Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid

Die verraad van die Siffiete

Hierdie kort Psalm van Dawid word gekoppel aan die verraad wat die Siffiete teen hom gepleeg het toe hy op ’n keer vir Saul in die Sifwoestyn by Goresa, op die Gakilarant suid van hierdie onherbergsame gebied, weggekruip het (1 Sam 23:19-28).  Dit was net na Saul en Doëg die priesters van Agimelek in Nob uitgewis het.  Abjatar, Agimelek se seun, was die enigste wat ontkom het en het homself by Dawid geskaar.  Abjatar het Dawid regdeur sy lewe geestelik ondersteun deur die Here vir hom te raadpleeg.  Dit was juis as gevolg van Abjatar se raad dat Dawid van Keïla na die Sifwoestyn gevlug het (1 Sam 23:6-15).

Abjatar was nie die enigste wat Dawid ondersteun het nie.  In dieselfde hoofstuk van Samuel word die hernuwing van die verbond tussen Jonatan, Saul se seun, en Dawid vermeld by Goresa in die Sifwoestyn (1 Sam 23:16-18).  Ironies dat Jonatan van Dawid se skuilplek geweet het, maar dat Saul die Siffiete nodig gehad het om Dawid te kon opspoor.

Die Siffiete se verraad was egter nie suksesvol nie, want toe Saul en sy manskappe hom gaan soek, het Dawid na ‘n kliprant in die gebied gevlug in die Maonwoestyn, en daar het Saul die spoor verloor.  Trouens, Saul het vir Dawid aan die een kant van die berg gesoek, met Dawid en sy manne wat net aan die ander kant geskuil het. Voordat Saul egter verder kon soek, het daar ’n boodskapper vir Saul kom terugroep om ‘n Filistynse aanval in Israel te gaan afweer.  Die kliprant het dus in die volksmond die naam Skeidingsrant gekry.

Daar is ook ’n interessante woordspel tussen 1 Sam 23:15: “Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek,” (OAV) en Ps. 54:5: “geweldenaars soek my lewe” (NAV) wat dien om dié twee Skrifgedeeltes aan mekaar te verbind.

Uitleg

Die Psalm is, na die inleidende skets, ’n roerende klaaglied wat in twee dele verdeel is en afsluit met die reddende uitkoms in vers 9:

  1. Hoor my gebed en red my van my vyande – vers 3-5.  Die algemene naam van God, Êlôhîm, word 3 keer in die eerste deel van die klaaglied gebruik.  Dawid maak staat op God se regverdigheid om aan hom reg te laat geskied.  Hy herinner God ook aan die feit dat dié geweldenaars en vyande nie rekening hou met God nie.
  2. Vernietig hulle dat ek U goedheid kan loof – vers 6-8.  Die persoonsnaam van God, Jahwe, word 2 keer in die tweede deel van die klaaglied gebruik, om die intieme verhouding van Dawid met God uit te druk, teenoor die geweldenaars wat nie met Hom rekening hou nie.  Hy vra dat die onheil wat hulle beplan op hulle sal boemerang en God se getrouheid só sal blyk.  Let op dat die offers wat Dawid beplan, selfs meer sal wees as wat God van hom sou kon vra, omdat hy só sy dankbaarheid onomwonde teenoor God wil uitspreek.

Dawid loof aan die einde van die Psalm die feit dat die Here hom uit elke benoudheid gered het.  Dié ervaring van hom inspireer ons om God ook te vertrou vir elke benoudheid waarin ons verkeer.  Waar sy Naam in ’n situasie van benoudheid en onheil aangeroep word, laat Hy sy teenwoordigheid ken.

’n Mens sou tereg vrae kon vra oor die skerpheid van Dawid se oordeel oor sy vyande, veral in die lig van Jesus se gebod om juis die vyande lief te hê en sy besluit om die kruisdood vir sondaars te verduur.  Maar, Dawid se reslose vertroue op God se redding spreek steeds regdeur die eeue om ons te motiveer om God te vertrou, al sal ons nie meer op dieselfde wyse as hy teenoor ons vyande optree nie.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: