Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis

Psalm 11 is eintlik streng gesproke nie ’n gebed nie, maar ’n geloofsbelydenis, waarin die Psalmis sy vertroue op God bevestig.  En hy doen hierdie belydenis as ’n reaksie op die bedreiging van sy vyande wat nie net sy geloof in God bevraagteken nie, maar strukture (van die samelewing/geloofsgemeenskap) afbreek en Dawid se dood (of val) beplan.  Craigie gee hierdie Psalm daarom die titel Confidence in Crisis.

Dawid het waarskynlik by die tempel kom skuil vir sy vyande – waar hy op beskerming sou kon aanspraak maak – hoewel die vyande nou ook sulke strukture in gevaar stel.  Daar is dus die gevaar dat die vyande hom in die tempel sal kom kry, maar boonop ook die versoeking vir hom om te vlug na die berge, soos hy deur die goddeloses aangeraai word.  Die versoeking is: om nie vas te staan in die Here nie, maar te vlug na waar dit menslik gesproke veiliger sou wees. Wanneer ‘n mens immers vasstaan, gee jy jou teenstanders ook meer van ‘n teiken om aan te val.  Dit neem dus ‘n besondere moedige optrede van Dawid om nie terug te deins en te vlug nie.

Wat Dawid moed gee, is 2 fundamentele sake:

  • Die Here is in sy tempel.  Dit is nie net Dawid wat daar is nie!  Dit is die gedagte wat die vlam van hoop in hom aansteek.  Maar ook nie net dit nie:
  • God is op sy troon in die hemelDie God van die liturgie is ook die God van die wêreld.  Hy is immanent en transendent, en op Hom kan ’n mens jou lewe bou en op Hom kan jy jou verlaat.

Sy geloofsbelydenis sluit verder in dat dié God verder en dieper sien as almal.  Hy onderskei tussen goddeloses en regverdiges, deurdat hy albei toets, soos ‘n mens metaal deur vuur suiwer.  En die gevolg of uitkoms van die toetsing verander Sy houding teenoor die goddeloses. Letterlik staan daar “Sy siel haat dié wat geweld liefhet.”

In sy nabye teenwoordigheid verskroei die goddeloses (Sodom en Gomorra as agtergrond), maar ervaar die regverdiges Sy liefde.  Let op dat die fokus val op dié wat regverdig en opreg HANDEL.  En die regverdiges sal God se aangesig sien, dws, sal ‘n Godsverskyning ervaar (vgl Ps 9:17).

In my nadenke hieroor het ek besef, vertroue in ‘n krisis is beide ‘n noodsaaklikheid as ‘n deug, maar dit moet ook deur wysheid aangevul word. Dit is verseker nie menslike wysheid nie – vlug uit gevaar – maar Goddelike wysheid. Paulus is bv in die NT aangeraai om te vlug toe hy op pad was Jerusalem toe (lees meer hieroor in my bydrae oor Handelinge 20), maar die wyse optrede was toe om juis te gaan waar hy gevange geneem sou word, soos wat die Here reg aan die begin van sy roeping vir hom uitgespel het. Dit was ook die basis van Jesus se vasstaan in versoeking, om nie die uitdaging van honger te ontwyk deur self te voorsien nie, maar van God afhanklik te bly.

Deur te bly vertrou in só ‘n krisis, bring ‘n mens by ‘n beter verstaan van hoe God werk, trouens van Wie Hy is, en leer jou om Hom met nuwe oë raak te sien.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: