Skip to main content

Psalm 69:20-30

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid draai nie doekies om in die derde deel van die Psalm nie!  Hy wil nie net sy vyande uit die lewe geruim hê nie.  Hulle moet tot nie-bestaan vernietig word.

Bid die Psalm

“U ken die beledigings, die vernedering en die skande; U het al my vyande gesien. Hulle beledigings het my gebreek, en ek is radeloos. Ek het gesoek vir meegevoel, maar tevergeefs; vir ’n bemoediger, maar daar was niemand. In plaas van kos gee hulle my gif; hulle gee asyn om my dors te les. Laat die feesmaal op hulle tafel ’n strik word. Laat hulle welvaart hulle ondergang wees. Laat hulle oë blind word, en hulle liggame al swakker. Stort u woede uit op hulle; laat u brandende toorn hulle verteer. Mag hulle wonings leeg staan en hulle tente verlate. Hulle vervolg die een wat U reeds getref het en vertel van die pyn van dié wat U deurboor het. Stapel hulle sonde op sodat hulle nie sal deel in u vryspraak nie. Wis uit hulle name uit die Boek van die Lewe sodat hulle nie as regverdiges opgeteken sal word nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid gebruik hier harde woorde wat sy woede verwoord teenoor sy vyande. Dat vyf van hierdie elf verse in die NT aangehaal word, wys ook hoe belangrik dié Psalm was vir Jesus en die vroeë kerk in hulle verwoording van die evangelie. Die betekenis van hierdie verse is egter in die NT op bepaalde wyses aangepas aan die hand van die boodskap van die kruis. Ek gee dit in ‘n tabel sodat jy dit self kan nagaan. Ons kan die Psalm dus in die lig van Jesus se kruisdood nie meer presies op dié manier bid nie. Hy het immers vryspraak gebied vir dié wat Hom gekruisig het. Maar, soos die aanhaling in Romeine 11 wel wys, bly die toorn van God op dié wat die aanbod van vergifnis nie aanvaar nie.

Ps. 69:22 Joh. 19:29 (vgl. Mark 15:23,36; Matt. 27:34,48; Luk. 23:36)
22Toe ek honger was,

het hulle my gif aangebied,

toe ek dors was,

wou hulle my asyn laat drink.

28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”

29Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. 30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”

Ps. 69:23-24 Rom. 11:9-10
23Laat hulle feeste hulle tot ’n val bring

en hulle offermaaltye

hulle ondergang wees.

24Laat hulle stokblind word,

laat hulle gebreklik word.

9En Dawid sê:

“Mag hulle maaltye vir hulle

’n vangstrik en ’n val word

en ’n struikelblok en ’n straf.

10Mag hulle oë verduister word

dat hulle nie sien nie;

en buig hulle rug vir altyd krom.”

Ps. 69:26 Hand. 1:20
26Laat hulle blyplekke verwoes word

sodat daar niemand oor is

in hulle wonings nie,

18“Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. 19Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond.

20“In die boek van die Psalms staan daar:

Laat sy woonplek leeg word;

laat niemand daarin woon nie,

en:

laat ’n ander sy amp oorneem (vgl. Ps. 109:8).

Ps. 69:29 Fil. 4:3; Openb. 3:5; 13:8; 17:8; 20:12,15; 21:27
29Skrap hulle name

uit die boek van die lewe

dat dit nie saam met dié

van die regverdiges

opgeskryf staan nie!

Al dié tekste praat van die boek van die lewe, maar het ’n meer positiewe hantering daarvan as in die Psalm.  Die boek van die lewe kom van die begin van die Skepping af.  God besluit self wie se name daar ingeskrywe word, hoewel Paulus ook oortuig was dat van sy medewerkers se name daarin geskrywe was (Fil. 4:3).  Dit is ’n boek wat aan Jesus, die Lam, behoort.  Die regverdiges se name word nooit uitgewis daaruit nie.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…