Wraakgierigheid in die Psalms

Een van die groot vrae in verband met die Psalms is wat ons as volgelinge van Jesus Christus moet maak met die wraakgierige houding teenoor die vyande soos baie keer grafies in die Psalms uitgespreek word.

Met skrikwekkende metafore beskryf Dawid in Psalm 58:7-10 byvoorbeeld die tipe aksies wat Hy van God verlang teenoor goddelose regters wat korrup en gewelddadig is.  Telkens is daar in elke vers ’n dubbele metafoor wat ’n aspek van die goddeloses se invloedsfeer aanspreek wat Dawid vra dat God moet vernietig – hulle mag, hulle invloed, hulle nalatenskap en hulle lewe:

  • Mag God hulle mag verbreek – vers 7:
    • soos ’n brutale tandarts wat hulle tande uit hulle monde ruk, sodat hulle “pap-mond” nie meer skade kan aanrig nie;
    • soos ’n vreesaanjaende leeutemmer wat hierdie “leeu-mense” se slagtande uitslaan sodat hulle niemand meer kan verskeur nie;
  • Mag God hulle invloed laat verdwyn – vers 8:
    • soos water wat wegsyfer;
    • soos droë gras wat fyngetrap word;
  • Mag God hulle nalatenskap vernietig – vers 9:
    • sodat ’n mens hulle nalatenskap kan sien vir wat dit is: dat dit maar net soos die slym is wat wegraak as die slak verby is;
    • sodat die invloed daarvan uitgewis kan word:  dat die nalatenskap is soos misgeboortes wat geen lewe of invloed meer het nie en slegs dien om weggegooi te word;
  • Mag God hulle lewe beëindig – vers 10:
    • deur hulle uit te roei soos onkruid;
    • deur hulle in die fleur van hulle lewe te verskroei en weg te waai soos in ’n gloeiende wind.

‘n Paar opmerkings:

  1. Soos Tate (Word Biblical Commentary) sê: “In the appropriation of this language into the life of faith it is well to begin with a framework of understanding rather than with an apology in the sense of an effort to explain away the disturbing elements.”  Ons moet eerder probeer verstaan as verdedig.  Die Psalms bevat eerlike taal wat werklike emosies uitdruk en glad nie probeer om die woede en afgryse weg te steek nie. Die Psalms gee hiermee vir ons: “freedom of expression to those raw edges in our life that do not easily submit to the religious conviction we profess on good days” (Brueggemann, The Message of the Psalms).
  2. Die waarde van die Psalms vir ons geestelike gesondheid is dat dié woede wat ons ervaar nie verberg hoef te word nie, maar teenoor God uitgespreek kan word waarmee ook vir Sy optrede gevra kan word.  Dit sluit in dat in NT sin ons Jesus kan navolg in vyandsliefde en vergifnis, terwyl ons steeds op God se regverdigheid kan staatmaak wat sal sorg dat daar reg op die aarde en ook teenoor ons sal geskied. Weer Tate (Word Biblical Commentary) “When bitterness and pain are poured out to God, the way may be cleared for a fresh vision of reality and new trust in God. These psalms help to purify us of feelings of rage, and also of dereliction and abandonment. They lead toward a catharsis of faith and a renewal of the soul. They also help us to realize that there is no place or condition of life where God is not.”  Wraak en vergelding is iets wat volledig by God berus, soos ons in Romeine 12 ook gereflekteer sien.
  3. Die woedende worstelende woorde van die Psalms moet ons ook roer tot identifisering met mense wat aan onreg en geweld blootgestel is, sodat ons nie net hulle lot voor God sal bring nie, maar ook as God se verteenwoordigers betrokke sal raak in die verlossing wat nodig is vir dié wat uitgelewer is aan die magtiges van hierdie wêreld.
  4. Nog dieper, dié Psalms moet ons ook oortuig van ons eie skuld, want ons is baie keer self onbillik en onregverdig, al is dit nie op só ’n groot skaal of met dieselfde afgryslike impak as wat mense in groter magsposisies kan uitoefen nie.  Ons is baie keer ook sélf die vyand en dié Psalms moet ons help om voor God te gaan staan en te vra dat die impak van ons lewens gesuiwer word van eie belang en geweld.  Daar is ook ’n voor-Christus houding by ons in sekere lewensituasies wat om bekering vra, soos John Bright geskryf het (The Authority of the Old Testament).
  5. Die vyande is natuurlik uiteindelik ook nie net die menslike agente nie, maar die bose magte  soos Efesiërs daaroor skryf.  Oral waar hulle egter ontmasker word in die houdings en optrede van werklike mense en gekies word om daarteenoor in geloof, liefde en hoop te lewe (1 Tes 5:8) en te kies om self die waarheid te praat, op God se vryspraak te vertrou en nie op eie vermoëns nie, bereid is om die evangelie van vrede te bly verkondig en ons vertroue op God in alle lewensituasies uit te leef, die Woord van die Here op alle maniere te leef en te gebruik en dit alles in ’n lewe van gebed te doen, dáárin lê die oorwinning oor die vyande opgesluit, dáár kom die koninkryk van God (Ef. 6:14-20).
View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: