Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede
Psalm 7 – God help die opregtes
Dawid bid hier om uitkoms van onregverdige vervolging. Hy wil hê dat geregtigheid sal seëvier. En hy pleit op grond van beide God se karakter – regverdig – sowel as sy eie onskuld, dat God ’n einde sal maak aan die bose dade van die goddelose mense (7:10). Hy maak staat op God wat regdeur die mense se motiveringe sien, en die opregtes sal help (7:11) en in die publiek sal bevestig (7:8-9).
Dat Dawid God vra om op te tree om hom te beskerm van valse beskuldigings, kan op twee maniere verstaan word:
- Dat dinge vir hom sal uitwerk, veral dat hy nie knak onder die gevoelens van onreg nie, en dat sy onskuld duidelik sal word in die publiek. Dit sluit in dat hy ondersoek instel na sy eie integriteit en regverdige optrede, maar ook dat hy ernstig bid dat God dinge sal laat meewerk ten goede, soos Paulus so roerend in Romeine 8:28 van God se betrokkenheid by ons bevestig (“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet.”)
- Dat dinge vir die bose nie sal uitwerk nie, dat die onregverdiges se boosheid hulleself sal tref, dat hulle sal val in die graf wat hulleself gegrawe het. Die idee hieragter is dat boosheid funksioneer soos ‘n boemerang, dit kom altyd terug na die een wat dit gegooi het – vers 16-17.
Dit korreleer met ‘n program wat ek onlangs gesien het oor wetenskaplike navorsing oor wat mense onderskei van die ander primate, die aap-familie. Dit is dat mense as ‘n spesie (gewoonlik) saamwerk, nie net om selfsugtige redes nie – sjimpansees werk ook saam, maar altyd selfsugtig – maar veral om onselfsugtige redes, net omdat iemand anders hulp nodig het.
Boosheid, sou ek dan wil sê in die lig van hierdie Psalm, is wanneer ons kies om nie te help nie, meer nog, aktief ophou saamwerk, en die ondergang van ander mense beplan.
Daar is egter in sy gebed sekere elemente wat ’n mens laat skrik vanweë die geweld en wraakgedagtes wat daarin opgeneem is. God word geskets as ’n magtige soldaat wat mense met sy swaard en boog tref.
’n Hele paar Psalms bring dié sentimente na vore, sommige nog krasser as hier, waarvan 7 in die eerste Psalmboek voorkom (Psalms 5,7,10,28,31,35,40).
Hoe moet ’n mens dit verstaan? Hier is ’n paar gedagtes:
- Dawid vra nie soseer vir persoonlike wraak nie, maar dat God dinge sal regstel.
- Die koning van Israel was sterk met Godself verbind. Deur God te vra om die koning te beskerm en reg aan hom te laat geskied, het eintlik ook ten doel om God se eer te beskerm.
- Die idee van ’n ewige lewe – wat ’n ewige dood insluit as straf vir die sonde – was nog nie goed ontwikkel in Israel nie. Daarom word vir konkrete straf en beloning in die hede gevra.
Psalm 8 – Nietig, maar waardig in God se teenwoordigheid
Watter wonderlike Psalm! Dit is oorspronklik waarskynlik in beurtsang gesing (Kraus). Vers 2a en 10 is moontlik deur een party (gemeente?) en vers 3-9 deur ‘n ander party gesing (‘n koor?).
Die vertaling van vers 2b kan ook so lui (Loader):
“U lof word hemelhoog besing” en dan vers 3a “uit die mond van kinders en suigelinge”
Vers 3b en vers 4 vorm dan ‘n eenheid:
“U het sterkte teenoor u teëstanders gegrondves om die vyand se werke te vernietig”
Dit beteken dat die Psalm so opgebou is:
- Opskrif – vers 1
- God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 2a).
- Eenvoudige kinders bevestig God se werk tot verstomming van arrogante teëstanders (vers 2b-3).
- In die lig van God se grootheid in die skepping besef mense hul nietigheid (vers 4-5).
- God bevestig egter mense se waardigheid as die kroon van Sy skepping (vers 6-7).
- Die mens se invloed sluit alles – diere, voëls en visse – in (vers 8-9).
- God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 10).
Vers 6 is eintlik ‘n ongelooflike vers in die oorspronklike. Daar staan nie dat God van die mens net minder as ‘n “goddelike wese” gemaak het nie, maar dat God van die mens net minder as “God” gemaak het. Die woord Elohîm word gebruik (NIV gee die betekenis in ’n voetnoot weer)! Die Griekse vertaling van die OT (LXX) het hierdie woord vertaal met “engele”, waarskynlik omdat God vir hulle te verhewe was (die teks wat die skrywer van Hebr 2:7 waarskynlik gebruik het). Maar dit is duidelik dat “God” bedoel word in die Hebreeuse oorspronklike.
God het die mens ook konings gemaak, soos blyk uit die koningsterminologie wat gebruik word – “heers”, “kroon”, “onderwerp”. Alles wat God gemaak het, is onder die koninklike voete van die mens gestel (Loader). ‘n Mens hoor hier dus onmiskenbaar die parallel met Genesis 1:26 – God het ons as Imago Dei, as Sy beeld gemaak, as Sy gelykenis. Geen ander wese het daardie hoë status nie, nie die engele nie, nie die serafs nie, nie enige lewende wese nie.
Maar die kontras tussen die nietigheid van die mens en sy waardigheid beteken dat die grootheid in nietigheid bestaan, presies soos dit van Christus geskrywe word, dat Hy Homself ontledig het, die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het, nietig en klein geword het … en dat God Hom uitermate verhoog het, groot gemaak het, selfs groter as wat Hy was voor sy menswording.
Die een is so belangrik soos die ander.
Dit het impak vir ons huidige debatte oor die skuld van die verlede – die waardigheid van mense wat hulle skuld bely moet gehandhaaf word; net so die waardigheid van hulle slagoffers; en almal saam moet hulle nietigheid voor God en voor die skepping besef, en ook bereid wees om hulle diensbaar te stel aan mekaar. Dit is die evangelie! En dit alles moet in die Teenwoordigheid van die Here gebeur, soos die Psalm so wonderlik uitspel.
Dit het ook ‘n impak op jou eie lewe – of jy nou sukkel onder vyande, selfs iemand so naby aan jou as jou eie seun (Absalom – Ps 3,4) of misoeste (Ps 4) of onder siekte (Ps 6) of verraaiers en vervolgers (Ps 5,7) – jy het nodig om na te dink oor die 3 dinge:
- jou nietigheid en jou diensbaarheid;
- jou waardigheid en God se sorg;
- God se teenwoordigheid waarsonder jy nie sin en betekenis in jou lewe kan ervaar nie.
Nietig, maar waardig, in God se teenwoordigheid.
Dit het ook ‘n impak op hoe ons met die aarde en alles daarin omgaan. Ons kan nie onsself daarteenoor opstel en dit gebruik en dink ons kan maak wat ons wil nie. Nee, soos konings, wat verantwoordelikheid het, wat namens God optree as sy verteenwoordigers, moet ons met die diere en oseane en atmosfeer en natuurlik die grond waarop ons bly, omgaan. Ons kleur is groen!
Lina Spies verwoord dié Psalm as volg:
1. O , Here God , u Naam is groot op aarde !
U hemelruim strek tot die verste einders :
Waar menseoë geen stippel meer gewaar ,
daar straal en skyn nog steeds u majesteit .
2. Na U , die God so hoog bo ons verhewe ,
styg daar ‘n lied van dank , u Naam ter ere !
U lof uit kindermonde klink alom :
U haters swyg , U lasteraars verstom .
3. Sien ek die maan , die sterre in hul bane ,
weet ek , o Heer , hul dra u vingermerke :
hul skryf u Naam al glinst’rend in hul gang ;
hoe klein voor U die mens , hoe sonder rang .
4. Hoe is dit dan dat U tog na ons omsien ,
die brose mens omstraal met u nabyheid ?
U maak ons sterk , U kroon ons met u glans :
Ons hoort by U en word deur U omskans .
5. U stel ons aan oor al u werke , Here ,
oor als wat vry en selfs verborge lewe :
die voëls wat in die ruim hoog oor ons sweef ,
die vis wat speel in dieptes van die see .
6. O , Here God , u Naam is groot op aarde !
U hemelruim strek tot die verste einders :
Waar menseoë geen stippel meer gewaar ,
daar straal en skyn nog steeds u majesteit !
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - October 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - October 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - October 14, 2011
- Historiese raamwerk - October 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - October 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - October 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - October 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - October 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - October 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - October 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - October 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - October 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - November 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - November 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - November 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - November 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - November 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - November 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - November 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - November 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - November 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - November 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - November 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - November 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - November 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - November 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - November 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - November 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - November 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - November 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - November 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - November 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - November 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - September 12, 2012
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - January 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - January 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - January 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - January 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - January 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - January 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - February 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - February 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - February 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - February 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - February 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - February 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - February 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - February 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - February 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - February 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - February 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - February 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - February 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - February 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - February 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - February 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - February 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - February 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - February 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - February 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - March 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - March 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - March 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - March 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - December 11, 2015
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar