Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid

Psalm119-wawHierdie sesde gedeelte van die Psalm het twee baie besondere beklemtonings.

Die eerste besondere kenmerk is die wisselwerking tussen die troue liefde van die Here waarvoor die Psalmis bid in 119:41 wat geëggo word in sy vreugde in God se bevele: “in u bevele wat ek liefhet; ek reik uit na u opdragte wat ek liefhet.” (119:47-48).

God se liefde steek ‘n wederliefde aan wat op drie maniere sy lewe aanraak.

  1. Die liefde wat God in gebedsverhoring bewys, help die Psalmis om antwoorde te gee aan sy spotters deurdat hy kan getuig dat sy vertroue op God se woord nie tevergeefs was nie (119:42).
  2. Die vryheid wat God se wet gee, motiveer hom om met vrymoedigheid oor God se openbaring (bepalings) voor konings te kan praat sonder om hom te skaam (119:46).
  3. En dit maak sy eie hart bly om nog meer en hegter aan God se bevele, opdragte en voorskrifte vas te hou (119:47-48).

Gebedsverhoring gaan dus nie net oor die verhoring as sodanig nie, maar oor die waarde daarvan in terme van jou getuienis voor ander en jou volharding in alle situasies.  Bid dus sonder ophou die gebed van 119:41: “Laat my u troue liefde ervaar, Here, u verlossing volgens u belofte.” Die effek daarvan op ander se lewe sowel as jou eie kan nie oorskat word nie.

Die tweede besondere kenmerk is die beskrywing van die: “vrye ruimte” wat God se wet vir hom gee om die Here te kan dien – Ps. 119:45 – iets wat ongelukkig in die NAV se vertaling verlore gaan.  Die BDV vertaal: “Ek wil u wet voortdurend onderhou, vir altyd en altyd, en ek wil in hierdie vrye ruimte voortbeweeg.” (119:44-45).

Letterlik staan daar: “ek sal rondloop in ‘n wye plek,” wat metafories geneem kan word, soos die NIV dit dan ook vertaal: “I will walk about in freedom for I have sought out your precepts.”  Peterson vertaal op soortgelyke wyse: “And I’ll stride freely through wide open spaces as I look for your truth and your wisdom.” (The Message).

Teenoor die idee dat die wet ‘n beperkende invloed in ‘n mens se lewe het, konstateer die Psalmis die “vrye ruimte” wat die wet gee om in God se geopenbaarde wil jouself uit te kan leef.  Dit gee mens ‘n hele ander perspektief op God se openbaring aan ons. Dit wil jou vrymaak van die gebondenheid wat die sonde en skuld so maklik in ‘n mens se lewe teweeg bring.

Die liefde vir God se wet bring vryheid en vrymoedigheid.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Dankie, Chris, dat jy so ‘n instrument in die Here se Hand is. Gisteraand tydens die kontaksessie het daar net opnuut die begeerte in my opgewel om Hom nog inniger deur sy Woord te leer ken, sodat ek Hom beter kan dien – tot sy eer en in belang van my naaste. (Weer eens: Lees, Luister, Leef)

    • Dankie, Lily, dit is my voorreg en plesier. En dankie dat jy en jou man en die res van ons Somerstrand groep die reis deur die Bybel met my onderneem. Sonder julle sou dié roeping wat die Here vir my het ‘n baie eensame pad gewees het. Aan Hom al die eer.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: