Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid

Psalm119-resjDie waarde van Psalm 119 lê ten diepste in die herhaalde onderstreping van belangrike eienskappe van die openbaring van God:

  • Dat God se beloftes en beslissings lewend maak en daarom getuig van God se troue liefde (119:154,156, 159);
  • Dat die hoofsaak van God se woord waarheid is: “Die hoofsaak van u woord is waarheid, en elkeen van u beslissings is vir ewig.” (119:160).

Let op hoe ‘n mens hierin iets sien van God se liefde wat nie sonder sy waarheid tot sy volle reg kom nie.  God se liefde en die liefde vir God bly altyd binne die raamwerk van die waarheid wat Hy geopenbaar het.  Die omgekeerde is natuurlik ook waar.  God se waarheid word binne die raamwerk van die liefde verwerklik.

Let ook op hoeveel erns hy maak met die openbaring van God (positief gestel), want dit is die waarheid:

  • Hy vergeet nie God se wet nie (119:153).
  • Hy bestudeer God se voorskrifte, anders as die goddeloses (119:155).
  • Hy wyk nie af van God se bepalings nie, al word hy agtervolg en teengestaan (119:157).
  • Hy onderhou God se woord, en daarom vul dit hom met weersin as hy sien dat die ontroues dit nie doen nie (119:158).
  • Hy het God se opdragte lief, en wil hê die Here moet dit raaksien (119:159).

Die ding wat egter vir my vandag uitstaan in hierdie twintigste deel van Psalm 119 – wat deur die herhaling onderstreep word – is die feit dat die beloftes en beslissings van God IN die ellende van regsake, in die agtervolging en teenstand van goddeloses en ontroues gegee word.  Dit is IN die smeltkroes van snedige spotters wat die Psalmis vashou aan die lewe wat uiteindelik kom deur die einste woord wat deur die teenstanders vertrap word.

Daarom dat die Psalmis se gebed is dat die Here sy ellende sal raaksien en hom sal red van die regsaak teen hom – waarskynlik vanweë sy vashou aan die waarheid – in die hoop dat sy vashou aan God se beloftes en beslissings en sy weiering om daarvan af te wyk, deur die Here raakgesien sal word.

Ek dink ons vergeet dit net te maklik. Ons word daarom net te maklik mismoedig as ons vashou aan die Woord van God vir ons lyding en swaarkry inhou.

Dit is ook nie anders in die NT nie.  Dit is ontsettende insiggewend om te kyk na die beklemtoning van die waarheid in die Johannes evangelie juis in die konteks van teenstand:

  • Jesus noem Homself die Waarheid in die konteks van die naderende verraad van Judas en die verloëning van Petrus (Joh. 14:6). Die waarheid lok altyd teenstand uit.
  • Jesus getuig juis oor die waarheid as Hy deur Pilatus in die onregverdige verhoor ondervra word, net voor die uiteindelike verguising van die kruis: “Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem.” (Joh. 18:37).
  • Die Heilige Gees word (onder andere) met die titel van Gees van waarheid bekendgestel (Joh. 14:17) in die konteks van die wêreld wat dié waarheid nie kan ontvang nie, trouens dit met stokke en swaarde sal beveg. Hy is immers ook die Trooster, dié een wat in teenstand kan vertroos.
  • Jesus begelei ons deur die Gees op soortgelyke wyse in die volle waarheid (Joh. 16:13) in die konteks van die teenstand van die wêreld. Die Here Jesus bid nie dat ons uit die wêreld weggeneem sal word nie, maar wel van die Bose bewaar sal word (Joh. 17:15 – dit is ook die rede waarom Hy dié gebed in die Ons Vader ingesluit het).
  • Let op dat Jesus spesifiek sy Vader namens ons vra: “Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid.” (Joh. 17:17). Dit kon netsowel ‘n opmerking oor Psalm 119 gewees het!

Laat ek dit dus helder stel:

Daar is dus geen innerlike stryd tussen die Waarheid as Persoon – Jesus, die vleesgeworde Woord van God – en die waarheid van die woorde van God nie – die Bybel, die skriftelike Woord van God. 

  • Dat die Bybel deur mense geskrywe is met die taal en kennis van hulle konteks is onteenseglik só. Dat ons die Bybel in daardie konteks moet lees en uitlê, is onteenseglik ook só.
  • Maar, die Bybel is ook die Woord van God, waarin ons God se stem hoor. Dié mense is deur die Gees van God geïnspireer en het onder die leiding van die Heilige Gees van God die woorde van God neergepen.
  • Die Bybel is daarom nie net in die algemeen die Woord van God nie. Dit is ook in die spesifieke uitsprake daarin die Woord van God. Dit bevat ook, en is ook, die woorde van God.

Dít is waarop ek my lewe bou, in die nougesette lees, luister en leef van die Bybel as die Woord van God.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: