Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken

Dwaasheid

Die Psalm begin met ’n waarneming wat van die diepsinnigste is wat ek al in die Psalms teëgekom het: “In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord.”  En dit is nie net omdat die vers so ‘n raak beskrywing van die goddelose gee nie, maar omdat die omgekeerde daarvan net so waar is: “In die hart van die gelowige het die oorgawe aan God die laaste woord.”

Dit is wat dwaasheid is – opstand teen God.  Dit is wat wysheid is – oorgawe aan God.  ‘n Mens kan allerlei argumente oor God se bestaan en sy betrokkenheid in hierdie lewe aanvoer, daarteen en daarvoor.  Maar uiteindelik kom dit neer op wat die laaste woord in jou lewe speel – die opstand teen God en die idees oor en van Hom; en die oorgawe en geloof in die bestaan en ingrype van God.  Dit beskryf ‘n lewe in ongeloof, en ‘n lewe in geloof.  (Onthou Psalm 14!)

‘n Mens kan verskil met die Psalm se absolute beskrywing van die goddelose – “praat net goed oor homself”, “altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat” (vers 2-3).  Maar nie met die punt wat hy maak nie – dat die laaste woord in hule lewens die opstand teen God is nie.

Wysheid

Let op hoe Dawid se beskrywing van die gelowige nie in die eerste plek fokus op wat hy of sy vir God doen, of hoe hulle lewe anders is as die goddeloses nie.  Hy fokus op wie God is – “u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek tot in die dieptes van die see.” Van so hoog af as wat Dawid kan dink, tot so laag as wat dit kan gaan, so omvattend is God se liefde, trou, reg en geregtigheid.

‘n Mens kan nie anders as om hier aan Paulus te dink wat vir die Efesiërs bid dat hulle “saam met al die gelowiges kan begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek” en dat hulle “die liefde sal ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan”, en dat hulle “heeltemal vervul sal word met die volheid van God (Ef 3:14-21).”

Waar ‘n goddelose – dit beteken maar net om God-loos te lewe – se lewe draai om homself en sy beperkte area van belange, draai die lewe van ‘n gelowige – dit beteken ook maar net om God-gesentreerd te lewe: “die laaste woord”! – om God self en God se omvattende belange.

En dit is hierdie God wat sorg vir mens en dier – selfs vir die goddeloses (vers 7)!

En Dawid kan nie uitgepraat raak nie oor God se trou, sy beskerming, die oorvloed wat Hy gee, die strome van goedheid wat Hy sy mense laat drink (vers 8-9).  Hy is die bron van lewe.  Deur sy lig lewe ons (vers 10).

Wat hom in gebed laat vertoef by die versugting dat hierdie belydenis oor God in die werklikheid van gelowiges se lewe tot sy reg sal kom, en dat hulle nie onder die aanslag van die eiegeregtige mense platgeslaan sal word nie.  Dié lot moet eerder die goddeloses self tref.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: