Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe

Psalm 23 sluit by hierdie verwagting van beskerming aan en werk met die metafoor van God as herder wat hom beskerm en begelei in die lewe, selfs in die diepste donkertes.

Hierdie Psalm, seker die bekendste van alle Psalms, is die gebed vir alle seisoene van die lewe.Dit is die geloofsbelydenis van iemand vir wie die Here van sy jeug af alles was.  En wat ervaar het dat God in alle seisoene van die lewe Homself as herder bewys het.

1.  Dit is die belydenis van iemand vir wie die Here tye van rus en vrede gegee het.  Dis tye waarin hy ervaar het, ek kort niks nie, ek het rus en vrede en ek het krag vir my lewenspad.

Die wonder van ‘n lewe saam met God, is dat daar altyd ‘n dubbele waarde is in enige goeie en vervullende ervaring.  ‘n Goeie ervaring word nie net ervaar as ‘n geluk nie, maar as ‘n geskenk, as iets wat God gegee het en wat jou nie per toeval getref het nie, maar met opset, omdat God vir jou liefhet.  Daarom dat Dawid hier skrywe dat die Here sy herder is, sy koning wat hom raaksien en vir hom goeie dinge uitdeel.  Dit laat hom spesiaal voel en dit gee hom rus en vrede.  Dit vul hom met nuwe krag.

2.  Daarom is Psalm 23 ook die belydenis van iemand wat ervaar dat God rigting en betekenis in sy lewe gee.  Wat tye van vooruitgang en voorspoed beleef.  Wat uitdagende dinge aanpak en ervaar dat die Here die regte pad aanwys.  Baie keer is die regte pad juis dié dinge wat God se eer sal bevorder en juis ‘n manier waarop die regte pad gekies kan word.

3.  Maar dan is Psalm 23 ook die belydenis van iemand wat ervaar dat daar donker dieptes is en wat moet worstel met die pyn van nie-weet-nie, van onvervulde beloftes, van ondeursigtige raaisels.

Dis juis dan wat hy kan bely dat hy nie bang hoef te wees nie, want God is by hom en by God is hy veilig.  Die belydenis verdryf nie altyd die donker nie, dit beantwoord nie altyd die vrae nie, maar dit hou vas aan hoe God homself deur die eeue laat ken het, as die betroubare, as die herder, as die een wat dinge laat meewerk ten goede, selfs al beteken dit dat die donkerte nie in lig verander nie.

Dawid verwoord hier iets van wat die Hebreërskrywer lank hierna sou skrywe dat nie alle gelowiges altyd kry wat beloof is nie, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie (Hebr 11).

4.  Soms lei God se paaie wel uit die donkerte na die lig en soms net so verrassend heerlik dat dit voel soos ‘n feesmaal in die aangesig van die teëstanders.  Dit is soos om as ‘n eregas aan te sit by die maaltyd wat God die herder-koning voorberei het en waar jy as uitverkore gas kan aansit terwyl ander jaloers moet toekyk.

Die hartlikheid waarmee God ons soms kom oorlaai, is ‘n besondere voorreg in die lewe saam met God.

5.  En wat jou terugbring by die besef en belydenis, dat die ware doel en sin en betekenis van die lewe, is om God te geniet en in sy teenwoordigheid vir ewig te bly.  Wat op die ou end die ware rus en vrede is, dieper as die weivelde en die water en die krag, om maar net by God te wees, diep-tevrede soos ‘n kind.

Psalm 23 is dus ‘n feespsalm en ‘n troospsalm.  Dit is ‘n psalm vir die lewe en die dood.  Dis vir al die seisoene van die lewe.  En die waarheid wat in die Psalm opgesluit lê, is dat ons hele lewe altyd by God veilig is.

Só ‘n waarheid lei tot twee reaksies: ‘n belydenis: ek sal nie bang wees nie … en ‘n verbintenis: ek sal tuis wees in die huis van die Here, tussen sy mense.

Anders kan dit tog nie.  God woon in ons en Hy werk in ons.  Waarom sal ons bang wees en waarom sal ons nie tuis voel tussen God se mense nie?

Lina Spies het die Psalm as volg verwoord:

1. Die Here is my herder en bewaarder :

ek kom niks kort nie ; daar is niks wat my ontbreek .

In groene weiveld en by stille water

laat Hy my uitrus in ‘n bar en dorre streek .

Die steiltes ken Hy en die skerpste draaie :

Hy rig my altyd op die regte paaie .

 

2. Nie een sal U ooit van u skaap berowe :

U is by my in diep en donker klowe .

Wanneer ek afdwaal , haak u staf my nader

en met u stok verdryf U die gevare .

By U is ek beveilig en geborge :

Bevry is ek van vrese en van sorge .

 

3. U dek in my teenwoordigheid ‘n tafel :

My vyande kyk toe en staan verslae !

U vul my beker , voed my en verheug my ;

u goedheid volg my al my lewensdae .

Ek ken u liefde en u gunsbetoning

en bly ‘n leeftyd , Here , in u woning .

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

    • Jesus gebruik in Matteus 12:40 die “teken van Jona” as ‘n aanduiding van sy eie kruisdood: “Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.” Jona se tyd in die vis word dus as ‘n teken of voorbeeld gebruik om Jesus se kruisdood vooruit te verkondig.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: