Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies
Die motivering vir hierdie oproep tot lof is tweërlei en vorm die hart van die twee dele van die Psalm:
- Lof aan God vanweë sy onderwerping van die nasies – vers 2-5;
- Lof aan God vanweë sy vereniging van die nasies – vers 6-10.
Die Here, die Allerhoogste
Let op hoe dit alles by die tempel (vers 6 – die verwante Psalm 24 verbind waarskynlik dieselfde tipe optog met die ark) en voor sy troon (vers 9 – God sit op sy troon as teken van sy heerskappy) gebeur. Dit sluit dus die aardse en hemelse teenwoordigheid van God in waarmee eintlik die hele geskape werklikheid ingesluit word. Dit is ook interessant hoe die Godsnaam Allerhoogste (Elyon) vir Jahwe gebruik word, soos dit gereeld in die res van die OT gedoen word waar van die nasies sprake is. Daarmee word ’n Godsnaam wat ook vir die omringende nasies betekenis sou hê, vir Jahwe gebruik.
’n Verenigde volk
Dit is moontlik dat daar agter hierdie loflied ’n historiese werklikheid sit. Met die Intog en Inname van die land Kanaän is dit moontlik dat van die onderworpe nasies hulle met die volk verenig het, hoewel ons nie veel Bybelse getuienis daarvan het nie. Sommige geleerdes stel ook voor dat dié Psalm na die gebeure rondom Hiskia en Sanherib verwys (2 Kon 18-19 – vgl. ook Jes. 36-37) hoewel dit vir my onoortuigend is en daar net te veel verskille is tussen die Psalm se beskrywing en dié van die verhaal in Konings.
Wat meer waarskynlik is, is dat daar in dié Psalm ’n eskatologiese betekenis opgesluit lê, ’n visie vir die toekoms wat die volk opgewonde moes maak oor die droom wat God vir die hele aarde het en waarby alle nasies ingesluit sal word. Dit maak vir my meer sin om dit so te interpreteer.
Die standpunt word verstrek met die feit dat dít die manier is waarop die NT een van die kerngedagtes in dié Psalm gebruik.
God sit op sy heilige troon
Vers 9 werk met die beeld van God wat op sy troon sit (die woord sit het ongelukkig uitgeval in die N.A.V., soos dit in die oorspronklike teks voorkom) waarmee sy beheer en heerskappy uitgedruk word.
Dit is hierdie perspektief op God wat duidelik ’n groot rol gespeel het in die beskrywing van God in die NT, bv. in die Openbaring van Johannes. God word daar op verskeie plekke uitgebeeld as die Een wat op die troon sit as teken van die absoluutheid van sy heerskappy (Open 4:2,9,10; 5:1,7,13; 6:16; 7:10,15; 19:4).
Dit is ’n perspektief wat ook op Jesus van toepassing gemaak is, veral na Jesus se opstanding en hemelvaart, wanneer bely word van Hom dat Hy aan die regterhand van God op die troon gaan sit het.
Só het die sinoptiese evangelies dit en só word dit in ’n hele paar NT briewe vermeld. Paulus en ook die Hebreërskrywer beskou Jesus se troonsbestyging as fundamenteel tot sy werk en ons begrip daarvan (Matt. 23:22; Mark. 16:19; Luk. 22:69; Rom. 8:34; Kol. 3:1; Heb. 1:3; 10:12; 12:2).
Geen wonder dit het só ’n belangrike invloed op ons geloofsbelydenisse van die eerste paar eeue van ons jaartelling gehad nie. Die belydenis oor Jesus wat sit aan die regterhand van God die Vader is vervat in al die ekumeniese geloofsbelydenisse sowel as in die latere kategismusse.
Die volk van die God van Abraham
Ten slotte is dit interessant om op te let hoe betekenisvol die vereniging van die nasies met die Godsvolk beskrywe word (vers 10). Die volk waarmee die leiers hulle nasies laat verenig, is die volk van God en dié God is die God van Abraham. Daarmee word gesê dat dit in die vereniging ten diepste oor God self gaan en dié mense wat in ’n verhouding met Hom staan. Abraham was ook nog altyd ’n baie meer verenigende figuur as wat Jakob en die volk van Israel was. Trouens, Abraham is die stamvader van 3 wêreldgodsdienste: Die Jode, die Christene en die Moslems. Daarom is die verenigde volk eerder aan hom gekoppel as aan Jakob, wat in dié Psalm meer met die land as die volk geïdentifiseer word (vers 5).
Dit is ook aan dié interpretasie van die universele Godsvolk waarmee Paulus Christenskap verbind wanneer hy sê: “as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename volgens die belofte van God.” (Gal 3:29). Hy gryp dus terug op die tradisie van Abraham vóór grond ’n tergende nasionale kwessie geword het en vóór die stryd tussen die onderskeie nasies waarvan hy ’n stamvader geword het ’n internasionale saak geword het.
Ek wonder of ’n herwaardering van die rol van Abraham nie die beginpunt van ’n in-diepte gesprek tussen Joodse, Christen en Moslem gelowiges kan wees nie, waarin die visie van God vir ’n verenigde volk gedeel en uiteindelik op ’n gesprek oor Christus kan uitloop nie. ’n Mens mag droom!
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - Oct 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - Oct 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - Oct 14, 2011
- Historiese raamwerk - Oct 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - Oct 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - Oct 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - Oct 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - Oct 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - Oct 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - Oct 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - Oct 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - Oct 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - Nov 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - Nov 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - Nov 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - Nov 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - Nov 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - Nov 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - Nov 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - Nov 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - Nov 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - Nov 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - Nov 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - Nov 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - Nov 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - Nov 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - Nov 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - Nov 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - Nov 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - Nov 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - Nov 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - Nov 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - Nov 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - Sep 12, 2012
- Psalms 42-72 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 21, 2013
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - Jan 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - Jan 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - Jan 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - Jan 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - Jan 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - Feb 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - Feb 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - Feb 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - Feb 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - Feb 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - Feb 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - Feb 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - Feb 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - Feb 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - Feb 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - Feb 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - Feb 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - Feb 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - Feb 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - Feb 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - Feb 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - Feb 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - Feb 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - Feb 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - Feb 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - Mar 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - Mar 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - Mar 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - Mar 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - Dec 11, 2015