Skip to main content

Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou

Hierdie is die laaste Psalm van die Koragiete in die 2de Psalmboek.  Dit is ook die 1ste van ’n reeks van 5 wysheidsPsalms.  Die fokus van hierdie Psalm word in vers 5 gegee.  Die Psalmis wil ’n geheimenis (raaisel) verklaar met ’n woord van wysheid (spreuk).  Dit is die raaisel van die vrees vir rykes. 

Rykes wat net vertrou op hulle rykdom en nie op God nie, gaan immers ook dood soos die res van die mensdom (vers 14-15).  “Die dood is hulle wagter.”  Die enigste hoop vir die lewe lê in God opgesluit wat ’n mens van die mag van die dood kan verlos (vers 16).  Daarom hoef, trouens mag gelowiges nie vir rykes bang wees of hulle rykdom beny nie (vers 17).

Die lewe moet dus in ’n noue verhouding met God geleef word, deur Hom te erken en in ag te neem in alles, die eerste beginsel van die wysheid soos dit so duidelik in Spreuke uitgespel is.  Rykdom en veral die vertroue op rykdom is nie ’n plaasvervanging daarvoor nie.

Soortgelyke gedagtes word in Job 21 uitgespreek oor hierdie verskynsel van die rykes wat God nie wil ken nie en moet uitvind, “hulle voorspoed is nie in hulle eie hande nie” (vers 16).  Ook Psalm 73 lei die 3de Psalmboek in met soortgelyke gedagtes.

Die Psalm word as volg opgedeel:

  1. Die doelwit van die Psalm word aangegee:  die verklaring van ‘n raaisel – vers 2-5.  Let op hoe in vers 5 van twee aksies gepraat word: eers die luister – waarskynlik na God – en dan die verklaring: “want ek hoor ’n woord wat my wysheid gee en terwyl ek op die lier speel, wil ek ’n geheimenis verklaar.”  Dit gee ons ‘n handige manier om oor ons eie raaisels na te dink.  Hoor by God, en verklaar dit dan.
  2. Die bedreiging van ryk bedrieërs word as absurd afgewys omdat hulle soos almal uiteindelik doodgaan – vers 6-14.  Die agtergrond vir die uitsprake oor die onmoontlikheid om iemand van die dood los te koop (vers 8), kom van die bewussyn dat God die lewe gegee het, en absolute mag daaroor het, en dat niemand genoeg kan betaal om dié mag oor te neem nie.
  3. Daarteenoor sal God die Psalmis wat op Hom vertrou, loskoop uit die mag van die dood – vers 15-16.  Vers 16 kan verstaan word as ‘n opstanding uit die dood, hoewel dit meer sin maak dat die Psalmis van ‘n redding van die dood praat, dit wil sê ‘n voortydige dood aan die hand van die rykes. Die idee van die opstanding uit die dood kom nie wyd verspreid in die OT voor nie.
  4. Daarom moet jy jou nie kwel oor ryk mense nie, want sonder God sal hulle vergaan – vers 17-21.

Jesus hanteer dié Psalm se perspektief op rykdom op ‘n hele paar plekke.  Dink aan die gelykenis van die ryk dwaas waar die ryk man nie ook ryk in God was nie en in sy dwaasheid rykdom opgegaar het vir die toekoms en uiteindelik niks daarvan kon geniet nie (Luk 12:13-21). Ook die ontstellende en tragiese verhaal van die ryk jongman wat die kans van sy lewe mis om ‘n dissipel van Jesus te word, omdat hy te verknog was aan sy besittings (Matt 19:16-30).  Sowel as die bekende verhaal van Lasarus en die ryk man, waar die ryk man nie tyd gemaak het om na God se wil te luister nie, en ook nie tyd gemaak het om deernis met die arm Lasarus te betoon nie, en dit suur bekom in die hiernamaals (Luk 16:19-31).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda