Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers
Hierdie pelgrimslied fokus op die teenstand wat gelowiges van goddelose moet verduur en prys die Here vir die verlossing wat Hy telkens bring. Hy gebruik op innemende wyse ploeg – en oes metafore om aan die een kant ‘n prentjie van verlossing uit verdrukking en aan die ander kant verguising vir verdrukkers te skets.
VERLOSSING UIT VERDRUKKING: Die liturg in Jerusalem begelei die pelgrims – “laat Israel dit sê” – om hulle pyn te verwoord (vers 1-4). Hy skets ‘n prentjie van verdrukking wat waarskynlik die ballingskap as agtergrond het, maar ook op ander situasies van toepassing gemaak kan word.
Dié verdrukking was van hulle jeug af, maar hulle kan getuig dat die Here regverdig was, en hulle nooit volledig oorwin is nie. Al het die aanvallers metafories soos ploeërs lang ploegvore oor hulle rug getrek, die Here het die harnas van die goddelose mense se toue waarmee hulle vasgebind was, losgesny.
Hier het hulle waarskynlik gedink aan al die verskillende oorloë wat teen Israel deur die geskiedenis gevoer is, waaruit die Here hulle telkens verlos het. Maar, enigeen sou ook sy eie verdrukking hierin kon inlees en die Here vir verlossing kon prys.
VERGUISING VIR VERDRUKKERS: Die liturg in Jerusalem begelei tegelykertyd die pelgrims om die verguising wat God belowe vir verdrukkers te verwoord (vers 5-8). Vir almal wat Sion haat – en hulle daarmee as God se teenstanders identifiseer – word beskaming en verydeling toegebid. Met vier verdere oes metafore spel hy dié verguising uit:
- “Mag hulle wees soos gras op dakke, wat verdroog voordat dit uitgetrek word.” Selfs die belofte van ‘n oes moet nooit van hulle waar wees nie. Hulle moet verdroog voordat daar ‘n oes is.
- “Mag hulle … nooit die handpalm vul van een wat oes.” Só vrugteloos moet hulle lewens wees dat daar nie genoeg van hulle lewens kom wat ‘n mens kan oes nie.
- “Mag hulle nooit … die vou van die kleed van een wat gerwe bind(, vul) nie.” Die koring is afgesny en gebêre in die sak voor in die klere wat hulle gedra het, totdat hulle dit in gerwe gebind het. Dit bevestig die vorige gebed dat die nalatenskap van hulle lewens tot niks sal kom.
- Die slegste uiteinde word gevra in die laaste vers: “Mag verbygangers nooit sê nie: ‘Die seën van die Here vir julle; ons seën julle in die Naam van die Here.’” Die gebruik was dat verbygangers die snyers seën – soos ons in Rut se verhaal lees dat Boas met sy snyers doen en hulle terug aan hom (Rut 2:4) – maar juis hierdie seën word die goddeloses ontsê, beide in terme van die gemeenskap as die Here self se seën.
Pelgrims kon hulle lewensreis voortsit met die wete dat God nie net hulle pyn en swaarkry raak sien nie, maar dat Hy ook regverdig is om die verdrukkers hulle verdiende loon te laat kry.
Paulus gaan in Romeine 12 nóg verder, en laat selfs die gebed vir verguising van Psalm 129 agter – Jesus het immers die moontlikheid van vergifnis selfs vir vyande gebring – maar steeds sê dat God se regverdigheid uiteindelik oor alles sal triomfeer: “17Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: ‘Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,’ sê die Here.”
Daarop kan ons staatmaak en goed bly doen, selfs vir ons verdrukkers: “20’As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.’ 21Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”
View all posts in this series
- BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150 - August 20, 2015
- Die praktiese waarde van die Psalms - August 31, 2015
- Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)
- Hoe om die Psalms te lees
- Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie - September 1, 2015
- Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke - September 2, 2015
- Psalm 109 – U is goed en getrou, moet U nie doof hou nie - September 3, 2015
- Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster - September 4, 2015
- Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar - September 7, 2015
- Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding - September 8, 2015
- Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan - September 9, 2015
- Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte - September 10, 2015
- Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe - September 11, 2015
- Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede - September 14, 2015
- Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons - September 15, 2015
- Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie - September 16, 2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - September 17, 2015
- Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse
- Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde - September 18, 2015
- Psalm 119:17-24 – GIMEL: God se woorde is raadgewers wat insig gee - September 21, 2015
- Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig - September 22, 2015
- Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom - September 23, 2015
- Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid - September 24, 2015
- Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg - September 25, 2015
- Psalm 119:57-64 – GET – U, Here, is my deel; U troue liefde vul die aarde - September 28, 2015
- Psalm 119:65-72 – TET – U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte - September 29, 2015
- Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee - September 30, 2015
- Psalm 119:81-88 – KAF – Op u woord wag ek sodat ek dit kan nakom - October 1, 2015
- Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas - October 2, 2015
- Bydraes hervat Maandag 12 Oktober - October 6, 2015
- Psalm 119:97-104 – MEM – Insig in God se openbaring kom deur gehoorsaamheid - October 12, 2015
- Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar - October 13, 2015
- Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging - October 14, 2015
- Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid - October 15, 2015
- Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig - October 16, 2015
- Psalm 119:137-144 – TSADE – My ywer vir u woorde verteer my wanneer my teenstanders dit vergeet - October 19, 2015
- Psalm 119:145-152 – KOF – Op u woorde wag ek - October 20, 2015
- Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid - October 21, 2015
- Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings - October 22, 2015
- Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof - October 23, 2015
- Psalm 120 – Here, bevry my van bedrieglike tonge - October 26, 2015
- Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie - October 27, 2015
- Psalm 122 – Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem - October 28, 2015
- Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is - October 29, 2015
- Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk - October 30, 2015
- Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte - November 2, 2015
- Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai. - November 3, 2015
- Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan - November 4, 2015
- Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg! - November 5, 2015
- Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers - November 6, 2015
- Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem - November 9, 2015
- Psalm 131 – Groot dade en wonderwerke kom van God af - November 10, 2015
- Psalm 132 – Here, laat u gesalfde se kroon skitter - November 11, 2015
- Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges - November 12, 2015
- Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion - November 13, 2015
- Psalm 135 – God is goed; God is groot; God sorg vir sy volk - November 16, 2015
- Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde - November 17, 2015
- Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde - November 18, 2015
- Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag - November 19, 2015
- Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees - November 20, 2015
- Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars - November 23, 2015
- Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig - November 24, 2015
- Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof - November 27, 2015
- Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond - November 30, 2015
- Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is - December 1, 2015
- Psalm 145 – Die Here is goed vir almal - December 2, 2015
- Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan - December 3, 2015
- Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het - December 4, 2015
- Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde - December 7, 2015
- Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld - December 8, 2015
- Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof! - December 9, 2015
- Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat - December 10, 2015
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.