Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U

Die Psalm word in die eerste vers as ’n Belydenis beskryf.  Die woord word deur die meeste geleerdes as ’n eienaam verstaan, Jedútun (ook Ps 62:1; 77:1 – kyk in OAV), een van Dawid se musiekleiers, soos in 1 Kronieke 9:16; 16:38,41 vermeld word – soos dit ook die geval is met Asaf (Ps 50:1; 73:1; 78:1; 79:1; 82:1) en Heman (Ps 88:1 – kyk in NIV) wat ook só in die Psalms genoem word.

Die Psalm wys hoe uiters belangrik nadenke en gebed is vir iemand wat worstel met die impak wat slegte mense op hulle lewe het.  Om in direkte gesprekke met sulke mense te gaan, bring eerder meer konflik as wat dit oplossing bring.  Maar om jou wroeging en ontsteltenis nou net weer in te hou, en niks te sê nie, maak ’n mens weer siek van binne.

Twee optredes het meriete in sulke situasies.

  • Refleksie en nadenke: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe …” (vers 2) – dit wil lyk asof Dawid al oud is (vgl vers 5) en terugdink oor sy lewe, en natuurlik ook nadink oor sy naderende dood – en
  • Indringende smekende gebed – dit is met God wat elke emosie wat ’n mens ervaar deur gesels moet word (Fil 4:6-7).

Vers 2-4: Dawid beskryf sy binnekant

Let op hoe hy die geloofsgewoonte van stilbly beoefen, omdat hy geleer het dat om te praat  nie altyd die gewenste uitwerking het nie, en dit hom in die versoeking bring om self te sondig met wat hy sê, hetsy teenoor die slegte mense of teenoor God, wat die konflik net kan vererger.

Maar, stilbly kan ’n mens ook net só ver help.  Groot wroeginge raak soos ’n vuur in jou hart wat jou van binne af verteer.  Daarom moet iets uit …

Vers 5-7: Dawid dink terug oor sy lewe

Dawid dink dan terug oor sy lewe en beskryf die verganklikheid daarvan, steeds sonder om iets onvanpas te sê, deur bv God aan te kla oor die impak wat slegte mense op hom het.  Die vertaling “U het bepaal dat my dae min sal wees” beteken eintlik “U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak”, wat een van die kleinste mates was waarmee die Jode iets gemeet het – vier vingers breed.  Dit dui baie poëties die verganklikheid van sy en ons lewens aan.  Ironies genoeg laat dit hom besef dat kwaad word eintlik sinloos is – die lewe is te kort en om dit in wroeging oor slegte mense te spandeer, is dom.

Vers 8-14: Dawid bid tot God

Hier begin Dawid se smeking waarin hy die hoop van sy lewe deur worstel met God.  Terwyl hy wel vra dat hy van teëstanders en dwase verlos sal word, is sy verwagting uiteindelik net in God se besluit en optrede geleë.  En vra hy dat hy weer blydskap sal ervaar in God se teenwoordigheid.

Want hy hou rekening daarmee dat niks van wat hy ervaar buite God se betrokkenheid by sy lewe gebeur nie.  En soos Richard Niebuhr gesê het:  “God is acting in all actions upon you.  So respond to all actions upon you as to respond to His action.” (The Responsible Self).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d