Skip to main content

Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U

Die Psalm word in die eerste vers as ’n Belydenis beskryf.  Die woord word deur die meeste geleerdes as ’n eienaam verstaan, Jedútun (ook Ps 62:1; 77:1 – kyk in OAV), een van Dawid se musiekleiers, soos in 1 Kronieke 9:16; 16:38,41 vermeld word – soos dit ook die geval is met Asaf (Ps 50:1; 73:1; 78:1; 79:1; 82:1) en Heman (Ps 88:1 – kyk in NIV) wat ook só in die Psalms genoem word.

Die Psalm wys hoe uiters belangrik nadenke en gebed is vir iemand wat worstel met die impak wat slegte mense op hulle lewe het.  Om in direkte gesprekke met sulke mense te gaan, bring eerder meer konflik as wat dit oplossing bring.  Maar om jou wroeging en ontsteltenis nou net weer in te hou, en niks te sê nie, maak ’n mens weer siek van binne.

Twee optredes het meriete in sulke situasies.

  • Refleksie en nadenke: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe …” (vers 2) – dit wil lyk asof Dawid al oud is (vgl vers 5) en terugdink oor sy lewe, en natuurlik ook nadink oor sy naderende dood – en
  • Indringende smekende gebed – dit is met God wat elke emosie wat ’n mens ervaar deur gesels moet word (Fil 4:6-7).

Vers 2-4: Dawid beskryf sy binnekant

Let op hoe hy die geloofsgewoonte van stilbly beoefen, omdat hy geleer het dat om te praat  nie altyd die gewenste uitwerking het nie, en dit hom in die versoeking bring om self te sondig met wat hy sê, hetsy teenoor die slegte mense of teenoor God, wat die konflik net kan vererger.

Maar, stilbly kan ’n mens ook net só ver help.  Groot wroeginge raak soos ’n vuur in jou hart wat jou van binne af verteer.  Daarom moet iets uit …

Vers 5-7: Dawid dink terug oor sy lewe

Dawid dink dan terug oor sy lewe en beskryf die verganklikheid daarvan, steeds sonder om iets onvanpas te sê, deur bv God aan te kla oor die impak wat slegte mense op hom het.  Die vertaling “U het bepaal dat my dae min sal wees” beteken eintlik “U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak”, wat een van die kleinste mates was waarmee die Jode iets gemeet het – vier vingers breed.  Dit dui baie poëties die verganklikheid van sy en ons lewens aan.  Ironies genoeg laat dit hom besef dat kwaad word eintlik sinloos is – die lewe is te kort en om dit in wroeging oor slegte mense te spandeer, is dom.

Vers 8-14: Dawid bid tot God

Hier begin Dawid se smeking waarin hy die hoop van sy lewe deur worstel met God.  Terwyl hy wel vra dat hy van teëstanders en dwase verlos sal word, is sy verwagting uiteindelik net in God se besluit en optrede geleë.  En vra hy dat hy weer blydskap sal ervaar in God se teenwoordigheid.

Want hy hou rekening daarmee dat niks van wat hy ervaar buite God se betrokkenheid by sy lewe gebeur nie.  En soos Richard Niebuhr gesê het:  “God is acting in all actions upon you.  So respond to all actions upon you as to respond to His action.” (The Responsible Self).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda