Skip to main content

WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede

Psalm 9-13 is ’n tweede siklus van vier of vyf klaagliedere (Psalm 9-10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm) waarin verlossing vir alle mense wat nood het, gevra word:
  • behoeftiges (of armes – in Engels: afflicted – dws mense wat hulleself nie kan help nie) – die Hebreeuse woord is ‘ânâw en kan ook nederiges of pretensieloses beteken en word gebruik in Ps 9:13,19; 10:9,12,17; 12:6; 14:6 [in Ps 9:13 word dieselfde woord met onskuldiges vertaal; In Ps 10:9,12,17; 14:6 word dieselfde woord met hulpeloses vertaal; ditto die vertaling swakkes in Ps 12:6)
  • ongelukkiges – Ps 10:14;
  • weeskinders – Ps 10:14,18;
  • mense in nood (of verdruktes)– Ps 10:18;

Dit doen die Psalmis: “sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie” (Ps 9:9; 10:18), want “vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood” (Ps 9:10).

Maar hy fokus ook op die “regverdige” behoeftiges wat op ‘n besondere manier hierdie belofte van God vir hulle kan toeëien, dit is die: opregtes van hart – Ps 11:2; regverdiges – Ps 11:3,7; 14:5; opregtes – Ps 11:7; onskuldiges – Ps 10:8.

Die verlossing is uit verskillende situasies: van vyandige nasies (Psalm 9), van goddelose rykes (Psalm 10), van magtige maar gemene mense (Psalm 12) en van verdrukkers (Psalm 13).  Tussen-in is ’n Psalm geplaas wat geloof in ’n regverdige God bely (Psalm 11), al lyk dit nie altyd so nie, en al daag die goddeloses die regverdiges daaroor uit (Psalm 14).

Psalm 14 (vergelyk Psalm 53) sluit hierdie tweede siklus klaagliedere af – wat sowel persoonlike betekenis het vir individue asook vir die groter publieke gemeenskap van behoeftiges – met ’n fokus op die dwaasheid van mense wat sonder God probeer lewe, want God is by die regverdiges (14:5) en sal hulle beskerm teen dwase!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar