Skip to main content

Psalm 28

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid worstel hier in die eerste deel van Psalm 28:1-5 op die oog af met die bedreiging van die dood, maar as ‘n mens dieper luister, eintlik met die bedreiging van ‘n stil God, ‘n God wat nie meer van Hom laat hoor nie, wat nie meer praat, soos Psalm 29 (en Ps. 19) verkondig nie. In hierdie wroeging van Dawid beskryf hy vir God met ‘n enkele term wat hom vastigheid kan gee in sy wankelrige ervaring – my Rots (vers 1). As alles wankel onder jou, en dit voel asof jy nooit weer op vaste grond sal wees nie, het jy behoefte aan die stewigheid en vastigheid wat ‘n Rots jou kan gee. Dawid loof in die tweede deel van Psalm 28:6-9 die Here dat Hy nie stil gebly het nie. En sy gebed is dat God dit altyd vir sy volk sal wees, vir almal wat aan Hom behoort, en dat Hy altyd vir hulle sal sorg. En hy gebruik ‘n verder beskrywing van God, dat Hy ‘n herder vir hulle sal wees, iets wat in die Nuwe Testament ‘n voorkeur titel vir Jesus sou word.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. Here, ek roep na U, my Rots. Hou U nie doof vir my nie. Want as U bly swyg, sal ek wees soos hulle wat afdaal na die doderyk. Luister tog na my gebed as ek tot U roep, wanneer ek my hande uitsteek na u allerheiligste toe. Moenie my wegsleep saam met die goddeloses, met hulle wat bose dinge doen nie; wat vriendelik praat met hulle bure, maar in hulle harte is daar kwaadwilligheid. Straf hulle volgens wat hulle doen, volgens hulle bose praktyke. Vergoed hulle volgens hulle dade! Vergeld hulle volgens verdienste. Hulle begryp nie die Here se werk, dit wat sy hande verrig nie. Hy sal hulle afbreek en nie weer opbou nie. Laat die Here geprys word, want Hy het my smekinge gehoor. Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied. Die Here is ’n sterkte vir sy volk, ’n veilige skuilplek vir sy gesalfde. Red tog u volk en seën hulle wat aan U behoort! Wees vir hulle ’n herder en versorg hulle vir altyd.” NLV

Boodskap en betekenis

Let op na wat Dawid van die Here vir homself vra – om nie doof te wees vir hom nie (vers 1), om hom tog nie uit te roei saam met die goddelose nie (vers 3). Uiteraard wil hy verlos word van sy ellende, uit die put waarin hy beland het, wat of die bedreiging van ‘n vyand kan wees, of van die dood self. Hy voel immers soos ‘n “sterwende” (vers 1) wat letterlik in die Hebreeus weergegee word as “een wat neerdaal in die put”. Maar die belangrike punt is nie dat hy bang is vir die dood as sodanig nie, maar dat hy bang is vir die stilte van God, “As U bly swyg…”, d.w.s. dat God hom nie sal hoor nie en daarom nie sal help nie. Die wonder is dat in die worsteling met God se stilte word die stilte deurbreek. Soos ‘n mens jou klag in die ruimte instuur, kom jy agter dat daar geen plek is waar God nie is nie. En wanneer jy self stil raak in jou worsteling dan is jy gereed om God se stem in jou stilte te hoor. Dit laat ‘n mens ook besef dat daar niks outomaties is aan God se sorg nie. Dit is en bly altyd genade. Selfs al kan ‘n mens rekening daarmee hou, omdat God dit beloof en Hom só laat ken het deur die eeue, bly dit iets wat nie vanselfsprekend is nie, iets wat jy kan verdien nie. Sola Gratia – soos die Reformasie so diep ingesien het.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda