Skip to main content

Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond

Psalm143Daar is verskillende interpretasies van die konteks van Psalm 143.  Dit kan wees dat dié Psalm steeds in die konteks van die grot gebid word, as ‘n mens vers 4 vergelyk met vers 4 in Ps. 142 waar min of meer dieselfde taal gebruik word.

Baie verklaarders dink egter dat juis die smeekbede in vers 1 en die versoek in vers 8 dui op ‘n gebed in die tempel waarin die Here se aangesig gesoek is binne ‘n moeilike situasie, waarin Dawid se vyande hom agtervolg om hom te verpletter.  Uit Dawid se lewensverhaal weet ons van vele sulke gevalle, selfs van die opstand van sy eie seun, Absalom.

Die Psalm is liturgies in Gereformeerde kringe as een van die sogenaamde boetepsalms in die Psalmboek  hanteer (Ps. 6; 32; 38; 51; 102; 130; 143) veral as gevolg van die belydenis in vers 2 dat: “niemand wat leef, is voor U regverdig nie.” (BDV).

Let op dat Dawid sy smeekgebed nie op enige manier op sy onskuld baseer nie, maar op die Here se trou en regverdigheid.  Dit is ‘n fundamentele belydenis van die geloof dat ons van God se genade afhanklik is.  Ons sien eggo’s hiervan in die helder uitsprake in Paulus se brief aan die Romeine waar hy dieselfde sentimente aan die vryspraak in Christus koppel (Rom. 1:16-17; 3:20-21).

Dit bid Dawid baie doelbewus in die twee dele van die Psalm – vers 1-7 en 8-12 – wat met ‘n Sela aan die einde van vers 7 aangedui word.  Sy vertroue is op God en daarom wil Hy ‘n antwoord van God hê in sy nood.  Vergelyk vers 1: “Antwoord my in u trou met u regverdige optrede,” en vers 8: ”Laat ek in die môre van u troue liefde bewus word, want op U vertrou ek.

Sy vertroue word gebaseer op God se dade, nie net in sy eie lewe nie, maar ook dié van “dae lank gelede,” waarin God juis die werk van sy hande geopenbaar het sodat almal dit kan sien.  Daarom strek hy sy hande uit na God en bid hy dat die Here hom tog gou sal antwoord en sy gesig nie vir hom sal verberg nie: “my gees is gedaan.

Let daarom veral op hoe hy in kontras met sy eie gees wat gedaan is, bid dat hy nie net van God se troue liefde in die môre – waarskynlik na ‘n nag van bid vóór die Here in die tempel – bewus sal word nie, maar ook deur die Here die pad gewys sal word wat hy moet loop: “Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is … U goeie Gees moet my lei op gelyk grond.

Dit is tegelykertyd ook ‘n fundamentele belydenis, hoewel Dawid en die res van die OT gelowiges dié werklikheid nog net ten dele geken het.  Dit is God se Gees wat ons op gelyk grond laat loop, nie iets wat intrinsiek tot ons eie gees en insig behoort nie.

Die gelyk grond verwys ook nie na ‘n pad sonder uitdagings nie.  Dit bedoel maar net dat die regte onderskeiding van dié dinge waarop dit regtig aankom, dié dinge wat God se goedkeuring wegdra, gedoen kan word.

Dawid brei in die laaste twee verse uit op nóg gronde vir die verhoring van sy gebed wat vir ons ‘n goeie sinopsis gee van waarop ons ook kan staatmaak in ons gebede.  Let op die vier motiverings wat hy aanvoer op grond waarvan God hom van sy vyande moet verlos:

  • “Ter wille van u Naam, Here,”
  • “Deur u regverdige optrede,”
  • “In u troue liefde,”
  • Want ek is u dienskneg.”

Dit gaan dus oor God en God se getuienis in die wêreld, sy Naam, soos Jesus ons ook in die Ons Vader leer bid het.  Dit gaan dus oor God en God se karakter, soos Hy Hom openbaar het: ‘n regverdige en liefdevolle God wat trou bly aan gelowiges.  Dit gaan in die laaste plek tog ook oor sy verbintenis aan ons, sy diensknegte, in NT terme, sy kinders.  Daarop kan ons staatmaak ook in ons gebede.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.