Skip to main content

Inleiding op die 4de Psalmboek: Psalms 90-106

Die 4de Psalmboek , Psalms 90-106, fokus op die feit dat Jahwe reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid.  Dit eindig met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word. 

Dié tema van God se getrouheid deur die geslagte word onder andere bevestig deur die eerste Psalm in die reeks, Psalm 90, wat ’n Psalm van Moses is.  Uiteraard kom dié Psalm waarskynlik uit ’n vroeër tyd, maar word hier reg aan die begin geplaas om hierdie tema van God as toevlug van geslag tot geslag in te lui: “Here, U was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag.” (Ps. 90:1).

Aan die einde van die 4de Psalmboek word weereens die verhaal van Moses en die volk in die twee laaste Psalms, Psalm 105 en 106, aangeroer, waarmee die tema van God se getrouheid as’t ware omgeklink word: “Hy hou sy verbond altyd in stand” (Ps. 105:8) en “aan sy liefde is daar geen einde nie!” (Ps. 106:1). Soos God aan Dawid getrou was, só was Hy inderdaad reeds getrou van Moses af, wat die hoop op die terugkeer uit ballingskap vir die volk lewend hou.

Dit is waarom Psalm 91 so baie maak van die oproep om by die Allerhoogste skuiling te vind (Ps. 91:1), om vir Hom te sê: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” (Ps. 91:2).  En ons sal goeddoen om hierdie oproep te gehoorsaam!

Hier is veral Lofpsalms wat God se redding en koningskap besing, want: “Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, om elke môre van u liefde te getuig en elke aand van u trou … U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U doen, Here … Wie dit nie besef nie, is ’n dom mens.” (Ps. 92:2-7).

Die 4de Psalmboek in sy geheel, gegewe die koppeling met die tyd van die ballingskap, help ons ook om te verstaan dat selfs in ’n tyd wat jy swaarkry, ’n mens blydskap in die teenwoordigheid van die Here kan beleef deur lofprysing.

Fokus dus in jou lees van hierdie Psalms om te doen wat dit van jou vra:

  • Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind.” (Ps. 95:1)
  • Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde!” (Ps. 96:1)
  • Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees!” (Ps. 97:1)
  • Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen.” (Ps. 98:1)
  • Juig tot eer van die Here, almal op aarde!  Dien die Here met blydskap!  Kom voor Hom met gejubel!  Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.  Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.” (Ps. 100)

Vandag kan jy sommer dié laaste Psalm, Psalm 100, met jou saamneem.  Dit word regdeur die wêreld gesing.  Leer dit uit jou kop uit en sing en neurie dit om jou aan God se goedheid te herinner, voor ons môre by Psalm 90 begin lees.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda