Skip to main content

Psalm 56 – God let op ons trane

Die Psalm word in eerste vers met Dawid se gevange neming deur die Filistyne in Gat verbind (1 Sam 21).  Koning Akis van Gat se amptenare het Dawid na hom toe gebring omdat daar met soveel lof van sy dapperheid in oorlog gesing is in Israel.  Dawid was egter baie bang en het hom “voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos ’n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.” Akis het Dawid daarom laat gaan, want hy wou nie ‘n mal mens in sy huis laat inkom nie.

Die Psalm wys hoe geloof vasgehou word midde-in die vrees vir die vyande en teëstanders.  Dit is opgedeel in 5 dele:

  1. Gebed om genade – vers 2-3.  Die mense wat hom jaag en vervolg kan hom so maklik van God self vervreem, of laat twyfel in God se nabyheid en sorg.  Daarom bid hy vir genade om nie onder te gaan weens die optrede van sy teëstanders nie.
  2. Gebed van vertroue – vers 4-5.  Wanneer alles egter te veel vir hom word, en die vrees hom oorval, dan neem hy sy toevlug tot sy enigste ware uitkoms, sy vertroue op God.  Dit is die woord van God wat hom gerus maak, en laat besef dat blote mense nie regtig iets aan hom kan doen nie.
  3. Gebed om uitkoms – vers 6-8.  Vanuit sy vertroue in God vra hy dat God sal optree en hulle beskuldigings en bose planne sal fnuik.  Let op hoe spesifiek hy is, al stuit die agressie ‘n mens ‘n bietjie teen die bors stuit.
  4. Gebed van vertroue – vers 9-12.  Dawid herhaal weer sy vertroue in God, waarskynlik veroorsaak deur een of ander teken of woord (“Dit weet ek: God is aan my kant”) en teken vir ons ‘n kant van God wat regtig tot ‘n mens se hart spreek: “U het op my trane gelet.  In u boek staan hulle opgeteken.” Watter diep gerustelling as ‘n mens aan wydverspreide aanvegtinge blootgestel is.
  5. Gebed van toewyding – vers 13-14.  Dawid verbind hom in die laaste beweging van sy gebed om sy geloftes en dankoffers te betaal, en dank God dat dié hom enduit beskerm en bewaar.

Dié gebed is ‘n uitstekende raamwerk vir ‘n mens se eie gebed.  Die gebed om genade is gebaseer op vertroue, net soos die gebed om uitkoms gebaseer is op vertroue.  Die bewussyn van God se deernis met ons trane, is inspirerend.  En só ‘n gebed moet altyd uitmond in (nuwe) toewyding.

“Trust in God, when activated and confirmed by a word from God, is more powerful than the evil actions of human beings.” (Tate, Word Biblical Commentary : Psalms 51-100).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda