Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
Die opskrif is moeilik vertaalbaar, maar dit is waarskynlik ‘n verwysing na ‘n wysie of musiekstyl. Die Hebreeuse frase “met die dood van die seun” (dws volgens ‘n bekende wysie van daardie tyd – waarskynlik word Absalom bedoel) kan ook verstaan word as “met jong vroue-stemme ” (soprane) soos dit die geval is in Psalm 46:1 en 1Kron 15:20 (NAV vertaal daar met “hoë toon”).
Hier is ’n opsomming van die inhoud volgens die voorgestelde akrostiese struktuur, en opgedeel in 4 gedagte-eenhede:
1. God is regverdig en wreek die dood van onskuldiges
- 9:2-3 – Met my hele hart wil ek U prys.
- 9:4-5 – U laat reg aan my geskied.
- 9:6-7 – Niemand dink eers meer aan die vyand nie.
- 9:8-9 – God lewer regverdige uitsprake oor die nasies.
- 9:10-11 – Die Here is ’n toevlug in gevaar vir dié wat Hom vertrou.
- 9:12-13 – God wreek die dood van die onskuldiges.
2. Wees my weer genadig en gryp tog in
- 9:14-15 – Wees my genadig en red my weer van die dood
- 9:16-17 – God laat reg geskied deur die skuldiges met hulle eie handewerk te vang.
- 9:18 – Die dood is jou voorland as jy aan God nie dink nie.
- 9:19-21 – Gryp tog in, Here, dat mense U kan erken.
3. Kom tog, Here! Toon u mag, o God!
- 10:1-3b – Waarom staan U so ver weg, Here? Die goddelose verlustig hulle in hulle planne.
- 10:3c-5a – Die goddelose verag U Here en dink U sal nie rekenskap eis nie.
- 10:5b-6 – Die goddelose dink: ek sal nie wankel nie.
- 10:7-8b – Die goddelose bedink onheil en onreg.
- 10:8c-9 – Die goddelose loer watter hulpelose hy kan vang.
- 10:10-11 – Die goddelose slaan die armes, want hy dink U sien dit nie raak nie.
- 10:12-13 – Kom tog, Here! Toon u mag, o God!
4. U gee nuwe moed, wat U laat reg geskied en verhoor gebede
- 10:14 – U het die hele tyd alles gesien en maak daar ’n einde van.
- 10:15-16 – Verbreek die magsgreep van die goddelose en die misdadiger.
- 10:17-18 – U gee nuwe moed, want U verhoor gebed, en laat reg geskied.
Die goddelose word in hierdie Psalm as praktiese ateïste geteken, mense wat nie noodwendig regtig glo dat daar nie ’n God is nie, maar Hom nie in die praktyk van die lewe raaksien of wil raaksien nie. Neus in die lug sê die goddelose: “God vra tog geen rekenskap nie!” (10:4). “Hy kyk weg, Hy sal dit (sy wandade) nooit raaksien nie.” (10:11).
Daarmee vat hy nie die geloof in God noodwendig aan nie, maar die praktiese nut van geloof in die alledaagse lewe. Daarmee word ook die konsepte van moraliteit en geregtigheid weggegooi – “survival of the fittest”! Swakkes en hulpeloses is daar om uitgebuit te word.
Dit bring die geloof van die Psalmis onder erge druk, omdat hy ly onder die aanslag van die goddeloses, nie net in terme van sy geloof in God nie, maar in sy geloof dat dié God optree in die nood, en ’n toevlug is vir dié wat in die nood is.
Weereens, soos in vele ander Psalms, kom die verandering in die Psalmis se gemoed nie in die eerste plek uit omstandighede wat verander het nie, maar uit die geloofsbelydenis dat die Here altyd koning bly, en dat Hy sal optree, soos Hy in die verlede telkemale al bewys het.
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - Oct 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - Oct 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - Oct 14, 2011
- Historiese raamwerk - Oct 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - Oct 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - Oct 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - Oct 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - Oct 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - Oct 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - Oct 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - Oct 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - Oct 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - Nov 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - Nov 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - Nov 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - Nov 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - Nov 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - Nov 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - Nov 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - Nov 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - Nov 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - Nov 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - Nov 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - Nov 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - Nov 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - Nov 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - Nov 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - Nov 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - Nov 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - Nov 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - Nov 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - Nov 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - Nov 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - Sep 12, 2012
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - Jan 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - Jan 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - Jan 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - Jan 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - Jan 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - Feb 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - Feb 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - Feb 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - Feb 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - Feb 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - Feb 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - Feb 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - Feb 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - Feb 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - Feb 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - Feb 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - Feb 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - Feb 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - Feb 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - Feb 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - Feb 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - Feb 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - Feb 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - Feb 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - Feb 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - Mar 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - Mar 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - Mar 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - Mar 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - Dec 11, 2015