Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer

Hierdie Psalm is een van twee Psalms wat aan Salomo toegeskryf word (vgl. ook Ps. 127).  Dit is ook een van ’n hele aantal Psalms wat fokus op die koning.  Waar een van die ander koningspsalms, Psalm 2, fokus op die verhouding tussen die koning en God, fokus hierdie Psalm meer op die verhouding van die koning met die volk en die nasies.  Die Psalm is dus waarskynlik gebruik by die kroning van ’n koning.

Aan die eenkant word God in die Psalm aangeroep om die koning te leer om te regeer soos God wil (vers 1), sodat die mense God kan dien van geslag tot geslag (vers 5) en daar vrede met die nasies kan wees (vers 8-11).

Aan die ander kant word die wil van God uitgespel en in praktiese terme voorgebid, waarin veral die handhawing van die reg van verdruktes (vers 2,4,12,14), armes (vers 4,12,13), swakkes (vers 13) en behoeftiges (vers 13) die prioriteite is.  Dit is die primêre dinge waarop die koning moet fokus.  Hy moet instaan vir dié wat dit nie vir hulleself kan doen nie.  ’n Maatstaf wat ons gerus vandag nog kan aanlê vir leiers, in watter sfeer van die lewe ook al, maar natuurlik ook iets waarvoor ons moet bid en God se aangesig oor moet soek.

Dit is daarom ook ’n Psalm wat ’n mens onmiddellik laat dink aan die ideaal van die Messiaanse koning, dié een waarna die OT uitgesien het om dít alles waar te maak.  Die NT prentjie van Jesus pas natuurlik perfek hierby in, veral as ’n mens sy toespraak in sy tuisdorp onthou, waar Hy die genadejaar van die Here aangekondig het vir armes, gevangenes, blindes en onderdruktes (Luk. 4).

Uitleg

Die Psalm kan in twee dele verdeel word:

  • Leer die koning om te regeer volgens u wil – vers 1-14.  Let op hoe vers 1-5 sentreer rondom die handhawing van die reg vir dié wat dit nie self kan regkry nie.   Dit het ’n enorme effek op mense se Godsbewussyn: “sodat die mense U kan dien.” Selfs die natuur is bly as reg vir en onder mense geskied.  Vers 5-7 sentreer weer om die  lewe en voorspoed wat ’n regverdige koning vir sy mense bring.  Dit het selfs ’n effek op die internasionale betrekkinge van die volk (vers 8-11).  Daar is duidelike Messiaanse trekke in die beskrywing van die invloed wat die koning onder die nasies sal hê. Let ook op hoe die statuur van die koning juis groei uit sy deernis met dié wat hom nie kan terugbetaal nie: “hulle lewens sal kosbaar wes in sy oë” (vers 12-14).
  • Mag die koning lank lewe – vers 15-17.  Om dit alles met oorgawe te kan doen, word vervolgens vir die koning self gebid, trouens alle mense opgeroep om gedurig vir hom te bid dat daar volop voorsiening in mense se behoeftes sal wees en die koning se naam vir altyd onthou sal word. Iets wat ons gerus self met oorgawe kan navolg!

Die laaste 3 verse sluit nie net die Psalm af nie, maar ook die 2de Psalmboek.  God se Naam moet reg deur die wêreld geloof word, “Amen, ja, amen”.  Daarmee word hierdie versameling van Dawid se bydraes ook afgesluit.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: