Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby

Hierdie kort Psalm gee ’n diep-persoonlike beskrywing van die innerlike geestelike belewenis van iemand wat in alle omstandighede met God ’n pad wil stap.  Dit is waarskynlik ’n gebed van Dawid in die tyd van sy koningskap (vgl. vers 7-8).

Die Psalm kan verdeel word in twee dele:

  • die gebed om verlossing in vers 2-5 en
  • die dankgebed vir verlossing in vers 6-9.

Vers 7-8 word in die derde persoon geskryf en herinner aan die belofte aan Dawid dat sy koningskap vir ewig sal wees (2 Sam 7), voordat in vers 9 weer na die eerste persoon teruggekeer word soos in die eerste deel van die Psalm.  Dawid herinner God dus daarmee aan sy beloftes.

Vers 2-5 – U is vir my ’n toevlug

Koning Dawid is waarskynlik ver weg in die vreemde, baie bewus van die dreigende gevaar van sy vyande.  Die oorspronklike Hebreeus in vers 2 wat vertaal is met: “ver uit die vreemde” lui eintlik : “van die einde van die land of aarde af”.  Hy wanhoop aan sy situasie, soos dit in die Hebreeus lui: “Sy hart raak swak.”

En daar is twee behoeftes wat om voorrang spook in sy gedagtes.

  • Die een behoefte is veiligheid van sy vyande – ’n hoë rotsvesting (vers 3). Hy vra God vir “’n rots wat hoër sal wees as hyself” – ’n plek wat hy nie uit eie krag kan bereik nie – waar hy veilig sal wees.
  • Die ander behoefte is ’n toevlug by God – ’n blywende tuiste in sy “tent” soos dit in die oorspronklike staan (vers 4-5).  Daarmee kom ‘n mens agter dat veiligheid ten diepste nie in ’n fisiese plek te vinde is nie, maar in die teenwoordigheid van die Here self.  Daar wil Dawid vir ewig bly, ’n blywende tuiste vind.  Hy wil skuil onder God se vleuels (vgl. Ps. 91), waarmee hy verwys na die vlerke van die gerubs in die binneste heiligdom van die tent van die Here (Eks 37).

Psalm 27:5 gebruik die metafore (rots/tent) van hierdie twee behoeftes en verbind albei aan die behoefte aan God, die eintlike behoefte van die mens.

Vers 6-9 – U vervul die wens van hulle wat u Naam eer

Hy bely van God dat God die wens vervul van hulle wat sy Naam eer – vers 6.  Die woord wens kan ook as erfdeel geneem word, wat die volgende vertaling gee: “U gee (my) die erfdeel van hulle wat sy Naam eer,” waarmee aan die eenkant Dawid se voorkeur posisie as koning van die volk uitgedruk word.  Hy regeer hulle land, die erfdeel van die Here.  Maar aan die ander kant kan dit ook metafories bedoel word, dat God vir Hom ook gee wat ander wat sy Naam vereer het, gekry het, ’n antwoord op gebede.  Dit is die erfenis van ’n verhouding met God, die kosbaarste besitting wat ’n mens kan ontvang.

Let op die rol wat geloftes speel en hoe krities belangrik die nakom van die geloftes in vers 9 uitgespel word.  Geloftes is beloftes wat aan God gemaak word in tye van nood en wat in die vorm van brand- (Ps. 66:3) en lofoffers (Ps. 50:4) betaal is.  Dit het dus ’n verbintenis van die bidder ingehou, gekoppel aan God se gebedsantwoorde.  Selfs Paulus het só ’n gelofte gemaak en nagekom (Hand 18:18 – hy het waarskynlik sy hare laat groei, totdat die [onbekende] gebed verhoor is, en toe sy hare afgesny om sy gelofte na te kom).

Daar is ’n pragtige Babiloniese gebed wat as volg lui: “Ek bid tot U van ver, hoor my van naby.” (Tate, Word Biblical Commentary, Psalm 51-100).  Dit laat ’n mens oor gebed dink as dié instrument wat die afstand tussen God en mens oorbrug, dat ín die gebedsaksie self reeds die kontak met God en sy gawes gemaak is.  En dié Psalm getuig van die werklikheid daarvan.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Hester von Wielligh

    Goeiedag!
    Ek het die stuk oor ps 61 met waardering gelees. Wat is die Engels van die volgende aanhaling? “Ek bid tot U van ver, hoor my van naby.” (Tate, Word Biblical Commentary, Psalm 51-100)
    Ek wil dit graag verder ondersoek.
    Baie dankie en seën.

    • Tate haal Mayer aan wat ‘n Babiloniese gebed aanhaal om die Psalm se betekenis te verklaar: “I call to you from distantness; hear me from nearness.” In Duits: “Ich rufe dich von ferne, höre mich von nahe.” Hier is Tate se volledige verduideliking van die betekenis van die Psalm.

      The main value of this psalm probably lies in its metaphorical richness. The metaphors of the high rock, the strong tower, the perpetual dwelling in the tent of God, and the shelter under the divine wings enhance the prayer and contribute significantly to our repertoire of spiritual imagination. A well-stocked and fertile imagination is essential for spiritual strength, a strength that influences the whole being of the person and/or group that possesses it. The metaphors assist us to incorporate our own experience into the experience of prayer. Prayer should engage imagination both toward the one praying and toward God. The metaphors of the psalm pass into our own experience and expand our horizons. Walter Brueggemann has written of the Psalms:

      The Psalms do not insist that we follow word for word and line by line, but they intend us to have great freedom to engage our imagination toward the Holy God.… We will take liberties as the Psalm passes by and moves out into the richness of our experience and then back into the awesome presence of God. That is the way of metaphor (Praying the Psalms [Winona, MN: Saint Mary’s Press, 1982], 35).

      Without a good stock of metaphors and an active imagination, our prayers are crippled and reduced to flattened, formulaic expressions without much power.
      Perhaps the dominant metaphor in the psalm is that of distance from God in v 3. A sense of far-awayness from the divine presence, an at-the-end-of the earth experience, seems to be endemic to the spiritual life from time to time (see, e.g., Pss 2:1; 10:1; 22:2, 12, 20; 35:22; 38:22 [21]; 71:12). Indeed, it is almost a continuous need: “The psalmist is here describing the human condition in existentialist terms: man constantly stands at the edge of the abyss, and only divine assistance can prevent his falling into it” (Dahood, II, 84). Werner R. Mayer discusses a provocative Babylonian prayer formula which says, “I call to you from distantness; hear me from nearness” (“ ‘Ich rufe dich von ferne, höre mich von nahe,’ ” 302–17). The formula seems to mean that prayer suspends the distantness between the supplicant and the deity. Breaking down a perceived distance and the creation of sense of nearness and presence is a major function of prayer. The Psalms are of great importance in the recognition of distantness, which results from various kinds of stress and distress, and in the closing of that gap, which threatens spiritual health and even life itself. The very recitation of psalms like 61 serves to diminish distance and enhance nearness and presence.

      Tate, M.E., 1998. Psalms 51–100, Dallas: Word, Incorporated.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: