Skip to main content

Psalm 40 – U woord is my hele lewe

Die Psalmis is in die nood, en bely dat hy homself nie kan help nie. Sy enigste hoop is dat die Here aan hom sal dink en hom sal red.  En sy versugting is dat Hy nie sal talm nie (vers 18).

Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:

  • ONTHOU – Vers 2-6: Hy dink terug aan sy vorige ervarings van redding en getuig daarvan in die geloofsgemeenskap – let op hoe pragtig hy die beeld van sy ervaring om uit die modder getrek te word (beeld van die dood) en op ’n vaste rots geplaas te word, in span om die geloofsgemeenskap aan te moedig om God altyd te vertrou.
  • TOEWY – vers 7-11: Hy dink aan wat Hy van God weet – dat Hy gehoorsaamheid wil hê (iets wat Dawid reeds uit die interaksie van Samuel en Saul geleer het – 1 Sam 15:22), en dat Hy wil hê dat van sy goedheid en trou getuienis afgelê sal word – en wy homself opnuut daaraan toe en herinner die Here aan sy “track record”.  Vers 9 is ’n kosbare verwoording van die geloofslewe: “Om u wil te doen, o God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe”, iets wat in Jesus se lewe die hoofrol gespeel het (Joh 4:34).  En Jesus word natuurlik self die offer soos Hebreërs 10:5-10 dit uitspel met verwysing na hierdie Psalm.
  • SMEEK – vers 12-18: Hy spel sy vasgevalde situasie uit voor die Here, en beroep hom op God se ontferming, liefde, trou, grootheid, hulp en redding.

Dit is daarom ’n Psalm wat ’n mens as die struktuur van jou eie worsteling met jou unieke situasie kan gebruik.  Om God se reddingsdade in die verlede in herinnering te roep, om jouself opnuut aan God toe te wy in gehoorsaamheid en getuienis, en jou behoefte in elke detail aan Hom bekend te maak en jou verwagting te stel in sy ontfermende karakter.

Die verbintenis met Jesus se volkome offer in die NT maak Psalm 40 by uitstek geskik om saam met Hebreërs 10:5-10 op Goeie Vrydag te gebruik.

Terloops: vers 14-18 van Psalm 40 kom ook in effens gewysigde vorm as ‘n aparte Psalm voor, Psalm 70, waarskynlik aangepas om as ‘n kort skietgebed in ‘n krisis gebruik te word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…