Skip to main content

Psalm 84 – Hoe gelukkig is hulle wat in u huis woon

Die volgende paar Psalms word aan die Koragiete toegeskryf – Ps. 84-88 – met Psalm 86 wat aan Dawid verbind word.

Psalm 84 is ’n besondere beskrywing van die tempel as die spilpunt van God se teenwoordigheid in Israel – beide uit die hoek van die mense wat daar woon (vers 5) as die mense wat die pelgrimstog daarheen onderneem (vers 6). Dit is ook ’n Psalm wat verskeie kere getoonset is en onder ander op pragtige wyse deur Chris Lamprecht as koormusiek  verwerk is.

Twee merkers in die Psalm staan uit: 1) drie saligsprekinge in vers 5,6 en 13 wat die geluk van dié wat in God se huis woon, wie se krag in God lê en wat op Hom vertrou, besing; 2) dat die Here vier keer as “Heerser oor alle magte” (Jahwe eva’ôt – “Here van die leërskare” 1933 vertaling; “Almagtige” 1983 vertaling) geteken word in vers 2,4,9, en 13.

Die Psalm is opgedeel in vier dele: 1) die verlange na die tempel van die Here – vers 2-5; 2) die impak van die God van die tempel – vers 6-8; 3) ’n gebed vir beskerming van God se gesalfde – vers 9-10; 4) die genade wat God vanaf die tempel skenk – vers 11-13.

My siel verlang, ja smag na die voorhowe van die Here – vers 2-5

Die skoonheid van die tempel lê nie net in die prag en praal van die geboue nie, maar in die verknogtheid en verlange van die Psalmis na die lewende God.  Soos die mossies en swaeltjies ’n plekkie daar vind, só wil die Psalmis dit ook ondervind.  Dié mense wat gelukkig genoeg is om daar te woon (in die tempelgeboue) kan die Here gedurig loof.

Hoe gelukkig is mense wie se krag in U lê! – vers 6-8

Dit is egter nie net die priesters en ander tempel amptenare wat gelukkig is nie.  Ook die pelgrims se gedagtes is vol van die ervaringe van die lang togte na die tempel waar hulle krag ontvang het om voor God in Sion te verskyn.    Daarom kan hulle as gelukkig beskryf word, want hulle krag lê in die Here.  Terloops: Die vertaling “dorre laagte” verwys eintlik na die Baka-vallei wat egter nie presies aangewys kan word nie, maar op pad na Jerusalem toe was.

O God, sien om na u gesalfde – vers 9-10

Dat dié deel ’n gebed vir die koning is, word in die oorspronklike afgelei van die beskrywing van hierdie persoon met die woorde skild (beskermer) en gesalfde, hoewel sommige ook dink dat dit miskien na die hoëpriester kon verwys.

’n Dag in u voorhowe is beter as duisend daarbuite – vers 11-13

Die tempel as sodanig is nie die punt van sy argument dat ’n dag in God se voorhowe beter is as ’n duisend daarbuite nie, maar dat hy só die genade en eer wat die Here skenk, kan geniet.  Want dié God is Een wat nie terughou wat goed is nie van dié wat onberispelik lewe nie.

Boodskap van die Psalm

Ek neem vers 12 se tweede deel met my saam vandag: “Hy hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie.”


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.