Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof
Psalm 142 word – soos met Psalm 57 – verbind met ‘n noodsituasie uit Dawid se lewe, albei kere met verwysing na die tyd toe hy vir Saul in die grot ingevlug het.
Ons lees in Samuel van twee sulke geleenthede. Psalm 57 verwys waarskynlik na die eerste geleentheid by die Adullamgrot waarvan ons lees in 1 Sam 22. Psalm 142 verwys waarskynlik na die tweede gebeure in die skuilplekke by En-Gedi waar Dawid in die omgewing van die Klipbokrotse in ‘n grot by ‘n skaapkraal geskuil het, waarvan ons in 1 Sam 24 vertel word. Dit is die geleentheid waar Dawid ’n stukkie van Saul se mantel afgesny het, en dit Saul tot trane beweeg het.
Dawid is baie bewus van die feit dat sy hulp net van die Here af kom. Daarom roep Hy na die Here en pleit om genade. Roerend stort hy sy klag voor die Here uit en maak sy nood aan God bekend.
Let op hoe hy staatmaak op die feit dat wanneer sy gees hom begewe en hy dreig om alle moed te verloor, dit juis sy wete is, dat God sy pad ken, en weet wat hy moet deurmaak, wat hom staande hou. Dit is iets wat jy vandag ter harte kan neem. God weet presies waardeur jy gaan in jou lewe, selfs al swik jou knieë op die pad wat jy op die oomblik moet loop.
Dus, al is daar op dié pad ‘n strik vir Dawid gespan – hy skuil alreeds vir Saul in die grot, en nou is hy regtig vasgevang deurdat Saul juis dié grot besoek! – en al sien Dawid geen uitkoms nie, want niemand by Saul is hom goedgesind nie, weet hy dat hy die Here om hulp kan vra, want die Here is sy skuilplek.
Dit is dus wat ons by Dawid leer. Die grot is uiteindelik van nul en gener waarde as beskerming nie. Dit is net die Here wat sy ware skuilplek is en hom kan beskerm. Let op hoe hy verby die aardse stutpale vasgryp aan die ewige grond van God self: “U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.” Soos Allen hieroor skrywe van mense wat dit ter harte begin neem: “The land became transparent, and through it they could see with the eyes of faith the divine ground on which they stood and thrived.”
Dawid se opmerking: “As ek na regs kyk, sien ek niemand is my goedgesind nie.” ( vers 5 in die BDV – “Ek soek hulp, maar niemand wil help nie,” in die NAV), verwys waarskynlik na die situasie in ‘n regsgeding waar die getuies regs van die aangeklaagde of verweerders gestaan het. Dawid gebruik dit nou as metafoor om te wys hoe benard sy situasie is. Daar is niemand wat vir hom intree nie, niemand wat vir sy saak opkom, niemand wat hom (en die manne by hom in die grot) bystaan en sy saak saam met hom beveg nie.
Let op hoe hy sy eie onbenulligheid voor die Here bely, maar tog staatmaak daarop dat die Here groot dinge kan doen as Hy hom uit sy gevangenskap sal lei. Dan sal hy nie net die Here se Naam kan loof nie, maar ‘n begeleidende rol kan speel daarin in die geloofsgemeenskap: “Regverdiges sal om my saamkom as U aan my goed doen.” (vers 8 in BDV). Hy hoop dus daarop dat God hom sal red ter wille van die getuienis wat dit in die geloofsgemeenskap van God se goedheid sal kan oordra.
Ons leer daaruit dat die verlossing wat God uit die “grotte” van die wêreld gee, altyd moet uitmond in lof aan God sowel as in die bevestiging van sy ingrype in die lewe van die geloofsgemeenskap. Dit is ten diepste die doel van die getuienisse wat God lewer in ons lewe, maak nie saak hoe klein of groot die grot is waaruit Hy ook vir ons lei nie. Hy maak Homself groot en gee die geloofsgemeenskap moed daardeur.
Daarom kan en mag ons ook saam met Dawid dié gebed bid, in watter situasie ons ook al is, en wag dat God antwoord, soos en wanneer Hy wil. En soos Dawid, kan en moet ons ook daarvan getuig in die vergadering van die gelowiges, wanneer Hy ons uitlei uit dié dinge wat ons aan bande lê. Sulke getuienisse sal altyd tot God se eer en tot die versterking van die geloofgemeenskap wees.
View all posts in this series
- BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150 - August 20, 2015
- Die praktiese waarde van die Psalms - August 31, 2015
- Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)
- Hoe om die Psalms te lees
- Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie - September 1, 2015
- Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke - September 2, 2015
- Psalm 109 – U is goed en getrou, moet U nie doof hou nie - September 3, 2015
- Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster - September 4, 2015
- Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar - September 7, 2015
- Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding - September 8, 2015
- Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan - September 9, 2015
- Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte - September 10, 2015
- Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe - September 11, 2015
- Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede - September 14, 2015
- Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons - September 15, 2015
- Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie - September 16, 2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - September 17, 2015
- Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse
- Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde - September 18, 2015
- Psalm 119:17-24 – GIMEL: God se woorde is raadgewers wat insig gee - September 21, 2015
- Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig - September 22, 2015
- Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom - September 23, 2015
- Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid - September 24, 2015
- Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg - September 25, 2015
- Psalm 119:57-64 – GET – U, Here, is my deel; U troue liefde vul die aarde - September 28, 2015
- Psalm 119:65-72 – TET – U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte - September 29, 2015
- Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee - September 30, 2015
- Psalm 119:81-88 – KAF – Op u woord wag ek sodat ek dit kan nakom - October 1, 2015
- Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas - October 2, 2015
- Bydraes hervat Maandag 12 Oktober - October 6, 2015
- Psalm 119:97-104 – MEM – Insig in God se openbaring kom deur gehoorsaamheid - October 12, 2015
- Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar - October 13, 2015
- Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging - October 14, 2015
- Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid - October 15, 2015
- Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig - October 16, 2015
- Psalm 119:137-144 – TSADE – My ywer vir u woorde verteer my wanneer my teenstanders dit vergeet - October 19, 2015
- Psalm 119:145-152 – KOF – Op u woorde wag ek - October 20, 2015
- Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid - October 21, 2015
- Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings - October 22, 2015
- Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof - October 23, 2015
- Psalm 120 – Here, bevry my van bedrieglike tonge - October 26, 2015
- Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie - October 27, 2015
- Psalm 122 – Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem - October 28, 2015
- Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is - October 29, 2015
- Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk - October 30, 2015
- Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte - November 2, 2015
- Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai. - November 3, 2015
- Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan - November 4, 2015
- Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg! - November 5, 2015
- Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers - November 6, 2015
- Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem - November 9, 2015
- Psalm 131 – Groot dade en wonderwerke kom van God af - November 10, 2015
- Psalm 132 – Here, laat u gesalfde se kroon skitter - November 11, 2015
- Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges - November 12, 2015
- Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion - November 13, 2015
- Psalm 135 – God is goed; God is groot; God sorg vir sy volk - November 16, 2015
- Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde - November 17, 2015
- Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde - November 18, 2015
- Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag - November 19, 2015
- Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees - November 20, 2015
- Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars - November 23, 2015
- Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig - November 24, 2015
- Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof - November 27, 2015
- Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond - November 30, 2015
- Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is - December 1, 2015
- Psalm 145 – Die Here is goed vir almal - December 2, 2015
- Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan - December 3, 2015
- Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het - December 4, 2015
- Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde - December 7, 2015
- Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld - December 8, 2015
- Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof! - December 9, 2015
- Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat - December 10, 2015
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.