Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede
‘n Mens kan die Psalm in twee dele indeel op grond van die belangrike klem van die liefde vir God in vers 1-8 en die verdere klem op sy geloof in God wat tot verlossing gelei het en waarvoor hy die Here dank in die geloofsgemeenskap: vers 9-19. Die Psalm is ook verder belangrik weens die belangrike wyse waarop die Psalmis se getuienis fokus op God as die Verlosser en nie op homself as die verloste nie.
116:1-8 – Ek het die Here lief, want Hy het my verhoor
Let op dat die Psalmis baie direk oor die liefde vir God praat. Daar is verskeie Psalms wat praat van God se liefde vir sy mense (Ps. 11:7; 41:12; 146:8), sy liefde vir die reg (Ps. 33:5; 37:28; 45:8; 99:4) en sy liefde vir Sion (Ps. 84:2). ‘n Hele paar Psalms praat ook van die geloofsgemeenskap se liefde vir die tempel en Sion (Ps. 26:8; 84:2; 102:15), asook vir die wet (Ps. 119:113, 119, 163), die verordeninge (Ps. 119:167), en die woord (Ps. 119:140. Maar net drie Psalms praat direk van die Psalmis se liefde vir God self:
- 18:2: “Ek het U baie lief, Here, my Sterkte.” Die liefde vir God word in die konteks van Dawid wat uit die mag van Saul verlos is, verklaar.
- 97:10: “Julle het die Here lief, haat dan wat sleg is.” Die liefde word as motivering vir ‘n heilige lewe aangevoer.
- 116:1: “Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede.” Weereens word die liefde in die konteks van die verlossing uit gevaar uitgespreek, soos met Ps. 18.
Die Psalmis is lief vir die Here omdat hy uit gevaar gered is. Die Here het na hom geluister in sy genade, regverdigheid en ontferming (116:5). Hy kan dus tot rus kom, want die Here het goed aan hom gedoen, ‘n einde aan sy trane gemaak (116:7-8).
Die Psalmis beskryf egter die situasie waaruit hy gered is net vaagweg. ‘n Mens kan agterkom dat dit iets te make het met doodsangs (116:3,8) waarin hy gedink het dat mense hom óf in die steek gelaat het of net afwesig was (116:11). Dit kan ook wees dat hyself gestruikel het op een of ander wyse, of van struikeling bewaar is (116:8). ‘n Mens sou goedskiks kon dink dat dieselfde agtergrond van die verlossing uit die mag van Saul van toepassing kon wees, soos dit uitgespel word in Ps. 18, maar ons weet nie genoeg om dit te kan sê nie.
Die onsekerheid oor die konteks van die Psalm maak dit ‘n tipe Psalm wat ons nog beter vir onsself kan toeëien in ons eie situasies. Dit kan ook wees dat die Psalm doelbewus só vaag beskryf is, sodat die klem op God se verlossing geplaas kan word, nie noodwendig op die presiese “gory” detail van die moontlike struikeling, gewaande verlatenheid of realiteit van die gevaar nie.
116:9-19 – Ek het in U bly glo, en die Here het my gered
Op ‘n roerende manier beskryf hy sy geloof wat ten spyte van die gevaar en vertwyfeling: “selfs toe ek gedink het dit is klaar met my,” nie tot niet gegaan het nie. Die Here het Hom gered en daarom sal hy die Here nou in die geloofsgemeenskap dank.
Die Psalmis lewer daarom ‘n getuienis in die geloofsgemeenskap wat twee keer beskrywe word – 116:13-14; 18-19 – om die belangrikheid daarvan te onderstreep. Dit sluit ‘n drankoffer in, sowel as ‘n gelofte wat Hy aan die Here betaal in die teenwoordigheid van die geloofsgemeenskap.
Die drankoffer word in die Skrif verbind aan beide die verlossing uit gevaar – vgl. die verhaal van Jakob wat ‘n drankoffer uitgiet op die klip waar hy die ontmoeting met die Here by Bet-El gehad het (Gen. 35:14) – sowel as aan die offerkultus in die tempel. Interessant genoeg verbind ook Paulus geloof aan die metafoor van ‘n drankoffer in Fil. 2:17: “Julle geloof is ’n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly.”
Dit is só wonderlik om die getuienis te hoor van hierdie Psalmis: “Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.” (116:15). Uiteraard kan dit soms nie vermy word nie – soos die Here Jesus Christus ook moes agterkom – maar dit raak die hart van God.
Boodskap
Die onsekerheid oor die konteks van die Psalm maak dit ‘n tipe Psalm wat ons nog beter vir onsself kan toeëien in ons eie situasies. Die klem moet op God se verlossing geplaas word, nie noodwendig op die presiese “gory” detail van ons eie situasies nie.
Ons kan daarom baie by die Psalm leer oor hoe om ons eie getuienis in die geloofsgemeenskap te lewer. Uiteraard help detail om begrip te gee vir die situasie, maar die fokus moet op die Verlosser val, nie op die verloste nie.
Die belangrike klem op die liefde vir God word geëggo in die liefde wat God vir sy troue dienaars het: “Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.” (116:15). Dit is ‘n geweldige troos in die tipe uitdagings waarvoor elke getroue kind van God te staan kom. Dit is dié God wat ons in geloof laat bly volhard!
Daar is ‘n besondere roerende weergawe van dié Psalm in die Liedboek van die NG Kerk van T.T. Cloete op die melodie van Maître Pierre Davantés: J’aime mon Dieu, car lorsque j’ay crié wat alreeds in 1562 getoonset is. Die melodie is dus al vier en ‘n half eeue met ons:
“1. God het ek lief, omdat Hy my verhoor.
Ek was beangs; Hy het na my geluister.
Toe ek Hom roep vanuit die dood se duister:
‘Heer, red my tog,’ het Hy my stem gehoor.”
Hier is ‘n orrelweergawe van Dick Sanderman wat jy op jou rekenaar kan speel terwyl jy dié vers saamsing of saambid:
http://www.psalmboek.nl/zingen.php?ber=5&psID=116&psvID=1&s=rit6
View all posts in this series
- BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150
- Die praktiese waarde van die Psalms
- Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)
- Hoe om die Psalms te lees
- Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie
- Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke
- Psalm 109 – U is goed en getrou, moet U nie doof hou nie
- Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster
- Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar
- Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding
- Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan
- Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte
- Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe
- Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede
- Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons
- Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here
- Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse
- Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde
- Psalm 119:17-24 – GIMEL: God se woorde is raadgewers wat insig gee
- Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig
- Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom
- Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid
- Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg
- Psalm 119:57-64 – GET – U, Here, is my deel; U troue liefde vul die aarde
- Psalm 119:65-72 – TET – U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte
- Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee
- Psalm 119:81-88 – KAF – Op u woord wag ek sodat ek dit kan nakom
- Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas
- Bydraes hervat Maandag 12 Oktober
- Psalm 119:97-104 – MEM – Insig in God se openbaring kom deur gehoorsaamheid
- Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar
- Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging
- Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid
- Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig
- Psalm 119:137-144 – TSADE – My ywer vir u woorde verteer my wanneer my teenstanders dit vergeet
- Psalm 119:145-152 – KOF – Op u woorde wag ek
- Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid
- Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings
- Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof
- Psalm 120 – Here, bevry my van bedrieglike tonge
- Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie
- Psalm 122 – Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem
- Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is
- Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk
- Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte
- Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai.
- Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan
- Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg!
- Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers
- Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem
- Psalm 131 – Groot dade en wonderwerke kom van God af
- Psalm 132 – Here, laat u gesalfde se kroon skitter
- Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges
- Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion
- Psalm 135 – God is goed; God is groot; God sorg vir sy volk
- Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde
- Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde
- Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag
- Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees
- Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars
- Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig
- Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof
- Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond
- Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is
- Psalm 145 – Die Here is goed vir almal
- Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan
- Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het
- Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde
- Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld
- Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof!
- Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat
Tags: Psalms
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/