Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou

Hierdie is die laaste Psalm van die Koragiete in die 2de Psalmboek.  Dit is ook die 1ste van ’n reeks van 5 wysheidsPsalms.  Die fokus van hierdie Psalm word in vers 5 gegee.  Die Psalmis wil ’n geheimenis (raaisel) verklaar met ’n woord van wysheid (spreuk).  Dit is die raaisel van die vrees vir rykes. 

Rykes wat net vertrou op hulle rykdom en nie op God nie, gaan immers ook dood soos die res van die mensdom (vers 14-15).  “Die dood is hulle wagter.”  Die enigste hoop vir die lewe lê in God opgesluit wat ’n mens van die mag van die dood kan verlos (vers 16).  Daarom hoef, trouens mag gelowiges nie vir rykes bang wees of hulle rykdom beny nie (vers 17).

Die lewe moet dus in ’n noue verhouding met God geleef word, deur Hom te erken en in ag te neem in alles, die eerste beginsel van die wysheid soos dit so duidelik in Spreuke uitgespel is.  Rykdom en veral die vertroue op rykdom is nie ’n plaasvervanging daarvoor nie.

Soortgelyke gedagtes word in Job 21 uitgespreek oor hierdie verskynsel van die rykes wat God nie wil ken nie en moet uitvind, “hulle voorspoed is nie in hulle eie hande nie” (vers 16).  Ook Psalm 73 lei die 3de Psalmboek in met soortgelyke gedagtes.

Die Psalm word as volg opgedeel:

  1. Die doelwit van die Psalm word aangegee:  die verklaring van ‘n raaisel – vers 2-5.  Let op hoe in vers 5 van twee aksies gepraat word: eers die luister – waarskynlik na God – en dan die verklaring: “want ek hoor ’n woord wat my wysheid gee en terwyl ek op die lier speel, wil ek ’n geheimenis verklaar.”  Dit gee ons ‘n handige manier om oor ons eie raaisels na te dink.  Hoor by God, en verklaar dit dan.
  2. Die bedreiging van ryk bedrieërs word as absurd afgewys omdat hulle soos almal uiteindelik doodgaan – vers 6-14.  Die agtergrond vir die uitsprake oor die onmoontlikheid om iemand van die dood los te koop (vers 8), kom van die bewussyn dat God die lewe gegee het, en absolute mag daaroor het, en dat niemand genoeg kan betaal om dié mag oor te neem nie.
  3. Daarteenoor sal God die Psalmis wat op Hom vertrou, loskoop uit die mag van die dood – vers 15-16.  Vers 16 kan verstaan word as ‘n opstanding uit die dood, hoewel dit meer sin maak dat die Psalmis van ‘n redding van die dood praat, dit wil sê ‘n voortydige dood aan die hand van die rykes. Die idee van die opstanding uit die dood kom nie wyd verspreid in die OT voor nie.
  4. Daarom moet jy jou nie kwel oor ryk mense nie, want sonder God sal hulle vergaan – vers 17-21.

Jesus hanteer dié Psalm se perspektief op rykdom op ‘n hele paar plekke.  Dink aan die gelykenis van die ryk dwaas waar die ryk man nie ook ryk in God was nie en in sy dwaasheid rykdom opgegaar het vir die toekoms en uiteindelik niks daarvan kon geniet nie (Luk 12:13-21). Ook die ontstellende en tragiese verhaal van die ryk jongman wat die kans van sy lewe mis om ‘n dissipel van Jesus te word, omdat hy te verknog was aan sy besittings (Matt 19:16-30).  Sowel as die bekende verhaal van Lasarus en die ryk man, waar die ryk man nie tyd gemaak het om na God se wil te luister nie, en ook nie tyd gemaak het om deernis met die arm Lasarus te betoon nie, en dit suur bekom in die hiernamaals (Luk 16:19-31).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: