Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas

Die opbou van die 2de Psalmboek kan óf in terme van die digters daarvan ingedeel word, óf in terme van die temas daarvan.  In die geheel staan dit bekend as die “gebede van Dawid, seun van Isai” soos Psalm 72:20 dit beskryf.

Opbou volgens digters

  • Psalm 42-49 – Die 2de Psalmboek begin met ’n reeks Psalms wat aan die Koragiete toegeskryf word, Psalm 42-49.
  • Psalm 50 – ’n Psalm van Asaf, die hoof van ’n Levitiese  sangersgeslag in die dae van Dawid (1 Kron. 6:39), sluit dié reeks af. Hy was ook verantwoordelik vir Psalms 73–83.
  • Psalm 51-65 – Die hart van die 2de Psalmboek is die Psalms van Dawid, baie keer voorsien van ’n opskrif wat die omstandighede waarbinne die Psalms geskrywe is, beskrywe.
  •  Psalm 66-67 – Twee anonieme Psalms, wat uitnemende lofpsalms is.
  • Psalm 68-69 – Weereens ’n paar Psalms van Dawid waarin op God se hulp in nood as herinnering vir gelowiges gefokus word.
  • Psalm 71 – Nog ’n anonieme Psalm wat ’n kleinood geword het vir almal wat gevorderd in jare is.
  • Psalm 72 – ’n Psalm van Salomo wat die Psalmboek afsluit.

Opbou volgens temas

Ek gebruik hier hoofsaaklik Douglas Stuart se skema (How to Read the Bible Book by Book) met my eie verwoording van die fokus daarvan:

  • Psalm 42-45Drie gebede om hulp van ’n God wat as afwesig ervaar word (“Waarom slaap U, Here?  Word tog wakker!” – Ps. 44:24) met ’n gebed van bewondering vir die Koning waaraan die hoop vir die toekoms verweef is.  Dit word daarom ’n Koningspsalm genoem.
  • Psalm 46-48Drie lofliedere wat God se beskerming en hulp uit Sion besing.  Dit word daarom Sionspsalms genoem en is heel gepas deur die Koragiete geskrywe en waarskynlik uitgevoer.
  • Psalm 49-53Vyf wysheidsPsalms wat waarde van die regte verhouding met God uitspel in terme van:
    • die vermyding van die verleiding van rykdom wat deur onreg bekom is (Ps. 49),
    • die wysheid om na God te luister en Hom, die regverdige Regter, bo alles te gehoorsaam en Sy lof te besing (Ps. 50),
    • die noodsaak van sondebelydenis om deur God se genade reinheid, vernuwing en standvastigheid deur Sy Gees te ontvang (Ps. 51),
    • die vertroue op God dat Hy die goeie oor die kwade sal laat seëvier (Ps. 52) en
    • die besef dat dit uiters dwaas is om te dink dat daar nie ’n God is nie (Ps. 53 – vgl. ook Ps. 14).
    • Psalm 54-64Elf klaagpsalms van Dawid wat vir God se hulp teen die venynigheid van die vyande vra, meesal met ’n stukkie agtergrond oor die omstandighede waarbinne Dawid die Psalms geskryf het oor:
      • Ps. 54 – die verraad van die Siffiete wat nie met God rekening gehou het nie,
      • Ps. 55 – waarskynlik die verraad van Agitofel, sy maat en goeie vriend, van wie God hom gered het,
      • Ps. 56 – die gevangenskap onder die Filistyne in Gat, waar hy ervaar het dat God op sy trane gelet het, trouens dit is in sy boek opgeteken,
      • Ps. 57 – die vlug vir Saul die grot in, waar hy ten spyte van die gevaar by God skuiling gevind het,
      • Ps. 58 – die onreg wat gedy onder immorele leiers, wat sal ervaar dat daar tóg ’n  God is wat reg op die aarde laat geskied,
      • Ps. 59 – die omsingeling deur Saul in sy eie huis, waar hy weereens ervaar het dat God vir hom skuiling bied,
      • Ps. 60 – die oorwinning oor die Arameërs na God hulle eers verstoot het,
      • Ps. 61 – die wanhoop in die vreemde met die gebed dat hy by God ’n blywende tuiste wil vind,
      • Ps. 62 – die belydenis dat hy net by God rus vind,
      • Ps. 63 – sy verblyf in die Judawoestyn, waar hy ervaar het dat God se troue liefde meer werd is as die lewe,
      • Ps. 64 – die komplotte van kwaadwilliges wat deur God getroef is.
      • Psalm 65-68Vier lofpsalms wat God se dade van redding en verlossing besing, sowel as sy lewensveranderende teenwoordigheid.  Dit is waar vir Israel (Ps. 66,68) sowel as vir die hele aarde (Ps. 65,67 – “o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou” – Ps. 65:6).
      • Psalm 69-72Drie gebede om hulp in aanvegting beide van buite (vyande) en van binne (sonde) sowel as “noudat ek oud geword het (Ps. 71).  ’n Psalm van Salomo sluit dié 2de Psalmboek af, weereens ’n Koningspsalm soos in Ps. 45, waarin vir God se verlossing deur die Koning gebid word.  Let op hoe dié vier Psalms – 69-72 – op dieselfde wyse die bundel afsluit as wat die eerste vier Psalms – 42-45 – die 2de Psalmboek begin het: drie gebede en ’n Koningspsalm.

Oor die Koragiete

11 Psalms word in totaal aan die Koragiete toegeskryf.  Ons vind hulle Psalms in 2 kort reekse,  aan die begin van die 2de Psalmboek (wat ons nou gaan lees) en later ook aan die einde van die 3de Psalmboek:

  • Ps. 42–49 met ’n Psalm van Asaf (meer oor hom later) as afsluiting daarvan (Ps. 50), en
  • Ps. 84-88 (Ps. 86 word aan Dawid toegeskryf en Ps. 89, die afsluiting van die 3de Psalmboek, aan Etan, ‘n wyse man van Juda in die tyd van Dawid en Salomo [1 Kon. 4:31]).  Interessant genoeg word dié reeks voorafgegaan deur ’n eie reeks Psalms van Asaf (Ps.73-83) waarmee die 3de boek van die Psalms dan ook ingelui word.

Die Koragiete was deel van die stam van Levi.  Van die Koragiete het diens gedoen as deurwagte by die heiligdom (1 Kron. 9). Sommige was soldate in Dawid se leër (1 Kron. 12). Ander was weer bekend as musikante in die tempel (1 Kron. 6).

Een van die groot Koragiete was die profeet Samuel.  Een van sy kleinseuns, Heman, word ook uitgesonder as ‘n musikant (1 Kron. 6), wat ooreenstem met hulle verbintenis aan die Psalms.  ‘n Mens moet net hierdie Heman onderskei van ‘n ander Psalmskrywer, ook ‘n wyse man (1 Kon. 4:31), wat vir Psalm 88 verantwoordelik was.  Dié Heman was ‘n Esragiet, nie ‘n Koragiet nie (Ps. 88:1).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: