Psalm 145 – Die Here is goed vir almal

Psalm145Psalm 145 is die afsluiting van die groepie Dawid Psalms – Ps. 138-145 – wat God se betroubaarheid deur die eeue bevestig sowel as die goeie bedoelings wat Hy van altyd af het vir sy mense, trouens vir alle mense: “Die Here is goed vir almal.” (vers 9).  Daarom, sê Dawid: “My mond sal die lof van die Here verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en ewig.” (vers 21).

‘n Mens kan die Psalm in twee deel, hoewel elke vers eintlik die hele boodskap van lof in sigself alreeds dra.

  • Die eerste deel – vers 1-9 – besing God se lof aan die hand van sy allesoortreffende kwaliteite en karakter, hoewel dit uiteraard verbind is aan die konkrete voorbeelde wat daarvan getuig. God se groot goedheid is lofwaardig vir ewig.
  • Die tweede deel – vers 10-21 – raak ‘n bietjie meer spesifiek en besing God se lof meer direk aan die hand van sy groot werke en magtige dade, en maak dit nog meer universeel op alles en almal van toepassing as selfs in die eerste deel van die Psalm. Dit is ook uitsonderlike beloftes wat jy kan aangryp in jou gebede!  God se besondere beloftes verryk die lewe vir ewig.

God is groot goedheid is lofwaardig vir ewig – vers 1-9

Die eerste deel van die Psalm is eintlik ‘n bron van aanhalings oor wie en wat God is.  ‘n Mens kan enige vers neem as ‘n “koringkorrel” vir jou dag om jou oor God te verwonder!

Let op die beskrywing van die meer as tien kwaliteite en karakter van God self:

  • sy lofwaardigheid wat vir altyd geprys moet word,
  • sy grootheid wat ondeurgrondelik is,
  • sy luisterryke majesteit wat alles verlig,
  • sy wonders wat ‘n mens uitnooi om vir altyd daaroor na te dink,
  • sy ontsagwekkende magtige dade waaroor jy nie kan stil bly nie,
  • sy groot goedheid wat mens verstom,
  • sy regverdige optrede waaroor ‘n mens net wil juig,
  • sy genade,
  • sy barmhartigheid,
  • sy geduldigheid,
  • sy groot troue liefde, en
  • sy glansryke koningskap wat mense oral met ontsag vervul.

Trouens: “U koningskap strek oor alle ewighede … deur al die komende geslagte” (vers 13)!

God se besondere beloftes verryk die lewe vir ewig – vers 10-21

Die tweede deel van die Psalm is eintlik ‘n bron van beloftes van wat God doen waarmee ‘n mens jou gebede kan verryk.  Let op die beskrywing van sy groot werk en magtige dade, want elkeen daarvan is ‘n belofte wat in gebed aangegryp kan word, nie net deur die geloofsgemeenskap nie, maar deur die hele mensdom!

Lees dié meer as tien beskrywings as beloftes en maak dit deel van jou gebede:

  • Die Here is goed vir almal,
  • Die Here ondersteun almal wat val,
  • Die Here help almal op wat teneergedruk is,
  • Die Here gee almal kos op hulle tyd,
  • Die Here versadig al wat lewe met wat hulle wil hê,
  • Die Here is regverdig in al sy weë,
  • Die Here is getrou aan alles wat Hy gemaak het,
  • Die Here is naby almal wat Hom aanroep in waarheid,
  • Die Here vervul die wens van dié wat vir Hom ontsag het,
  • Die Here hoor die hulpgeroep van dié wat vir Hom ontsag het, en verlos hulle,
  • Die Here beskerm almal wat Hom liefhet (maar al die goddelose mense vernietig Hy).

Dít is die Here wat ons aanbid!  Dít is die dinge waarop jy kan staatmaak.  Dít is die dinge waarvoor jy kan intree en die Here se seën op alles en almal kan afbid.  Ook vir jouself.

Ietsie ekstra

Op ‘n tegniese vlak is Psalm 145 ook ‘n akrostiese Psalm soos Psalm 111 en 112.  Vergelyk die Hebreeuse letters wat in die OAV en die BDV aangegee word, maar ongelukkig nie in die NAV verskyn nie.  Dit beteken elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet.  Dit gee ‘n reël (of ‘n vers of selfs ‘n groep verse soos in die geval van Ps. 119) vir elke letter van die alfabet, behalwe dat in Psalm 145 se geval een letter, NUN, uitgelaat is (tussen vers 13-14, d.w.s. tussen MEM en SAMEK), en hier dus net 21 reëls voorkom.

Dit is redelik algemeen in die akrostiese Psalms.  Vergelyk Psalm 25 (KOF word nie gebruik nie), Psalm 34 (KOF word 2 keer gebruik, maar geen WAW of HET nie), en Psalm 37 (ZAJIN word 2 keer gebruik, maar geen HET nie), hoewel Psalm 111, 112, en 119 weer wel al die opeenvolgende letters gebruik.  ‘n Mens moet nogal kop hou om dit raak te sien!

In Psalm 145 se geval kom daar wel in die Griekse en Siriese vertaling van die Psalm (die LXX en die Peshitta) ‘n reël voor wat met NUN begin.  Dit lui só: “Die Here is getrou aan al sy woorde en genadig in al sy dade.”  Dit beteken dat dié reël heel waarskynlik uitgeval het.  Nogal ‘n baie besondere en waardevolle toevoeging tot die boodskap van die Psalm!

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d