Skip to main content

Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid

Psalm119-wawHierdie sesde gedeelte van die Psalm het twee baie besondere beklemtonings.

Die eerste besondere kenmerk is die wisselwerking tussen die troue liefde van die Here waarvoor die Psalmis bid in 119:41 wat geëggo word in sy vreugde in God se bevele: “in u bevele wat ek liefhet; ek reik uit na u opdragte wat ek liefhet.” (119:47-48).

God se liefde steek ‘n wederliefde aan wat op drie maniere sy lewe aanraak.

  1. Die liefde wat God in gebedsverhoring bewys, help die Psalmis om antwoorde te gee aan sy spotters deurdat hy kan getuig dat sy vertroue op God se woord nie tevergeefs was nie (119:42).
  2. Die vryheid wat God se wet gee, motiveer hom om met vrymoedigheid oor God se openbaring (bepalings) voor konings te kan praat sonder om hom te skaam (119:46).
  3. En dit maak sy eie hart bly om nog meer en hegter aan God se bevele, opdragte en voorskrifte vas te hou (119:47-48).

Gebedsverhoring gaan dus nie net oor die verhoring as sodanig nie, maar oor die waarde daarvan in terme van jou getuienis voor ander en jou volharding in alle situasies.  Bid dus sonder ophou die gebed van 119:41: “Laat my u troue liefde ervaar, Here, u verlossing volgens u belofte.” Die effek daarvan op ander se lewe sowel as jou eie kan nie oorskat word nie.

Die tweede besondere kenmerk is die beskrywing van die: “vrye ruimte” wat God se wet vir hom gee om die Here te kan dien – Ps. 119:45 – iets wat ongelukkig in die NAV se vertaling verlore gaan.  Die BDV vertaal: “Ek wil u wet voortdurend onderhou, vir altyd en altyd, en ek wil in hierdie vrye ruimte voortbeweeg.” (119:44-45).

Letterlik staan daar: “ek sal rondloop in ‘n wye plek,” wat metafories geneem kan word, soos die NIV dit dan ook vertaal: “I will walk about in freedom for I have sought out your precepts.”  Peterson vertaal op soortgelyke wyse: “And I’ll stride freely through wide open spaces as I look for your truth and your wisdom.” (The Message).

Teenoor die idee dat die wet ‘n beperkende invloed in ‘n mens se lewe het, konstateer die Psalmis die “vrye ruimte” wat die wet gee om in God se geopenbaarde wil jouself uit te kan leef.  Dit gee mens ‘n hele ander perspektief op God se openbaring aan ons. Dit wil jou vrymaak van die gebondenheid wat die sonde en skuld so maklik in ‘n mens se lewe teweeg bring.

Die liefde vir God se wet bring vryheid en vrymoedigheid.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda