Inleiding op die 4de Psalmboek: Psalms 90-106

Die 4de Psalmboek , Psalms 90-106, fokus op die feit dat Jahwe reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid.  Dit eindig met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word. 

Dié tema van God se getrouheid deur die geslagte word onder andere bevestig deur die eerste Psalm in die reeks, Psalm 90, wat ’n Psalm van Moses is.  Uiteraard kom dié Psalm waarskynlik uit ’n vroeër tyd, maar word hier reg aan die begin geplaas om hierdie tema van God as toevlug van geslag tot geslag in te lui: “Here, U was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag.” (Ps. 90:1).

Aan die einde van die 4de Psalmboek word weereens die verhaal van Moses en die volk in die twee laaste Psalms, Psalm 105 en 106, aangeroer, waarmee die tema van God se getrouheid as’t ware omgeklink word: “Hy hou sy verbond altyd in stand” (Ps. 105:8) en “aan sy liefde is daar geen einde nie!” (Ps. 106:1). Soos God aan Dawid getrou was, só was Hy inderdaad reeds getrou van Moses af, wat die hoop op die terugkeer uit ballingskap vir die volk lewend hou.

Dit is waarom Psalm 91 so baie maak van die oproep om by die Allerhoogste skuiling te vind (Ps. 91:1), om vir Hom te sê: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” (Ps. 91:2).  En ons sal goeddoen om hierdie oproep te gehoorsaam!

Hier is veral Lofpsalms wat God se redding en koningskap besing, want: “Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, om elke môre van u liefde te getuig en elke aand van u trou … U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U doen, Here … Wie dit nie besef nie, is ’n dom mens.” (Ps. 92:2-7).

Die 4de Psalmboek in sy geheel, gegewe die koppeling met die tyd van die ballingskap, help ons ook om te verstaan dat selfs in ’n tyd wat jy swaarkry, ’n mens blydskap in die teenwoordigheid van die Here kan beleef deur lofprysing.

Fokus dus in jou lees van hierdie Psalms om te doen wat dit van jou vra:

  • Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind.” (Ps. 95:1)
  • Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde!” (Ps. 96:1)
  • Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees!” (Ps. 97:1)
  • Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen.” (Ps. 98:1)
  • Juig tot eer van die Here, almal op aarde!  Dien die Here met blydskap!  Kom voor Hom met gejubel!  Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.  Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.” (Ps. 100)

Vandag kan jy sommer dié laaste Psalm, Psalm 100, met jou saamneem.  Dit word regdeur die wêreld gesing.  Leer dit uit jou kop uit en sing en neurie dit om jou aan God se goedheid te herinner, voor ons môre by Psalm 90 begin lees.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: