Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil

Twee groepe mense word beskryf in dié Psalm: dié wat op God vertrou (regverdiges) en dié wat goddeloos is.

Let op dat die goddeloses hier met ’n verskeidenheid terme in vers 6-7 beskryf word: hooghartiges, onreg-doeners, leuenaars, moordenaars en bedrieërs.  Dawid ervaar hulle nog verder in vers 10 as mense wat onwaarhede verkondig, en in die proses sy ondergang beplan deur hom te vlei, maar in werklikheid sy dood te beplan.  Dit is nie net wat hulle doen nie, maar ook wat hulle sê (sins of speech – soos Craigie dit noem).  In wese, sê Dawid, is dié manier van lewe ’n opstand teen God (vers 11), soos inderdaad alle sondes in hulle wese is.

Daarenteen word dié wat op God vertrou, eers in die laaste vers as regverdiges beskryf, anders as wat ’n mens sou verwag.  Let op hoe Dawid staat maak op God as Koning wat na hom sal luister as hy sug, roep en bid (vers 2-3) en op God wag (vers 4).  Dit is deur God se groot liefde wat hy in staat is om in God se huis in te gaan en voor Hom te buig en aan Hom respek en eerbied te betoon.  Terloops: dit kon tydens die tyd van die môre-offer gebeur het (vers 4 – Eks 29) of as deel van sy “stiltetyd”.

Dawid maak dus staat op die regverdigheid wat God gee aan dié wat Hom soek en op Hom wag.  Let op hoe hy by God pleit om hom te leer wat reg is, en te help om sy wil te doen, WANT hy het baie vyande wat hom juis van dié pad af kan weghou (vers 9)!  Let op dat sy vrees nie net is dat hy die verkeerde sal doen nie, maar dat hy soos sy vyande sal word.

Daar is dus geen valse vertroue op sy eie waarde of vermoë voor God nie, slegs ’n reslose vertroue op wat God in sy lewe kan doen, om hom te bewaar van die lewenstyl van sy vyande, en die gebed dat God vir almal wat by Hom skuil vreugde en beskerming sal bied.

Dat hy dus in vers 13 oor die regverdiges se  voorspoed en beskerming skryf, is ’n gevolg van God se teenwoordigheid in hulle lewe, nie oor die een of ander intrinsieke waarde wat hulle in leer en lewe het nie.

Ek mediteer vandag oor: “Laat almal wat by U skuil, bly wees.” –vers 12

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: