Inleiding op die 3de Psalmboek: Psalms 73-89

Die derde boek van die Psalms (Psalms 73-89) veronderstel meesal die ballingskap en val van Jerusalem – 6de eeu v.C. – met die vrae en dreigende wanhoop wat dit in die lewe van die volk opgeroep het.  Dit is diep en donker wroeginge oor die toekoms, waarin die voorspoed van die onregverdiges en goddeloses tot baie vrae en worstelinge aanleiding gee.  Ons vind hier dus meesal Klaagpsalms met Psalm 73 die inleiding wat die tema van twyfel eerlik op die tafel sit, weliswaar met die uiteindelike boodskap dat twyfel in die nabye teenwoordigheid van God tot rus kan kom (vers 23-28).

Die vierde Psalmboek (Psalms 90-106) fokus weer op Jahwe se koningskap ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis wat aan God ongehoorsaam was, met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem (vgl. Ps 106:47).  Psalm 90 – die Psalm van Moses – wat waarskynlik vroeër gedateer kan word, lei die tema van God as toevlug van geslag tot geslag in.  Hier is dus veral Lofpsalms.

Hierdie twee Psalmboeke gee dus vir ons woorde vir ons gebede wat ons kan bid beide in die donker tye wat ons ervaar as in die tye van hoop en verwagting.


by Chris van Wyk

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: