduldigheid,
- sy groot troue liefde, en
- sy glansryke koningskap wat mense oral met ontsag vervul.
Trouens: “U koningskap strek oor alle ewighede … deur al die komende geslagte” (vers 13)!
Die tweede deel van die Psalm is eintlik ‘n bron van beloftes van wat God doen waarmee ‘n mens jou gebede kan verryk. Let op die beskrywing van sy groot werk en magtige dade, want elkeen daarvan is ‘n belofte wat in gebed aangegryp kan word, nie net deur die geloofsgemeenskap nie, maar deur die hele mensdom!
Lees dié meer as tien beskrywings as beloftes en maak dit deel van jou gebede:
- Die Here is goed vir almal,
- Die Here ondersteun almal wat val,
- Die Here help almal op wat teneergedruk is,
- Die Here gee almal kos op hulle tyd,
- Die Here versadig al wat lewe met wat hulle wil hê,
- Die Here is regverdig in al sy weë,
- Die Here is getrou aan alles wat Hy gemaak het,
- Die Here is naby almal wat Hom aanroep in waarheid,
- Die Here vervul die wens van dié wat vir Hom ontsag het,
- Die Here hoor die hulpgeroep van dié wat vir Hom ontsag het, en verlos hulle,
- Die Here beskerm almal wat Hom liefhet (maar al die goddelose mense vernietig Hy).
Dít is die Here wat ons aanbid! Dít is die dinge waarop jy kan staatmaak. Dít is die dinge waarvoor jy kan intree en die Here se seën op alles en almal kan afbid. Ook vir jouself.
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
View all posts in this series
- Beplanning – Bid die Psalms 2026 - December 9, 2025
- Inleiding – Bid die Psalms 2026 - December 21, 2025
- Psalm 1 - December 22, 2025
- Psalm 2:1-6 - December 23, 2025
- Psalm 2:7-12 - December 24, 2025
- Psalm 3 - December 25, 2025
- Psalm 4 - December 26, 2025
- Psalm 5:1-9 - December 27, 2025
- Psalm 5:10-13 - December 28, 2025
- Psalm 6 - December 29, 2025
- Psalm 7:1-10 - December 30, 2025
- Psalm 7:11-18 - December 31, 2025
- Psalm 8 - January 1, 2026
- Psalm 9:1-13 - January 2, 2026
- Psalm 9:14-21 - January 3, 2026
- Psalm 10:1-13 - January 4, 2026
- Psalm 10:14-18 - January 5, 2026
- Psalm 11 - January 6, 2026
- Psalm 12 - January 7, 2026
- Psalm 13 - January 8, 2026
- Psalm 14 - January 9, 2026
- Psalm 15 - January 10, 2026
- Psalm 16:1-6 - January 11, 2026
- Psalm 16:7-11 - January 12, 2026
- Psalm 17:1-9 - January 13, 2026
- Psalm 17:10-15 - January 14, 2026
- Psalm 18:1-4 - January 15, 2026
- Psalm 18:5-19 - January 16, 2026
- Psalm 18:20-25 - January 17, 2026
- Psalm 18:26-36 - January 18, 2026
- Psalm 18:37-46 - January 19, 2026
- Psalm 18:47-51 - January 20, 2026
- Psalm 19:1-7 - January 21, 2026
- Psalm 19:8-15 - January 22, 2026
- Psalm 20 - January 23, 2026
- Psalm 21:1-8 - January 24, 2026
- Psalm 21:9-14 - January 25, 2026
- Psalm 22:1-12 - January 26, 2026
- Psalm 22:13-22a - January 27, 2026
- Psalm 22:22b-31 - January 28, 2026
- Psalm 23 - January 29, 2026
- Psalm 24 - January 30, 2026
- Psalm 25:1-7 - January 31, 2026
- Psalm 25:8-15 - February 1, 2026
- Psalm 25:16-22 - February 2, 2026
- Psalm 26:1-5 - February 3, 2026
- Psalm 26:6-12 - February 4, 2026
- Psalm 27:1-6 - February 5, 2026
- Psalm 27:7-14 - February 6, 2026
- Psalm 28 - February 7, 2026
- Psalm 29 - February 8, 2026
- Psalm 30:1-6 - February 9, 2026
- Psalm 30:7-13 - February 10, 2026
- Psalm 31:1-7 - February 11, 2026
- Psalm 31:8-14 - February 12, 2026
- Psalm 31:15-19 - February 13, 2026
- Psalm 31:20-25 - February 14, 2026
- Psalm 32 - February 15, 2026
- Psalm 33:1-12 - February 16, 2026
- Psalm 33:13-22 - February 17, 2026
- Psalm 34:1-9 - February 18, 2026
- Psalm 34:10-15 - February 19, 2026
- Psalm 34:16-23 - February 20, 2026
- Psalm 35:1-8 - February 21, 2026
- Psalm 35:9-18 - February 22, 2026
- Psalm 35:19-28 - February 23, 2026
- Psalm 36 - February 24, 2026
- Psalm 37:1-11 - February 25, 2026
- Psalm 37:12-22 - February 26, 2026
- Psalm 37:23-29 - February 27, 2026
- Psalm 37:30-40 - February 28, 2026
- Psalm 38:1-12 - March 1, 2026
- Psalm 38:13-23 - March 2, 2026
- Psalm 39:1-6 - March 3, 2026
- Psalm 39:7-14 - March 4, 2026
- Psalm 40:1-11 - March 5, 2026
- Psalm 40:12-18 - March 6, 2026
- Psalm 41 - March 7, 2026
- Psalm 42 - March 8, 2026
- Psalm 43 - March 9, 2026
- Psalm 44:1-9 - March 10, 2026
- Psalm 44:10-27 - March 11, 2026
- Psalm 45:1-8 - March 12, 2026
- Psalm 45:9-18 - March 13, 2026
- Psalm 46 - March 14, 2026
- Psalm 47 - March 15, 2026
- Psalm 48 - March 16, 2026
- Psalm 49:1-14 - March 17, 2026
- Psalm 49:15-21 - March 18, 2026
- Psalm 50:1-15 - March 19, 2026
- Psalm 50:16-23 - March 20, 2026
- Psalm 51:1-11 - March 21, 2026
- Psalm 51:12-19 - March 22, 2026
- Psalm 52 - March 23, 2026
- Psalm 53 - March 24, 2026
- Psalm 54 - March 25, 2026
- Psalm 55:1-9 - March 26, 2026
- Psalm 55:10-15 - March 27, 2026
- Psalm 55:16-24 - March 28, 2026
- Psalm 56:1-8 - March 29, 2026
- Psalm 56:9-14 - March 30, 2026
- Psalm 57 - March 31, 2026
- Psalm 58 - April 1, 2026
- Psalm 59:1-6 - April 2, 2026
- Psalm 59:7-18 - April 3, 2026
- Psalm 60:1-7 - April 4, 2026
- Psalm 60:8-14 - April 5, 2026
- Psalm 61 - April 6, 2026
- Psalm 62 - April 7, 2026
- Psalm 63 - April 8, 2026
- Psalm 64 - April 9, 2026
- Psalm 65 - April 10, 2026
- Psalm 66:1-12 - April 11, 2026
- Psalm 66:13-20 - April 12, 2026
- Psalm 67 - April 13, 2026
- Psalm 68:1-11 - April 14, 2026
- Psalm 68:12-24 - April 15, 2026
- Psalm 68:25-36 - April 16, 2026
- Psalm 69:1-5 - April 17, 2026
- Psalm 69:6-19 - April 18, 2026
- Psalm 69:20-30 - April 19, 2026
- Psalm 69:31-37 - April 20, 2026
- Psalm 70 - April 21, 2026
- Psalm 71:1-8 - April 22, 2026
- Psalm 71:9-16 - April 23, 2026
- Psalm 71:17-24 - April 24, 2026
- Psalm 72:1-14 - April 25, 2026
- Psalm 72:15-20 - April 26, 2026
- Psalm 73:1-14 - April 27, 2026
- Psalm 73:15-28 - April 28, 2026
- Psalm 74:1-11 - April 29, 2026
- Psalm 74:12-23 - April 30, 2026
- Psalm 75 - May 1, 2026
- Psalm 76 - May 2, 2026
- Psalm 77:1-11 - May 3, 2026
- Psalm 77:12-21 - May 4, 2026
- Psalm 78:1-12 - May 5, 2026
- Psalm 78:13-39 - May 6, 2026
- Psalm 78:40-72 - May 7, 2026
- Psalm 79 - May 8, 2026
- Psalm 80:1-8 - May 9, 2026
- Psalm 80:9-20 - May 10, 2026
- Psalm 81:1-8 - May 11, 2026
- Psalm 81:9-17 - May 12, 2026
- Psalm 82 - May 13, 2026
- Psalm 83:1-9 - May 14, 2026
- Psalm 83:10-19 - May 15, 2026
- Psalm 84 - May 16, 2026
- Psalm 85 - May 17, 2026
- Psalm 86:1-10 - May 18, 2026
- Psalm 86:11-17 - May 19, 2026
- Psalm 87 - May 20, 2026
- Psalm 88 - May 21, 2026
- Psalm 89:1-19 - May 22, 2026
- Psalm 89:20-38 - May 23, 2026
- Psalm 89:39-53 - May 24, 2026
- Psalm 90:1-12 - May 25, 2026
- Psalm 90:13-17 - May 26, 2026
- Psalm 91 - May 27, 2026
- Psalm 92 - May 28, 2026
- Psalm 93 - May 29, 2026
- Psalm 94:1-11 - May 30, 2026
- Psalm 94:12-23 - May 31, 2026
- Psalm 95 - June 1, 2026
- Psalm 96 - June 2, 2026
- Psalm 97 - June 3, 2026
- Psalm 98 - June 4, 2026
- Psalm 99 - June 5, 2026
- Psalm 100 - June 6, 2026
- Psalm 101 - June 7, 2026
- Psalm 102:1-12 - June 8, 2026
- Psalm 102:13-23 - June 9, 2026
- Psalm 102:24-29 - June 10, 2026
- Psalm 103:1-5 - June 11, 2026
- Psalm 103:6-18 - June 12, 2026
- Psalm 103:19-22 - June 13, 2026
- Psalm 104:1-9 - June 14, 2026
- Psalm 104:10-19 - June 15, 2026
- Psalm 104:20-30 - June 16, 2026
- Psalm 104:31-35 - June 17, 2026
- Psalm 105:1-11 - June 18, 2026
- Psalm 105:12-23 - June 19, 2026
- Psalm 105:24-36 - June 20, 2026
- Psalm 105:37-45 - June 21, 2026
- Psalm 106:1-5 - June 22, 2026
- Psalm 106:6-12 - June 23, 2026
- Psalm 106:13-33 - June 24, 2026
- Psalm 106:34-42 - June 25, 2026
- Psalm 106:43-48 - June 26, 2026
- Psalm 107:1-9 - June 27, 2026
- Psalm 107:10-16 - June 28, 2026
- Psalm 107:17-22 - June 29, 2026
- Psalm 107:23-32 - June 30, 2026
- Psalm 107:33-38 - July 1, 2026
- Psalm 107:39-43 - July 2, 2026
- Psalm 108:1-5 - July 3, 2026
- Psalm 108:6-14 - July 4, 2026
- Psalm 109:1-5 - July 5, 2026
- Psalm 109:6-19 - July 6, 2026
- Psalm109:20-31 - July 7, 2026
- Psalm 110 - July 8, 2026
- Psalm 111 - July 9, 2026
- Psalm 112 - July 10, 2026
- Psalm 113 - July 11, 2026
- Psalm 114 - July 12, 2026
- Psalm 115 - July 13, 2026
- Psalm 116:1-8 - July 14, 2026
- Psalm 116:9-19 - July 15, 2026
- Psalm 117 - July 16, 2026
- Psalm 118:1-18 - July 17, 2026
- Psalm 118:19-29 - July 18, 2026
- Psalm 119:1-8 - July 19, 2026
- Psalm 119:9-16 - July 20, 2026
- Psalm 119:17-24 - July 21, 2026
- Psalm 119:25-32 - July 22, 2026
- Psalm 119:33-40 - July 23, 2026
- Psalm 119:41-48 - July 24, 2026
- Psalm 119:49-56 - July 25, 2026
- Psalm 119:57-64 - July 26, 2026
- Psalm 119:65-72 - July 27, 2026
- Psalm 119:73-80 - July 28, 2026
- Psalm 119:81-88 - July 29, 2026
- Psalm 119:89-96 - July 30, 2026
- Psalm 119:97-104 - July 31, 2026
- Psalm 119:105-112 - August 1, 2026
- Psalm 119:113-120 - August 2, 2026
- Psalm 119:121-128 - August 3, 2026
- Psalm 119:129-136 - August 4, 2026
- Psalm 119:137-144 - August 5, 2026
- Psalm 119:145-152 - August 6, 2026
- Psalm 119:153-160 - August 7, 2026
- Psalm 119:161-168 - August 8, 2026
- Psalm 119:169-176 - August 9, 2026
- Psalm 120 - August 10, 2026
- Psalm 121 - August 11, 2026
- Psalm 122 - August 12, 2026
- Psalm 123 - August 13, 2026
- Psalm 124 - August 14, 2026
- Psalm 125 - August 15, 2026
- Psalm 126 - August 16, 2026
- Psalm 127 - August 17, 2026
- Psalm 128 - August 18, 2026
- Psalm 129 - August 19, 2026
- Psalm 130 - August 20, 2026
- Psalm 131 - August 21, 2026
- Psalm 132 - August 22, 2026
- Psalm 133 - August 23, 2026
- Psalm 134 - August 24, 2026
- Psalm 135 - August 25, 2026
- Psalm 136 - August 26, 2026
- Psalm 137 - August 27, 2026
- Psalm 138 - August 28, 2026
- Psalm 139 - August 29, 2026
- Psalm 140 - August 30, 2026
- Psalm 141 - August 31, 2026
- Psalm 142 - September 1, 2026
- Psalm 143 - September 2, 2026
- Psalm 144 - September 3, 2026
- Psalm 145 - September 4, 2026
- Psalm 146 - September 5, 2026
- Psalm 147 - September 6, 2026
- Psalm 148 - September 7, 2026
- Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?
- Psalm 149 - September 8, 2026
- Psalm 150 - September 9, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar