Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee

Psalm119-jodDie tiende deel van die Psalm is ryk aan betekenis.  Om die waarheid te sê, daar is verskillende vertalings moontlik by ‘n hele paar woorde wat verskillende dimensies van die betekenis van die Psalm na vore bring.

Die eerste interessante veelvlakkige betekenis is in vers 73 waar die Psalmis sê: “Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm.” (NAV – “toeberei” in OAV).  Die laaste woord (kûn in Hebreeus) kan egter ook vertaal word in die betekenis van: “aan my ‘n plek gee” (BDV) of in die sin van “vestig” of “bevestig” (“establish” – LEB).  Dit beteken dat die eerste deel van dié vers God se skeppende werk in ons geboorte bevestig, sowel as sy voortgaande werk in terme van ons “vorming”, “bevestiging” en selfs die “plek” wat Hy vir ons in die lewe gee.

Maar, dit is nie al nie.  Ná dié belydenis van God se skeppende en vormende werk in sy lewe, bid die Psalmis dan in die tweede plek: “maak my verstandig, dat ek u bevele kan leer.” (BDV).  Hy wil as’t ware voltooi word, meer insig in God se wil bekom, sodat sy lewe op alle vlakke aan God se visie vir hom kan beantwoord.  Soos die NAV vertaal: “Gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan.”  En soos Peterson dit effens anders vertaal: “now breathe your wisdom over me so I can understand you.” (The Message).

God se kreatiewe werk in ons word dus voortgesit deur ‘n al hoe beter begrip en bemeestering van sy wil, soos uitgedruk in sy bevele (mizwôt – “commandments”).  En die effek daarvan is nie net ‘n al hoe meer volwasse moreel-etiese persoonlike lewe vir die Psalmis nie, maar ook ‘n publieke getuienis aan die geloofsgemeenskap: “Hulle wat vir U ontsag het, sien my en is bly, want op u woord wag ek.” (BDV).

Elkeen wat die Here dien, kan moed skep uit die feit dat ook die Psalmis se insig deur God self gevorm word, dat dit sigbaar is, en dat dit van groei getuig.  Die sigbare groei steek die hoop by hulle aan dat dit ook vir hulle waar kan wees.  Soos Paulus veel later vir Timoteus sou sê: “Lê jou toe op hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vordering vir almal duidelik kan wees … Want sodoende sal jy jouself red en ook hulle wat na jou luister.” (1 Tim. 4:15-16).

Die getuieniskrag van sy lewe laat die Psalmis dus anders kyk na die Here se beslissings.  Dit hou vier aspekte in:

  1. Hy erken God se beslissings omdat dit sy getuienis vorm. Hy weet God is regverdig, en as daar vir hom vernedering langs die pad is, gebeur dit nie buite-om God se getrouheid nie.  Om die waarheid te sê, swaarkry is deel van God se getrouheid.  Nie net bewaar Hy ons daarin nie – of dit nou weens ons eie skuld of die skuld van ander is.  God gebruik dit as deel van ons getuienis aan die geloofsgemeenskap wat ander laat moed skep om hulle eie pad na volwassenheid met die Here te loop.  Dié erkenning is lewensnoodsaaklik vir groei in jou lewe.
  2. Hy bid vir konkrete bewyse van God se troue liefde. Hy bid dat die troue liefde van die Here steeds vir hom tot ‘n troos sal wees, in antwoord op die beloftes van die Here in dié verband. Trouens hy wil God se ontferming konkreet in sy lewe ervaar, sodat sy vreugde in die wet geëggo kan word in sy lewensvreugde, veral omdat die vermeteles en hovaardiges hom veronreg met leuens terwyl hy probeer om sy lewe in te rig volgens sy verdieping in God se woorde.  Ons mag dus hiervoor vra.
  3. Hy bid ook dat die Here vir hom mense sal gee om hom te ondersteun.Laat hulle wat vir U ontsag het, na my terugkeer, ja, hulle wat u bepalings ken.”  Die geloofsgemeenskap is van onskatbare waarde in ‘n volhardende geestelike lewe.
  4. Hy bid dat die Here self in sy lewe, veral sy hart, sal werk. Dit is die belangrikste van alles.  Hy bid dat die Here self sal keer dat hy beskaam word in sy lojaliteit aan God: “Laat my hart onberispelik aan u voorskrifte hou.

Inderdaad – my gebed ook vir myself vir hierdie dag.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d