Historiese raamwerk

’n Mens kan egter agter die huidige indeling van die 5 boeke of bundels waarskynlik ’n historiese raamwerk raaksien[1].
  • Boek 1-2 (Psalms 1-72) is opgebou uit veral die Dawidiese Psalms wat uit die tyd van die konings kom tot en met die ballingskap – ongeveer die 11de tot 6de eeue vC, met Psalm 1 as inleiding.  Die inhoud reflekteer dus die temas van lof en (veral) klag, soos dit verband gehou het met die wel en weë van die volk in daardie tyd, altyd geskets teen die agtergrond van God se oneindige goedheid en sorg vir die volk.
  • Boek 3 (Psalms 73-89) veronderstel meesal die ballingskap en val van Jerusalem – 6de eeu vC – met die vrae en dreigende wanhoop wat dit in die lewe van die volk opgeroep het.  Dit is diep en donker wroeginge oor die toekoms, waarin die voorspoed van die onregverdiges en goddeloses tot baie vrae en worstelinge aanleiding gee.  Ons vind hier dus meesal Klaagpsalms met Psalm 73 die inleiding wat die tema van twyfel eerlik op die tafel sit, weliswaar met die uiteindelike boodskap dat twyfel wel in die nabye teenwoordigheid van God tot rus kom.
  • Boek 4 (Psalms 90-106) fokus op Jahwe se koningskap ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis, met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem (Ps 106:47).  Psalm 90, die Psalm van Moses, kan natuurlik baie vroeër wees en lei die tema van God as toevlug van geslag tot geslag in.  Hier is dus veral Lofpsalms.
  • Boek 5 (Psalms 107-150) werk met die veronderstelling dat die terugkeer uit ballingskap al plaas gevind het (Ps 107:2-3), en loof God vir sy heerskappy oor die nasies (Ps 108) en fokus op die toekoms wat deur Hom moontlik word vir die volk.  Psalm 107 funksioneer as ’n inleiding vir hierdie deel en loof die Here vir sy goedheid en liefde waaraan daar geen einde is nie.  Die meeste Lofpsalms kom dus in hierdie deel voor.

Hierdie raamwerk gee ons dus ’n ander manier om die betekenis van die Psalms te ontgin vir ons geestelike lewe.  As ’n mens die Psalms lees teen die agtergrond van die ervarings van die volk Israel, maak dit ’n deur oop dat ons dit kan waag om die Psalms te lees en gebruik in die lig van ons eie lewensverhale.  Ons kan daarom Psalms uit die verskillende boeke of bundels kies wat saamhang met die verloop van ons eie lewe, sowel as die lewe van ons mense, en daaruit die temas en areas aflei waarop ons moet fokus in ons verhouding met God en mekaar.

Dit bly immers een van die belangrike opdragte  van Paulus dat gelowiges in hulle samekomste moet sing, en spesifiek ook Psalms moet sing, saam met ander liedere  (Ef 5:19 – “en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here”; Kol 3:16 – “Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing”; 1 Kor 14:26 – “Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ’n bydrae om te lewer: ’n psalm, ’n onderwysing, ’n openbaring, ’n ongewone taal of klank, ’n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop”).  Jakobus raai individuele gelowiges ook aan om te sing, veral lofliedere (Jak 5:13).

 


[1] Gebaseer op Gordon Fee en Douglas Stuart se interpretasie in How to Read the Bible Book by Book.
View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: