Skip to main content

Psalm 93 – God is Koning oor die wêreld en in die geloofsgemeenskap

Hierdie Psalm vier God se heerskappy oor die chaosmagte wat stabiliteit gebring het oor die wêreld (vers 1–4) sowel as sekuriteit in die geloofsgemeenskap (vers 5).  Dit resoneer met die gedagte van die rus waarvan Gen. 2:1 praat wat beide ’n Goddelike dimensie as ’n menslike dimensie het.  Dit is waarom dié Psalm dan ook met die “sabbatsweek” geassosieer is (vgl. my bydrae oor Psalm 92).

Die Here is Koning oor die wêreld – vers 1–4

Let op hoe God se koningskap van ouds af geteken word: “U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af.” (2014 vertaling).  Hy is omgord met krag en majesteit.

Die druising van die “riviere” staan vir beide die geraas van “baie waters” (vers 4; vgl. Gen. 1:2) wat die oerchaos waaruit God geskep het, in herinnering roep, sowel as vir die geraas van die nasies (Jes. 17:12 – vgl. Ps. 2).  God troon dus oor die skepping sowel as oor die mensdom.

Die Here is Koning in die geloofsgemeenskap – vers 5

Dieselfde God is ook Koning in die geloofsgemeenskap.  Daarom kan ’n mens sy riglyne vir die lewe (verordeninge [1983 vertaling] of bepalings [2014 vertaling]) navolg, want nie net staan dit vas nie, dit is ook betroubaar, want dit bring sekuriteit, stabiliteit en rus vir en in die geloofsgemeenskap.

Om die waarheid te sê, die tempel word op ander plekke ook God se rusplek genoem (bv. Ps. 132:14: “Dit is my rusplek vir altyd; hier wil Ek woon, dit is my begeerte.”).  Daarom is heiligheid iets wat pas nie net by sy huis nie, maar ook in die lewe van sy mense.  Sy bepalings sal dus tot in lengte van dae nie net van krag bly nie, maar van betekenis vir alle gelowiges bly.

Die boodskap van die Psalm

Die Psalm leer my dat God vir stabiliteit in die wêreld en sekuriteit in die geloofsgemeenskap sorg.  Daarvoor kan ’n mens Hom vertrou.  Dit kan ’n mens ook van Hom vra.  Daarom kan ek ook myself gee vir sy riglyne vir die lewe, want dit is in Sy teenwoordigheid wat ek self en die geloofsgemeenskap betekenis en sin vind.  En dit is ’n boodskap wat dié wêreld moet hoor.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlDankie! Waardeer.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlDankie Chris, jou uiteensetting is baie goed en help om die tye waarin ons leef beter te hanteer. Volharding en gebed.
  • Chris van Wyk on DaniëlEk is bly die pennie het vir jou gedrop. Dit is só 'n kosbare boek.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlChris, dankie vir jou studie leiding. Ek het, of die Here se redding vir my het gekom in Mei 1973. Baie geleer uit die Heilige Skrif, maar Daniël vermy, behalwe die maklike begin dele. Vir die eerste keer maak Daniel 8 ev baie sin met jou studiegids. Baie, baie dankie. Dolf
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Dankie vir die verduideliking.
  • Chris van Wyk on Openbaring 21Nee, dit is ook nie wat die teks sê nie. Dit gaan oor mense wat towerspreuke en dwelms gebruik om met geeste kontak te maak en nie dit aflê en tot bekering kom nie.
  • Chris van Wyk on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefEk hoop jy geniet dit, Elsie.
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Sekerlik kan die afleiding tog nie gemaak word dat dwelmverslaafdes nie hemel toe gaan nie?!
  • Elsie on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefDankie sien uit na die saamreis om te lees, te leer en te leef
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My voorreg.
  • Doreen Snyders on Openbaring 22Net om baie baie dankie te sê vir die wonderlike voorreg om elke dag se reis mee te maak . Dit is só insiggewend en besonders. Ek besef dit verg baie tyd en toewyding en waardeer dit opreg . Sien uit na die volgende aflewerings. Met dank. Doreen Snyders.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22Ek is dankbaar.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My vreugde.
  • Albertus Van Schalkwyk on Openbaring 22Dankie Chris, ek het teen die einde van die Ou Testament eers ingeval, maar dit was (is) voorwaar sielsvereikend en het die Woord soos nooit tevore vir my oopgemaak. Bybel lees in die konteks van die tydlyn om die Drie-enige God waarlik te leer ken. Weer dankie!
  • runawayjoyous2427b27b07 on Openbaring 22Dankie Dr. Chris, vir die voorreg om saam met jou en ander gelowiges deur die Woord van God te stap. Ek het redelik laat (by Handelinge) van Bybelskool gehoor, en het begin om dit saans en soggens te lees. Ek leer so baie. Erna.