WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges

Psalm 34-37 staan bekend as wysheidPsalms omdat dit veral onderrig gee in die wyse waarop ‘n mens wys kan lewe.  Ook hierdie Psalms vertoon ’n chiastiese patroon.  Psalm 34 en 37 is weereens akrostiese Psalms (elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet) wat die wysheid om in God se teenwoordigheid te lewe besing en aan die gemeenskap van gelowiges onderrig gee daarin.  Psalm 35 en 36 is gebede om verlossing van mense wat goddeloos lewe, dws dwaas en onwys kies om nie in God se teenwoordigheid te lewe nie en in wie se lewe die opstand teen God die laaste woord het (Ps 36:2 – onthou Ps 1,2)!

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Liewe Pastoor
    Ek is reeds 57, het 1 jaar Pastoraal gedoen toe ek nog deel was van AGS.
    Ek het ‘n passie vir God en wat Hy al in my lewe vermag het. Ek het 2 jaar terug op pensioen gegaan en gesê ek gaan meer tyd in die Woord spandeer – ek kom tekort. Dit is asof ek net nie behoorlike wegspringplek kan kry of eerder struktuur het nie.
    Gedink om aanstaande jaar Teologie by Universiteit te gaan studier – dan dink ek aan die Hebreeus en die spanning van eksamen skryf, dan twyfel ek weer.
    As ek net ‘n behoorlike struktuur het wat kan sê hier begin jy, die werkstukke moet jy doen – en natuurlik sal ek wil werk om ‘n ‘titel’ aan die studies te gee.
    Ek vra eintlik raad asseblief.

    • Hi Linda
      1. My Bybelskool gaan jou net help om die Bybel hoofstuk-vir-hoofstuk “geestelik” te lees. Ek behandel altyd ‘n paar inleidingsvrae, maak eksegetiese opmerkings oor die teks en gee soms ‘n bietjie meer hermeneutiese en sistematiese perspektiewe. Dit is egter nie in die eerste plek ‘n akademiese aanpak nie. Ek sal waarskynlik as ek DV al die Bybelboeke deurgewerk het – einde 2016 is die voorlopige beplanning – ‘n een- tot driejaar leesplan ontwerp met ‘n meer oorhoofse leesstrategie. Dit is egter nou nog toekomsmusiek.
      2. Ek sou wel vir jou ‘n plan kon uitwerk hoe om bv. die NT aan te pak. Ek wil in elk geval êrens ‘n inleiding vir die NT skryf wat ‘n invalshoek kan gee vir my hantering van die NT boeke. Dit sal egter nie werkstukke en sulke meer akademiese onderrigmetodieke op dié stadium kan behels nie, weens tydsdruk en akkreditasie vereistes. Miskien is daar ander lesers wat ook belangstel?
      3. Ek wonder of South African Theological Seminary (SATS) nie vir jou ‘n goeie moontlikheid is nie? Hulle bied afstandsonderrig aan en ‘n wye reeks van sertifikaat- en graadkursusse, bv. hierdie B.Th. kursus. Jy sal daarmee goed in die Bybel onderrig word, saam met ‘n paar ander onderwerpe, en kan, belangrik, die Hebreeus en Grieks vermy, as jy sou wou. Daar is ook ander opsies op die Internet beskikbaar, maar SATS is geakkrediteer, en ‘n goeie vriend en Kweekskool klasmaat, Johannes Malherbe, is immers die hoof van die nagraadse afdeling.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: