Psalm 40 – U woord is my hele lewe
Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:
- ONTHOU – Vers 2-6: Hy dink terug aan sy vorige ervarings van redding en getuig daarvan in die geloofsgemeenskap – let op hoe pragtig hy die beeld van sy ervaring om uit die modder getrek te word (beeld van die dood) en op ’n vaste rots geplaas te word, in span om die geloofsgemeenskap aan te moedig om God altyd te vertrou.
- TOEWY – vers 7-11: Hy dink aan wat Hy van God weet – dat Hy gehoorsaamheid wil hê (iets wat Dawid reeds uit die interaksie van Samuel en Saul geleer het – 1 Sam 15:22), en dat Hy wil hê dat van sy goedheid en trou getuienis afgelê sal word – en wy homself opnuut daaraan toe en herinner die Here aan sy “track record”. Vers 9 is ’n kosbare verwoording van die geloofslewe: “Om u wil te doen, o God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe”, iets wat in Jesus se lewe die hoofrol gespeel het (Joh 4:34). En Jesus word natuurlik self die offer soos Hebreërs 10:5-10 dit uitspel met verwysing na hierdie Psalm.
- SMEEK – vers 12-18: Hy spel sy vasgevalde situasie uit voor die Here, en beroep hom op God se ontferming, liefde, trou, grootheid, hulp en redding.
Dit is daarom ’n Psalm wat ’n mens as die struktuur van jou eie worsteling met jou unieke situasie kan gebruik. Om God se reddingsdade in die verlede in herinnering te roep, om jouself opnuut aan God toe te wy in gehoorsaamheid en getuienis, en jou behoefte in elke detail aan Hom bekend te maak en jou verwagting te stel in sy ontfermende karakter.
Die verbintenis met Jesus se volkome offer in die NT maak Psalm 40 by uitstek geskik om saam met Hebreërs 10:5-10 op Goeie Vrydag te gebruik.
Terloops: vers 14-18 van Psalm 40 kom ook in effens gewysigde vorm as ‘n aparte Psalm voor, Psalm 70, waarskynlik aangepas om as ‘n kort skietgebed in ‘n krisis gebruik te word.
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - October 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - October 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - October 14, 2011
- Historiese raamwerk - October 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - October 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - October 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - October 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - October 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - October 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - October 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - October 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - October 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - November 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - November 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - November 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - November 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - November 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - November 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - November 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - November 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - November 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - November 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - November 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - November 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - November 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - November 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - November 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - November 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - November 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - November 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - November 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - November 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - November 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - September 12, 2012
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - January 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - January 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - January 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - January 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - January 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - January 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - February 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - February 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - February 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - February 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - February 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - February 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - February 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - February 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - February 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - February 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - February 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - February 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - February 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - February 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - February 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - February 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - February 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - February 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - February 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - February 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - March 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - March 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - March 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - March 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - December 11, 2015
Sonja Lizemore
Beste Ds Chris. Psalms was nog altyd die Bybelboek waar ek troos, krag, ondersteuning kry. Waar ek dikwels ervaar dat iemand lank gelede met presies dieselfde gevoelens geworstel het as ek in 2018. Dan voel ek nie soos n mislukking nie, of ontoereikend nie. Dan besef ek ek is ook net mens, en is ek so dankbaar bir SY genade. Die week dit weer ervaar HOE Die Here genees. Al van Februarie ongenadiglike pyn en dit was fisio, pille ens. Toe vra ek laas week Die Here om asb my pyn net weg te neem. En dit gebeur toe in n oomblik. Ek staan so skaam en so skuldig. Ek wonder net hoekom ek dit nie al lankal gevra het nie. Ek vra dan genesing vir my neef se kanker. Èk het net gedink n ou rugpyn is nou nie iets waarmee ek Die Here kan opsaal nie. En toe uit moedeloosheid roep ek Hom aan. En…..Hy GENEES. Ek lees jou Bybelskool stukkie nou al n geruimde tyd, het die stukke geprint wn vir my leêrs gemaak, en gebeuik dit vir my eie persoonlike ontwikkeling. Ek bly op n plaas (alleen), en dit is nie altyd moontlik om n Bybelstudie elke week in die dorp by te woon nie, en daarom is jou werk vir my so kosbaar. Nou het u n hele koerant. Maar uit my hart BAIE DANKIE vir u moeite om dit elke dag met ons te deel. Baie voorspoed vir u en u gesin ook met die komende kersgety.
Chris van Wyk
Ek geniet hierdie koerant van jou! Dis ‘n riem onder die hart. Dankie.