Psalm 98 – Hy kom om oor die aarde te heers

Hierdie Psalm toon groot ooreenkomste met Psalm 96.  Dieselfde tipe struktuur en grotendeels dieselfde inhoud word gebruik:

  • Al die nasies van die aarde word opgeroep tot lof aan die Here;
  • Dit sluit die skepping in;
  • Die rede daarvoor is dat die Here oor die wêreld kom heers met regverdigheid en billikheid.

Sommige dink daarom dat Psalm 98 ‘n ander weergawe van Psalm 96 is, hoewel daar tog ’n hele paar duidelike verskille is.  Byvoorbeeld:

  • In die eerste 6 verse is dit God wat oor Homself getuig, eerder as die volk;
  • In die laaste verse kom God se Heerskappy meer na vore, en nie soseer sy Regterskap nie, anders as wat dit in Psalm 96 gedoen word.

Die Psalm is ook in twee dele verdeel:

  • Sing tot eer van die God wat wonderdade doen – vers 1–6
  • Juig voor die Here, want Hy kom om met regverdigheid en billikheid te heers – vers 7–9

Sing tot eer van die God wat wonderdade doen – vers 1–6

God se krag en Goddelike mag staan voorop in dié Psalm.  Wat interessant is, is dat Hy ook voorop staan in die bekendmaking van sy oorwinnings en dat Hy sy reddingsdade openbaar maak.  Dié reddingsdade is ’n bewys van sy liefde en trou wat Hy telkens aan sy mense bevestig as ’n getuienis aan die hele wêreld.

Dit is ’n baie belangrike insig.  Getuienis is primêr die werk van God self.  Hy is die een wat Homself aan mense openbaar. Ons is altyd sekondêre getuies wat praat oor wat God alreeds besig was om te doen.  Daarom is ons getuienis altyd ’n proses van aansluit by wat God alreeds gedoen het of besig is om te doen.  Dit beteken natuurlik dat lofprysing ook getuienis is.

Dit beteken verder dat ons primêre taak eintlik is om bewus te word van wat God doen, Hom daarvoor te loof, en daarby aan te sluit deur ander daarvan te vertel.  Lofprysing moet dus met oorgawe gedoen word, met die begeleiding van die lier, met sang, en met die blaas van trompette en die ramshoring (die shophar– gebruik as aankondiging van God se teenwoordigheid – vgl. Eks 19:16).  Kortom, enige instrument wat ons kan help om die Here te loof.

Juig voor die Here, want Hy kom om met regverdigheid en billikheid te heers – vers 7–9

By hierdie lofprysing moet die stemme van die hele skepping gevoeg word om die Here te loof en prys, om saam voor die Here te juig, Hoekom?   Want, Hy is op pad om sy heerskappy te vestig sodat daar regverdigheid en billikheid op aarde sal wees vir almal.

Die boodskap van die Psalm

Onthou dat hierdie 4de Psalmboek geassosieer word met die ballingskap.  Die ballinge in Babel het dus hierdie Psalm gesing TERWYL hulle in ballingskap sit.  Die Psalm het hulle dus herinner aan hoe dinge sal wees: “Hy kom om oor die aarde te heers, Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.” (vers 9).

Die Psalm het dus ’n verlange in hulle wakker gemaak dat God inderdaad sal doen waarvan die Psalm getuig: verlossing en vrede, regverdigheid en billikheid.  Dit maak dus nie saak in watter omstandighede jy jou bevind nie, sing dié Psalm en laat dit jou gemoed lig, jou geloof versterk en die verwagting in jou laat groei dat verandering kom, dat dit net om die draai is!

Hy kom om oor die aarde te heers, Hy sal oor die wêreld heers.” My teks vir dié dag.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: