Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges

Hierdie kort Psalm word nie aan ’n spesifieke tyd in Dawid se lewe gekoppel nie, hoewel ’n mens kan agterkom dat sy gebed teen die agtergrond van die optrede van kwaadwilliges teen onskuldiges geskryf word.  Wat veral interessant is, is dat hy werk met sy waarneming dat God mense met “hulle eie tonge” tot ’n val bring (vers 9).  Die “giftige woorde vir pyle” wat hulle uit hinderlae vir hom bedoel (vers 4-5) word getroef met die pyl van God (vers 8) wat verder uitgespel word as die gevolg van hulle eie bose planne.  Bose mense word deur hulle eie boosheid gevang, daarvoor sorg die Here.

Die Psalm kan gemaklik in twee verdeel word:

  • Bewaar my van die komplotte van kwaadwilliges – vers 2-7.  Let op hoe die booswigte as meesters met die woord geteken word – skerp tonge vir swaarde, giftige woorde vir pyle, beplan skelmstreke, smee volmaakte komplotte.  Maar, hulle eie woorde word as strikke gebruik om hulle tot ’n val te bring (vers 8).  Die bedreiging van die vyande word as “uit die bloute” geteken (vers 5), dieselfde woord wat in die tweede deel van die Psalm vertaal word met “meteens” en hulle is daarmee heen.  Net so skielik soos die aanval gebeur op die onskuldige, só skielik laat God toe dat hulle eie tonge hulle tot ’n val bring.  Dit gee groot versekering vir gelowiges wat onskuldig ly.  Vers 7 is ’n diepsinnige refleksie oor die boosheid van die mens – dit kom van diep van binne af.
  • Die regverdige verbly hom in die Here wat kwaadwilliges tot ’n val bring – vers 8-11.  God se hantering van sulke kwaadwilliges geniet ’n breë instemming – knik met voldoening die kop (vers 9).  Dit word die tipe stories wat vertel word om God se dade te verheerlik, veral omdat dit insig gee in hoe God optree (vers 10).  Daarom kan die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, want Hy het raad met die vyande.  Opregtes kan Hom daarvoor prys.
View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: