Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here
Psalm 119 is ‘n letterkundige juweel. In ‘n verstommende akrostiese kragtoer begin elke opeenvolgende groep van agt verse elke keer met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse konsonante alfabet. Dit gee 22 kleiner eenhede – hier aangedui met die Hebreeuse konsonante: ALEF, BET, GIMEL ens. – wat elkeen die wonder van God se woord aan sy mense beskrywe en besing. Ons gaan dit daarom ook oor 22 dae lees om reg te laat geskied aan elke eenheid.
Hierdie uitnemende Psalm besing die openbaring van God in sy wet soos vers 1 dit aandui. Daarmee word egter nie net die wet as sodanig verheerlik nie, maar alles wat God van Homself aan die mensdom openbaar het. Daarvan getuig die agt woorde wat Ps. 119 gebruik vir God se openbaring wat eintlik as sinonieme vir mekaar optree. Ek gee dit weer met die keuse van die NAV en BDV vertaling (met die Hebreeuse woord en ‘n Engelse vertaling daarvan in hakies):
- woord/wet (torâh – 119:1,29 – “law”),
- verordeninge/bepalings (‘edût – 119:2,14,22,24,31 – “rules” of “testimonies”) – ek verkies eintlik die woord getuienisse as vertaling hier, soos dit in die OAV was.
- bevele/opdragte (piqqûdîm – 119:4,15,27 – “precepts”),
- voorskrifte (huqqîm – 119:5,12,8,16,23,26 – “statutes”),
- gebooie/bevele (mizwôt – 119:6,10,18,21,32 – “commandments”),
- bepalings/regverdige beslissings (mishpâtîm – 119:7,13,30 – “judgments”),
- woord (dâbâr – 119:9,16,17,25,28 (BDV het belofte) – “word”),
- beloftes/woord (‘imrâh – 119:11 – “utterance”).
Hiermee bevestig die Psalmis wat alreeds in Psalm 1 gesê is: God se woord is die sentrum van die lewe, dié ding wat jou nie net soos ‘n boom geplant langs watervore maak en laat gedy nie, maar sorg dat jy die pad (dêrêg – ‘n woord wat ook gereeld in Psalm 119 voorkom!) van die regverdiges kan bewandel.
God se woord bring GELUK: Dit is God se openbaring wat geluk bring as ‘n mens met jou hele hart daarna soek (119:2), onberispelik daarvolgens lewe (119:1) en: “net sy paaie” volg (119:3). Dan is God se woorde: “strelender as heuning vir my mond” (119:103) en regtig beter as enige voordeel wat rykdom ‘n mens kan bring (119:14).
God se woord geld vir ALMAL: God se openbaring geld vir oud (119:83 – “Ek het verskrompel soos ‘n velsak in die rook, maar u voorskrifte het ek nie verontagsaam nie.” – NAV) en vir jonk (119:9 – “Hoe sal ‘n jongmens sy lewenspad suiwer hou? Deur te hou by u woorde.”). Immers: “U het self u opdragte gegee, sodat mense dit noukeurig kan nakom.” (119:4). Daarom kan die Psalmis sê: “Ek is ‘n vriend van almal wat vir U ontsag het en u opdragte nakom.” (119:63). Trouens, hy verlang daarna dat daar ‘n gemeenskap van getroue volgelinge van God se openbaring sal wees: “Laat hulle wat vir U ontsag het, na my terugkeer, ja, hulle wat u bepalings ken.” (119:79).
God se woord is DIÉ LEWENSREËL om na te volg: God se openbaring moet reg deur ‘n mens se lewe nagevolg word, sodat dit jou lewensreël word: “Ek het u wet onderhou … Dit was vir my ‘n gewoonte, ja, u opdragte het ek nagekom.” (119:55-56). Hierdie gewoonte word gekweek deur ‘n verskeidenheid van dinge: die insig wat God self gee (119:18 – vgl. Paulus wat ‘n soortgelyke gebed bid in Ef. 3:14-21), sy voortdurende begeleiding (die hele 5de deel druk dit uit, HE – 119:33-40), eie studie (119:7), nadenke met die verstand (119:15), koestering met die hart (119:11), gebed (119:27), oorpeinsing (119:148), en volhardende keuses aan die hand van God se openbaring (119:39: “Die pad van eerlikheid het ek gekies; u beslissings hou ek voor oë.”). “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad.” (119:105).
Ek het 22 skyfies van ‘n seleksie van verse uit elkeen van die 22 dele van dié Psalm gemaak wat jy kan gebruik om jou ‘n oorsig te gee van die omvattende betekenis van dié Psalm:
[widgetkit id=7155]
View all posts in this series
- BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150 - August 20, 2015
- Die praktiese waarde van die Psalms - August 31, 2015
- Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)
- Hoe om die Psalms te lees
- Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie - September 1, 2015
- Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke - September 2, 2015
- Psalm 109 – U is goed en getrou, moet U nie doof hou nie - September 3, 2015
- Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster - September 4, 2015
- Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar - September 7, 2015
- Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding - September 8, 2015
- Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan - September 9, 2015
- Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte - September 10, 2015
- Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe - September 11, 2015
- Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede - September 14, 2015
- Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons - September 15, 2015
- Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie - September 16, 2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - September 17, 2015
- Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse
- Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde - September 18, 2015
- Psalm 119:17-24 – GIMEL: God se woorde is raadgewers wat insig gee - September 21, 2015
- Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig - September 22, 2015
- Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom - September 23, 2015
- Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid - September 24, 2015
- Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg - September 25, 2015
- Psalm 119:57-64 – GET – U, Here, is my deel; U troue liefde vul die aarde - September 28, 2015
- Psalm 119:65-72 – TET – U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte - September 29, 2015
- Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee - September 30, 2015
- Psalm 119:81-88 – KAF – Op u woord wag ek sodat ek dit kan nakom - October 1, 2015
- Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas - October 2, 2015
- Bydraes hervat Maandag 12 Oktober - October 6, 2015
- Psalm 119:97-104 – MEM – Insig in God se openbaring kom deur gehoorsaamheid - October 12, 2015
- Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar - October 13, 2015
- Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging - October 14, 2015
- Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid - October 15, 2015
- Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig - October 16, 2015
- Psalm 119:137-144 – TSADE – My ywer vir u woorde verteer my wanneer my teenstanders dit vergeet - October 19, 2015
- Psalm 119:145-152 – KOF – Op u woorde wag ek - October 20, 2015
- Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid - October 21, 2015
- Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings - October 22, 2015
- Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof - October 23, 2015
- Psalm 120 – Here, bevry my van bedrieglike tonge - October 26, 2015
- Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie - October 27, 2015
- Psalm 122 – Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem - October 28, 2015
- Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is - October 29, 2015
- Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk - October 30, 2015
- Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte - November 2, 2015
- Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai. - November 3, 2015
- Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan - November 4, 2015
- Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg! - November 5, 2015
- Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers - November 6, 2015
- Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem - November 9, 2015
- Psalm 131 – Groot dade en wonderwerke kom van God af - November 10, 2015
- Psalm 132 – Here, laat u gesalfde se kroon skitter - November 11, 2015
- Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges - November 12, 2015
- Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion - November 13, 2015
- Psalm 135 – God is goed; God is groot; God sorg vir sy volk - November 16, 2015
- Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde - November 17, 2015
- Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde - November 18, 2015
- Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag - November 19, 2015
- Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees - November 20, 2015
- Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars - November 23, 2015
- Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig - November 24, 2015
- Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof - November 27, 2015
- Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond - November 30, 2015
- Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is - December 1, 2015
- Psalm 145 – Die Here is goed vir almal - December 2, 2015
- Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan - December 3, 2015
- Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het - December 4, 2015
- Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde - December 7, 2015
- Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld - December 8, 2015
- Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof! - December 9, 2015
- Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat - December 10, 2015
De Wet
Chris
Dit wat jy hierbo geskryf het in Sept 2015 – oor Psalm 119 -laat my verstom. En maak my baie opgewonde. Dankie. Ek waardeer jou harde werk.
Ek begin môre-aand met ‘n reeks oor die Lees van die Bybel. Dit is juis ps 119 wat my ‘n paar weke gelede my begin boei het. Dit was die verwysing na “pad waarop ons loop” wat vir my ‘n belangrike metafoor gee vir Bybellees. Ons manier van Bybellees behoort veel meer ‘n oefening te wees van “wandel en loop in sy weë” as wat dit ‘n ekspert vraag-en-antwoord vertoning is. Ek leen ook die beeld van “Reis in die Woord” by NT Wright.
Jou oordenking en opsomming van Psalm 119 bevestig dit vir my. Ek sal graag na hierdie Bybelskool-bydraes van jou verwys.
Ek het regtig groot waardering vir jou persoonlike getuienis en opgewondenheid oor die Woord as Woorde van God!
Groete
De Wet
Chris van Wyk
Dankie de Wet! Ek dink Psalm 119 is ‘n onontginde juweel met 176 skitterende perspektiewe op die impak wat die Woord op jou lewe kan hê. Geniet en gebruik!
Abie Bruintjies
Ek vertrou rerag om deur die psalm te werk dmv wat u hier voorhou…..ek Vertrou Die Here vir n Groter liefde,en toegewyde studie van Sy Woord
Andre Pierre du Plessis
Goeiemore , ek soek bietjie hulp, advies asb ….. Soos ek nou agter kom , is Psalm 119 deur iemand anders as Dawid geskryf . … Rede is die woorde BEPALINGS , VOORSKRIFTE , VERORDENINGE kom baie in die verse voor. Maar ek het vligtig gekyk deur die ander Psalms en ek sien nie die woorde nie , ek kan mis gekyk het en ek is nie so geskool in die Bybel nie …………….
Dan sal ek ook graag wil weet , die woorde VERORDENING , BEPALINGS , VOORSKRIFTE , is dit die 10 gedooie………. Ek het in woorde boek gekyk en verordeninge =bevele , voorskrifte ………Dan waneer jy vers 38 lees , “Vervul ook aan my die BELOFTE wat U gegee het aan die wat U dien “…. Snaaks vir my is dit een [1] belofte ? en hoekom is dit nie beloftes……. meer want daar is so baie aan hom en ons gegee……….Praat hy van die belofte as die 10 gebooie in geheel , of net die eerste gebod………. wil nie van die molshoop n berg maak nie net interesand vir my………………. DANKIE Andre
Chris van Wyk
Ja, jy is reg. Psalm 119 se outeur is onbekend. Oor jou navraag. Daar is agt woorde wat hierdie Psalm gebruik vir die openbaring van God – wet, bepalings, opdragte, voorskrifte, bevele, regverdige beslissings, belofte, en woord (BDV vertaling). Hierdie openbaring van God kan veral verbind met die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, waarin die Tien Gebooie ‘n baie belangrike rol speel. Maar, die res van die OT speel natuurlik ook ‘n rol. Die agt woorde vir God se openbaring in Psalm 119 word egter ook in die res van die Psalms gebruik, soos bv die woord wet in Psalm 1; 19; 37; 40; 78; 89; en 94. Dieselfde geld die ander woorde wat op talle plekke gebruik word. Jy kan in YouVersion se Bybel app enige Afrikaanse vertaling kies en dan vir die woorde daarin soek.
Maria catharina Cornelia
Ps 37 vereenselwig met Ps 119