Skip to main content

Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied

Psalm 9 en 10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm omdat elke versreël van die gekombineerde twee Psalms min of meer met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin.  Psalm 10 het ook nie ’n opskrif nie, wat ongewoon in die eerste Psalmboek is. ’n Mens noem só ’n Psalm akrosties, soos dit bv in Psalm 119 die geval is.    Elke Psalm dek ongeveer 10 letters van die Hebreeuse alfabet, waarvan elke eenheid vier versreëls het, hoewel daar uitsonderings is.

Die opskrif is moeilik vertaalbaar, maar dit is waarskynlik ‘n verwysing na ‘n wysie of musiekstyl. Die Hebreeuse frase  “met die dood van die seun” (dws volgens ‘n bekende wysie van daardie tyd – waarskynlik word Absalom bedoel) kan ook verstaan word as “met jong vroue-stemme ” (soprane) soos dit die geval is in Psalm 46:1 en 1Kron 15:20 (NAV vertaal daar met “hoë toon”).

Hier is ’n opsomming van die inhoud volgens die voorgestelde akrostiese struktuur, en opgedeel in 4 gedagte-eenhede:

1. God is regverdig en wreek die dood van onskuldiges

  • 9:2-3 – Met my hele hart wil ek U prys.
  • 9:4-5 – U laat reg aan my geskied.
  • 9:6-7 – Niemand dink eers meer aan die vyand nie.
  • 9:8-9 – God lewer regverdige uitsprake oor die nasies.
  • 9:10-11 – Die Here is ’n toevlug in gevaar vir dié wat Hom vertrou.
  • 9:12-13 – God wreek die dood van die onskuldiges.

2.  Wees my weer genadig en gryp tog in

  • 9:14-15 – Wees my genadig en red my weer van die dood
  • 9:16-17 – God laat reg geskied deur die skuldiges met hulle eie handewerk te vang.
  • 9:18 – Die dood is jou voorland as jy aan God nie dink nie.
  • 9:19-21 – Gryp tog in, Here, dat mense U kan erken.

3.  Kom tog, Here!  Toon u mag, o God!

  • 10:1-3b – Waarom staan U so ver weg, Here?  Die goddelose verlustig hulle in hulle planne.
  • 10:3c-5a – Die goddelose verag U Here en dink U sal nie rekenskap eis nie.
  • 10:5b-6 – Die goddelose dink: ek sal nie wankel nie.
  • 10:7-8b – Die goddelose bedink onheil en onreg.
  • 10:8c-9 – Die goddelose loer watter hulpelose hy kan vang.
  • 10:10-11 – Die goddelose slaan die armes, want hy dink U sien dit nie raak nie.
  • 10:12-13 – Kom tog, Here! Toon u mag, o God!

4.  U gee nuwe moed, wat U laat reg geskied en verhoor gebede

  • 10:14 – U het die hele tyd alles gesien en maak daar ’n einde van.
  • 10:15-16 – Verbreek die magsgreep van die goddelose en die misdadiger.
  • 10:17-18 – U gee nuwe moed, want U verhoor gebed, en laat reg geskied.

Die goddelose word in hierdie Psalm as praktiese ateïste geteken, mense wat nie noodwendig regtig glo dat daar nie ’n God is nie, maar Hom nie in die praktyk van die lewe raaksien of wil raaksien nie.  Neus in die lug sê die goddelose: “God vra tog geen rekenskap nie!” (10:4).  “Hy kyk weg, Hy sal dit (sy wandade)  nooit raaksien nie.” (10:11).

Daarmee vat hy nie die geloof in God noodwendig aan nie, maar die praktiese nut van geloof in die alledaagse lewe.  Daarmee word ook die konsepte van moraliteit en geregtigheid weggegooi – “survival of the fittest”!  Swakkes en hulpeloses is daar om uitgebuit te word.

Dit bring die geloof van die Psalmis onder erge druk, omdat hy ly onder die aanslag van die goddeloses, nie net in terme van sy geloof in God nie, maar in sy geloof dat dié God optree in die nood, en ’n toevlug is vir dié wat in die nood is.

Weereens, soos in vele ander Psalms, kom die verandering in die Psalmis se gemoed nie in die eerste plek uit omstandighede wat verander het nie, maar uit die geloofsbelydenis dat die Here altyd koning bly, en dat Hy sal optree, soos Hy in die verlede telkemale al bewys het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda