Skip to main content

Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg!

Psalm128Hierdie Psalm brei uit oor die geluk wat daar lê in ontsag vir en gehoorsaamheid aan die Here.  Dit is dié pelgrims: “wat sy paaie volg”, wat waarlik gelukkig is.  Die seën hiervan word ervaar in die vrug van jou handewerk, sowel as in die vrug van jou huis.

Aan die een kant verklaar die Psalm dat elkeen wat die Here dien die vrug van hulle handewerk sal geniet.  Jy sal nie net gelukkig wees nie, maar dit sal goed gaan met jou in die konteks van jou werk en lewensroeping.

Aan die ander kant verklaar die Psalm dat elkeen wat die Here dien die vrug van hulle huis sal geniet.  Hulle sal nie net gelukkig wees in hulle intimiteit in die “binnekamers” van die huis nie – soos dit letterlik hier staan – maar ook die vrug van ‘n kroos van kinders geniet wat die vreugde aan tafel sal vergroot.

Die Hebreeuse woord benîm wat hier vir kinders gebruik word, word meer geredelik vir seuns in die OT aangewend, behalwe waar die konteks vereis dat dit op kinders dui, soos dit hier en op ‘n paar ander plekke in die OT die geval is (vgl. Gen. 3:16; 21:7 Eks. 21:5; 22:23 – Brown, F., Driver, S.R. & Briggs, C.A., 1977. Enhanced Brown-Driver-Briggs Hebrew and English Lexicon.).

Die pragtige metafoor van die vrugbare wingerdstok word gebruik vir die huweliksverhouding en die metafoor van die olyfboompies vir die kinders om die tafel.  Dít is die seën wat die Here gee vir mense wat vir Hom ontsag het en sy paaie volg.

Hieraan voeg die Psalmis vir die pelgrims die belofte by dat die Here hulle geestelik, polities en sosiaal sal seën.  Die seën uit Sion word geestelik-godsdienstig bedoel.  Die seën vir Jerusalem word polities-maatskaplik bedoel.  Die seën van die voorreg om jou kinders se kinders te sien, word sosiaal-familiaal bedoel.  Dit bly immers een van die grootste voorregte wat daar is om ‘n oupa of ouma te word!

Die laaste belofte: “Vrede vir Israel!” sê iets van die wyse waarop al drie hierdie laaste dimensies aan mekaar verbind is.  Waar Sion sy rol vervul, Jerusalem veilig is, en die pelgrims in hulle familielewe gelukkig is, dáár kan die hele Israel heelheid en oorvloed geniet.  VREDE!  Inderdaad.

Daar is ander Psalms wat die donker en uitdagende kante van die lewe belig.  Maar hierdie Psalm besing slegs die vreugdevolle kant van gehoorsaamheid en geluk.  Geniet dus vandag die belofte en verwagting wat dit in jou lewe skep.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.