Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)

Psalm107Psalmboek 5 (Ps. 107-150) werk met die veronderstelling dat die terugkeer uit ballingskap al plaas gevind het (Ps. 107:2-3: “2So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het 3en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.”), en loof God vir sy heerskappy oor die nasies (Ps. 108) en fokus op die toekoms wat deur Hom moontlik word vir die volk.

  • Psalm 107 funksioneer dus as ’n inleiding vir hierdie deel en loof die Here vir sy goedheid en liefde waaraan daar geen einde is nie. Dit is ook ‘n dankpsalm.
  • Psalm 146-150 sluit die vyfde Psalmboek, trouens die hele boek van die Psalms, af met vyf Halleluja-lofliedere.
  • Die hart van dié Psalmboek vind ons in Psalm 119 wat op uitgebreide manier die geluk uitspel van een wat sy vreugde in die wet van die Here vind. Dit funksioneer dus as ‘n uitgebreide uitleg van Psalm 1.  Psalm 119 is ‘n alfabetiese akrostiese Psalm waarvan elke opeenvolgende groep van agt verse elke keer met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Ons gaan dit dan ook oor 22 dae lees om reg te laat geskied aan elke eenheid.

Drie ander reekse Psalms fokus die aandag op omgekeerde wyse op die toekoms, hede en verlede van Israel.

  • Psalm 110-118 help die geloofsgemeenskap om te fokus op God se beloftes van die vestiging van sy heerskappy, verwoord in die vestiging van die Dawidiese koningskap, wat in die toekoms sal realiseer. Dit dra dus ‘n Messiaanse
  • Psalm 120-134 help die geloofsgemeenskap om te fokus op die belewenis van God se teenwoordigheid in die tempel in die hede. Dit word daarom Pelgrimsliedere genoem wat bedoel was om drie keer ‘n jaar met die reis na die groot feeste by die tempel in Jerusalem gesing te word om onder andere die verlange na God (121), die gebed vir Jerusalem (122), die belydenis van afhanklikheid van God (123), en die gebed om beskerming van God (125) te verwoord.
  • Psalm 138-145 is Dawidiese Psalms wat eintlik terugkyk en God se betroubaarheid deur die eeue bevestig. Dit bevestig ook die ewige bedoelings wat God met sy mense van altyd af het.

Jesus en die NT skrywers gebruik die Psalms

Ek het te vore al verwys daarna dat Jesus in die Psalms woorde gevind het om met God en mense te praat, ook in sy donkerste oomblikke aan die kruis.  Drie daarvan kom uit hierdie vyfde Psalmboek:

  • In ’n gesprek met die Fariseërs gebruik Jesus Psalm 110:1om Sy goddelikheid te bevestig: “Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.” (Matt. 22:41-45).
  • In sy gesprek met die priesterhoofde en Fariseërs sê Jesus van Homself – uit Psalm 118:22-23– dat Hy die klip is: “wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.  Dit is deur die Here gedoen en is ’n wonder in ons oë.” (Matt. 21:42).
  • In Jesus se woorde: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Luk 23:43) hoor ’n mens Psalm 109:4:“My liefde beantwoord hulle met vyandskap, en dit terwyl ek nog altyd vir hulle gebid het,” weerklink, ’n Psalm wat ook vir Petrus help om iemand in Judas se plek as dissipel te kies (Hand. 1:20 –  109:8: “laat ’n ander sy amp oorneem”).

Om die waarheid te sê, na sy opstanding, verwys Jesus die dissipels onder andere na die Psalms om moed te skep uit al die verwysings daarin wat in Sy lewe vervul is – Luk. 24:44: “dat alles vervul moet word wat in die … psalms oor My geskrywe is”.

Die dissipels en evangelieskrywers het hieraan gehoor gegee, en dan ook meermale Jesus se bediening in die lig van die Psalms sien ontvou, ook uit hierdie vyfde Psalmboek.  Met die intog in Jerusalem het die skare die woorde uit Psalm 118:26 gebruik: “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” soos Matteus dit vir ons vertel (Matt. 21:9).

Die Hebreërskrywer gebruik ’n hele paar Psalms om Jesus te beskryf, onder andere hierdie twee verse uit Psalm 110 die vyfde Psalmboek:

  • Psalm 110:1– “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.” (Hebr. 1:13);
  • Psalm 110:4– “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.” (Hebr. 5:6).
View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: