Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby
Die Psalm kan verdeel word in twee dele:
- die gebed om verlossing in vers 2-5 en
- die dankgebed vir verlossing in vers 6-9.
Vers 7-8 word in die derde persoon geskryf en herinner aan die belofte aan Dawid dat sy koningskap vir ewig sal wees (2 Sam 7), voordat in vers 9 weer na die eerste persoon teruggekeer word soos in die eerste deel van die Psalm. Dawid herinner God dus daarmee aan sy beloftes.
Vers 2-5 – U is vir my ’n toevlug
Koning Dawid is waarskynlik ver weg in die vreemde, baie bewus van die dreigende gevaar van sy vyande. Die oorspronklike Hebreeus in vers 2 wat vertaal is met: “ver uit die vreemde” lui eintlik : “van die einde van die land of aarde af”. Hy wanhoop aan sy situasie, soos dit in die Hebreeus lui: “Sy hart raak swak.”
En daar is twee behoeftes wat om voorrang spook in sy gedagtes.
- Die een behoefte is veiligheid van sy vyande – ’n hoë rotsvesting (vers 3). Hy vra God vir “’n rots wat hoër sal wees as hyself” – ’n plek wat hy nie uit eie krag kan bereik nie – waar hy veilig sal wees.
- Die ander behoefte is ’n toevlug by God – ’n blywende tuiste in sy “tent” soos dit in die oorspronklike staan (vers 4-5). Daarmee kom ‘n mens agter dat veiligheid ten diepste nie in ’n fisiese plek te vinde is nie, maar in die teenwoordigheid van die Here self. Daar wil Dawid vir ewig bly, ’n blywende tuiste vind. Hy wil skuil onder God se vleuels (vgl. Ps. 91), waarmee hy verwys na die vlerke van die gerubs in die binneste heiligdom van die tent van die Here (Eks 37).
Psalm 27:5 gebruik die metafore (rots/tent) van hierdie twee behoeftes en verbind albei aan die behoefte aan God, die eintlike behoefte van die mens.
Vers 6-9 – U vervul die wens van hulle wat u Naam eer
Hy bely van God dat God die wens vervul van hulle wat sy Naam eer – vers 6. Die woord wens kan ook as erfdeel geneem word, wat die volgende vertaling gee: “U gee (my) die erfdeel van hulle wat sy Naam eer,” waarmee aan die eenkant Dawid se voorkeur posisie as koning van die volk uitgedruk word. Hy regeer hulle land, die erfdeel van die Here. Maar aan die ander kant kan dit ook metafories bedoel word, dat God vir Hom ook gee wat ander wat sy Naam vereer het, gekry het, ’n antwoord op gebede. Dit is die erfenis van ’n verhouding met God, die kosbaarste besitting wat ’n mens kan ontvang.
Let op die rol wat geloftes speel en hoe krities belangrik die nakom van die geloftes in vers 9 uitgespel word. Geloftes is beloftes wat aan God gemaak word in tye van nood en wat in die vorm van brand- (Ps. 66:3) en lofoffers (Ps. 50:4) betaal is. Dit het dus ’n verbintenis van die bidder ingehou, gekoppel aan God se gebedsantwoorde. Selfs Paulus het só ’n gelofte gemaak en nagekom (Hand 18:18 – hy het waarskynlik sy hare laat groei, totdat die [onbekende] gebed verhoor is, en toe sy hare afgesny om sy gelofte na te kom).
Daar is ’n pragtige Babiloniese gebed wat as volg lui: “Ek bid tot U van ver, hoor my van naby.” (Tate, Word Biblical Commentary, Psalm 51-100). Dit laat ’n mens oor gebed dink as dié instrument wat die afstand tussen God en mens oorbrug, dat ín die gebedsaksie self reeds die kontak met God en sy gawes gemaak is. En dié Psalm getuig van die werklikheid daarvan.
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - October 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - October 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - October 14, 2011
- Historiese raamwerk - October 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - October 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - October 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - October 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - October 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - October 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - October 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - October 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - October 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - November 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - November 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - November 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - November 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - November 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - November 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - November 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - November 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - November 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - November 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - November 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - November 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - November 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - November 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - November 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - November 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - November 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - November 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - November 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - November 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - November 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - September 12, 2012
- Psalms 42-72 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 21, 2013
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - January 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - January 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - January 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - January 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - January 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - January 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - February 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - February 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - February 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - February 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - February 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - February 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - February 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - February 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - February 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - February 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - February 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - February 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - February 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - February 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - February 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - February 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - February 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - February 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - February 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - February 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - March 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - March 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - March 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - March 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - December 11, 2015
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Hester von Wielligh
Goeiedag!
Ek het die stuk oor ps 61 met waardering gelees. Wat is die Engels van die volgende aanhaling? “Ek bid tot U van ver, hoor my van naby.” (Tate, Word Biblical Commentary, Psalm 51-100)
Ek wil dit graag verder ondersoek.
Baie dankie en seën.
Chris van Wyk
Tate haal Mayer aan wat ‘n Babiloniese gebed aanhaal om die Psalm se betekenis te verklaar: “I call to you from distantness; hear me from nearness.” In Duits: “Ich rufe dich von ferne, höre mich von nahe.” Hier is Tate se volledige verduideliking van die betekenis van die Psalm.
The main value of this psalm probably lies in its metaphorical richness. The metaphors of the high rock, the strong tower, the perpetual dwelling in the tent of God, and the shelter under the divine wings enhance the prayer and contribute significantly to our repertoire of spiritual imagination. A well-stocked and fertile imagination is essential for spiritual strength, a strength that influences the whole being of the person and/or group that possesses it. The metaphors assist us to incorporate our own experience into the experience of prayer. Prayer should engage imagination both toward the one praying and toward God. The metaphors of the psalm pass into our own experience and expand our horizons. Walter Brueggemann has written of the Psalms:
The Psalms do not insist that we follow word for word and line by line, but they intend us to have great freedom to engage our imagination toward the Holy God.… We will take liberties as the Psalm passes by and moves out into the richness of our experience and then back into the awesome presence of God. That is the way of metaphor (Praying the Psalms [Winona, MN: Saint Mary’s Press, 1982], 35).
Without a good stock of metaphors and an active imagination, our prayers are crippled and reduced to flattened, formulaic expressions without much power.
Perhaps the dominant metaphor in the psalm is that of distance from God in v 3. A sense of far-awayness from the divine presence, an at-the-end-of the earth experience, seems to be endemic to the spiritual life from time to time (see, e.g., Pss 2:1; 10:1; 22:2, 12, 20; 35:22; 38:22 [21]; 71:12). Indeed, it is almost a continuous need: “The psalmist is here describing the human condition in existentialist terms: man constantly stands at the edge of the abyss, and only divine assistance can prevent his falling into it” (Dahood, II, 84). Werner R. Mayer discusses a provocative Babylonian prayer formula which says, “I call to you from distantness; hear me from nearness” (“ ‘Ich rufe dich von ferne, höre mich von nahe,’ ” 302–17). The formula seems to mean that prayer suspends the distantness between the supplicant and the deity. Breaking down a perceived distance and the creation of sense of nearness and presence is a major function of prayer. The Psalms are of great importance in the recognition of distantness, which results from various kinds of stress and distress, and in the closing of that gap, which threatens spiritual health and even life itself. The very recitation of psalms like 61 serves to diminish distance and enhance nearness and presence.
Tate, M.E., 1998. Psalms 51–100, Dallas: Word, Incorporated.