Psalm 67 – Geseën om te seën

Psalm 67 is ’n Psalm wat in ’n neutedop saamvat wat God se doel is nie net met sy volk nie, maar ook wat sy doel met alle nasies is. God seën mense om tot ’n seën te wees vir ander, sodat hulle Hom kan eer.

Let op hoe die gebed in vers 2-3 albei kante insluit: “Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.”  God se seën is bedoel om Sy teenwoordigheid op aarde bekend te stel en as ’n teken daarvan te dien, soos die vorige Psalm ook oor gebedsverhoring uitspel.

Die opgewonde verwagting van God se ingrype en verbintenis om daarvan te vertel, lei tot ’n verdere dubbel-herhaalde gebed (vers 4 en 6) dat dié dade van God mag lei daartoe dat alle nasies Hom sal loof.  Die spits daarvan is: “Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer”! (vers 5).

Let op dat daarmee die versugting van tallose mense regoor die aarde in die gebed opgeneem word, dat mense in God die geregtigheid sal vind waarna hulle smag.  Dít is dus ’n gebed waarvoor ons onsself kan en moet gee.

Die Psalm eindig met lof vir die wyse waarop God ook in die land sy seën laat blyk met die oes op die regte tyd.  Maar selfs dít is bedoel as getuienis van God se teenwoordigheid vir die mense op die hele aarde! (vers 8).

Die Psalm sluit dus volledig aan by God se doel met die mens van die begin af:

  • Adam en Eva – God tree met hulle in ’n verhouding, seën hulle (Gen. 1:28 vv) en maak hulle vrugbaar sodat hulle die aarde kan bewoon, bewerk en bewaar as God se verteenwoordigers.  Sy seën aan hulle moet lei tot ’n seën van die wêreld.
  • Noag en sy mense – God seën hulle (Gen. 9:1 vv) en maak hulle vrugbaar sodat hulle die aarde kan bewoon en as God se verteenwoordiger kan optree op die aarde.
  • Abraham en sy nageslag – God laat hom uittrek uit sy land en van sy mense af na die land toe wat Hy vir hom aanwys met die belofte: “Ek sal jou seën ..” en die opdrag: “Jy moet tot ’n seën wees.” (Gen. 12:2 vv).
  • God se volk – Dit bly die droom vir die volk van God regdeur die OT, soos Jesaja 19:24 dit onder andere uitspel, dat die volk só met God sal wandel, dat hulle dit sal regkry om: vir die aarde tot ’n seën wees.”

Jesus sluit ook by dié gedagtegang aan in Sy Bergrede, maar neem dit nog ’n stappie verder: Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;  seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.  As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word. (Matt. 6:27-31).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: