Skip to main content

Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk

Psalm124Dit is een van die vreugdes van die lees van die Psalms om jou te probeer indink in die omstandighede waarin dit die eerste keer gesing is.  Want dit gee jou ‘n beter idee van hoe dit ook op jou eie lewe van toepassing is.

‘n Mens kan jou voorstel dat dié Psalm aan die einde van ‘n gevaarlike tog gesing is (vgl. Ps. 122:2: “My voete staan in jou poorte, Jerusalem.”).  Die gevare is getrotseer en die belydenis dat die Here vir hulle was, het geblyk nie net teoreties waar te wees nie, maar in die praktyk van die lewe.  Hulle voel soos ‘n klomp voëls wat in ‘n net vasgevang was, maar die net is gebreek en hulle kon ontvlug.

Nou is hulle hier in Jerusalem by die tempel en die liturg begelei hulle om die vreugde van verlossing te bely: “laat Israel dit sê”.  En almal neem die refrein waarmee die liturg begin op, en sê saam met hom (of haar – onthou vir Heman wat sy dogters in die liturgie begin gebruik het!): “As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk toe hulle woede teen ons ontbrand het.

Die verlossing van die Here was in situasies van opstand en woede waar dit gevoel het asof hulle lewendig ingesluk word in ‘n vernietigende konflik, asof ‘n stroom tierende waters besig was om hulle lewens te oorweldig.

Maar, nou kan hulle hier in die tempel die Here kom prys dat Hy hulle nie oorgegee het aan die verskeurende tande van woedende mense nie, en hulle laat ontvlug het van die valstrik wat vir hulle gespan is.

Daarom kan hulle met nog meer oorgawe bely: “Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.” Inderdaad!

Onthou, elke keer dat jy weer ‘n predikant dié vers hoor opsê aan die begin van ‘n erediens, dít is die agtergrond van dié belangrike bevestigende belydenis.  God se hulp kom IN die konflik van die lewe tot sy reg.  En ons almal kan daarvan getuig, waar ons getrou bly aan die Here, ons oë gerig is op sy hand (Ps. 123:2), ons in afhanklikheid van Hom lewe: “As die Here nie vir ons was nie …

Dit laat my met nuwe waardering Romeine 8:31-38 se gloeiende loflied onthou wat aan die teenwoordigheid van die Here Jesus Christus in ons lewe gekoppel word.  Ek plaas dit hier as ‘n ekstra versterking vir jou dag:

31Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

33Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe:

“Dit is oor U dat die dood

ons dag vir dag bedreig,

dat ons soos slagskape

behandel word.” u

37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

u Vgl. Ps. 44:23

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda