Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe

Hierdie Psalm is weer ’n akrostiese Psalm, soos Psalm 34 (kyk in die Ou Afrikaanse vertaling vir die Hebreeuse alfabet letters aan die begin van elke vers).  Dit beteken dat elke opeenvolgende vers met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Dit is ook interessant dat vers 27-40 eintlik ’n uitbreiding van die gedagtes in vers 1-26 is, eintlik ’n herhaling, om die wysheid van die Psalm inhoud te beklemtoon.

Twee maniere van leef word in hierdie wysheidsPsalm met mekaar gekontrasteer, dié van die goddelose wat hom of haar nie aan God steur nie en dié van die gelowige wat dit wel doen – soos ons reeds in Psalm 1 gesien het.  Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe.  Dwaasheid is om Hom te probeer vermy en ignoreer, en God-loos te probeer lewe.

Dit is duidelik dat hierdie wyse woorde gerig word aan mense wat dit nie maklik het in die wêreld nie.  Hulle lei onder skelms en skurke (vers 1, 7, 9), het te kampe met onregverdige beskuldigings (vers 6, 33), en ly onder verdrukking (vers 11).  Goddeloses soek die regverdiges se ondergang en bedreig hulle lewe (vers 12, 32).  Hulle wil die hulpelose en armes dood maak, dié wat die regte pad loop vermoor (vers 14).  En die regverdiges ly gebrek (vers 19), en het nie baie om van te lewe nie (vers 16).

Daarom is dit een van die groot versoekings vir gelowiges – wat onder druk verkeer, en dan sien dat dit lyk asof dit goed gaan met die goddeloses, veral as hulle na hulle eie lewe kyk en moet rekening hou met die lyding wat soms gepaard gaan met getrouheid aan die Here – om self in opstand te kom en die reg in eie hand te neem (vgl Ps 73 wat diepsinnig voortborduur oor die donker versoeking hiervan).

Dit is in dié situasie wat die Psalm die wyse weg aandui.

En daar is vier hoofsake wat hy uitlig.

En die eerste boodskap is: VOLHARD – Getrouheid kos altyd baie … maar goddeloosheid kos volgens die Psalm uiteindelik meer – “Hy sien hulle dag kom (vers 13)!  Volhard dus om die Here te dien en moenie van Sy pad afdwaal nie.

Die tweede boodskap is: VERTROU – Die wyse weg is om jou werk rustig te doen en die Here te vertrou (vers 3-4) wat belowe dat Hy jou die begeertes van jou hart sal gee (vers 5).  Só ’n lewe sluit in om die kwaad te vermy (die weg van die goddeloses) en die goeie te doen (vers 27 en verder).

Eksterne faktore moet nie lei tot ’n versaking van die pad van die Here nie.  Eerder ’n meer nougesette fokus op die handhawing nie net van die innerlike verbintenis aan die Here nie, maar ook die lewenstyl wat Hy van ons vra.

En die derde boodskap is: KOM TOT RUS – Bring jou hart tot rus voor die Here.  Die groot gevaar volgens die Psalm is die emosies wat in jou opgewek word as jy jou lewe vergelyk met dié van die goddeloses.  Daarom dat “in stilte” die Here vertrou moet word (vers7), nie kwaad en ontsteld geraak moet word nie (vers 7-8), omdat dit uiteindelik net ellende bring.

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend, en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7).

Die vierde boodskap is: GOD IS BESIG MET JOU – Die belydenis van die Psalmis is daarby dat die Here die koers bepaal van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en dat Hy sulke mense ondersteun (vers 23).  Dit is die Psalmis, Dawid, se persoonlike ervaring en ook sy waarneming van die ervaring van ander gelowiges.

’n Hoogtepunt vir my in die Psalm is een van die redes wat Dawid uitspel, waarom die Here dit kan regkry om die regverdiges se pad te bepaal.  En dit is dat die openbaring van sy God in sy hart is – dit is waarom sy koers nie onseker is nie (vers 31).  Die Hebreeus lui eintlik dat die “wet van sy God in sy hart is”, dws dat dit die geskrewe Woord van God is wat ’n woonplek in sy hart gekry het, sodat dit uiteindelik sy hele lewe bepaal.  Ons kan nie genoeg beklemtoon die sentrale rol wat die Woord speel in die geestelike weerbaarheid en koersvastheid van gelowiges nie.  Die rol van die Bybel kan nie oorskat word nie!

Daarom kan God vertrou word, selfs al is daar teëstand van die goddeloses (vers 34).  Hy gee eerbares ’n toekoms (vers 37), deur onder andere die toekoms van die goddeloses af te sny (vers 38).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: