Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond

Psalm143Daar is verskillende interpretasies van die konteks van Psalm 143.  Dit kan wees dat dié Psalm steeds in die konteks van die grot gebid word, as ‘n mens vers 4 vergelyk met vers 4 in Ps. 142 waar min of meer dieselfde taal gebruik word.

Baie verklaarders dink egter dat juis die smeekbede in vers 1 en die versoek in vers 8 dui op ‘n gebed in die tempel waarin die Here se aangesig gesoek is binne ‘n moeilike situasie, waarin Dawid se vyande hom agtervolg om hom te verpletter.  Uit Dawid se lewensverhaal weet ons van vele sulke gevalle, selfs van die opstand van sy eie seun, Absalom.

Die Psalm is liturgies in Gereformeerde kringe as een van die sogenaamde boetepsalms in die Psalmboek  hanteer (Ps. 6; 32; 38; 51; 102; 130; 143) veral as gevolg van die belydenis in vers 2 dat: “niemand wat leef, is voor U regverdig nie.” (BDV).

Let op dat Dawid sy smeekgebed nie op enige manier op sy onskuld baseer nie, maar op die Here se trou en regverdigheid.  Dit is ‘n fundamentele belydenis van die geloof dat ons van God se genade afhanklik is.  Ons sien eggo’s hiervan in die helder uitsprake in Paulus se brief aan die Romeine waar hy dieselfde sentimente aan die vryspraak in Christus koppel (Rom. 1:16-17; 3:20-21).

Dit bid Dawid baie doelbewus in die twee dele van die Psalm – vers 1-7 en 8-12 – wat met ‘n Sela aan die einde van vers 7 aangedui word.  Sy vertroue is op God en daarom wil Hy ‘n antwoord van God hê in sy nood.  Vergelyk vers 1: “Antwoord my in u trou met u regverdige optrede,” en vers 8: ”Laat ek in die môre van u troue liefde bewus word, want op U vertrou ek.

Sy vertroue word gebaseer op God se dade, nie net in sy eie lewe nie, maar ook dié van “dae lank gelede,” waarin God juis die werk van sy hande geopenbaar het sodat almal dit kan sien.  Daarom strek hy sy hande uit na God en bid hy dat die Here hom tog gou sal antwoord en sy gesig nie vir hom sal verberg nie: “my gees is gedaan.

Let daarom veral op hoe hy in kontras met sy eie gees wat gedaan is, bid dat hy nie net van God se troue liefde in die môre – waarskynlik na ‘n nag van bid vóór die Here in die tempel – bewus sal word nie, maar ook deur die Here die pad gewys sal word wat hy moet loop: “Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is … U goeie Gees moet my lei op gelyk grond.

Dit is tegelykertyd ook ‘n fundamentele belydenis, hoewel Dawid en die res van die OT gelowiges dié werklikheid nog net ten dele geken het.  Dit is God se Gees wat ons op gelyk grond laat loop, nie iets wat intrinsiek tot ons eie gees en insig behoort nie.

Die gelyk grond verwys ook nie na ‘n pad sonder uitdagings nie.  Dit bedoel maar net dat die regte onderskeiding van dié dinge waarop dit regtig aankom, dié dinge wat God se goedkeuring wegdra, gedoen kan word.

Dawid brei in die laaste twee verse uit op nóg gronde vir die verhoring van sy gebed wat vir ons ‘n goeie sinopsis gee van waarop ons ook kan staatmaak in ons gebede.  Let op die vier motiverings wat hy aanvoer op grond waarvan God hom van sy vyande moet verlos:

  • “Ter wille van u Naam, Here,”
  • “Deur u regverdige optrede,”
  • “In u troue liefde,”
  • Want ek is u dienskneg.”

Dit gaan dus oor God en God se getuienis in die wêreld, sy Naam, soos Jesus ons ook in die Ons Vader leer bid het.  Dit gaan dus oor God en God se karakter, soos Hy Hom openbaar het: ‘n regverdige en liefdevolle God wat trou bly aan gelowiges.  Dit gaan in die laaste plek tog ook oor sy verbintenis aan ons, sy diensknegte, in NT terme, sy kinders.  Daarop kan ons staatmaak ook in ons gebede.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: