Skip to main content

Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder

Hierdie Psalm is baie persoonlik en beskryf die pyn en wroeging van siekte – dit bring afstand van God sowel as van jou vriendekring.  Dit word ’n Herinnering genoem in vers 1, wat kan beteken dat dit gebruik is as lering oor die verband tussen siekte, sonde en skuldbelydenis.

Die Psalm wentel dus om sonde met siekte – in meer as een sin.  Dit skets die worsteling en onsekerheid wat siekte as sodanig in ’n mens se lewe bring.  En dit trek ’n verband tussen sonde en siekte – ten minste in die ervaring van die sieke – met die besef van en behoefte aan skuldbelydenis in die verwagting van God se genade, vergifnis en genesing.

Die Psalmis se evaluering van die verband tussen die siekte en sy sonde hoef natuurlik nie korrek te wees nie (Jesus wys só ‘n noodwendige oorsaaklikheid verstaan af in Joh 9), maar dit is steeds sy ervaring. Hy is bewus van sy sonde, hy is siek, so ten minste moes God dit toegelaat het – dit is sy logiese en eerlike gevolgtrekking.

Vers 1-12

Dawid skets sy ervaring dat daar ’n integrale verband tussen sy siekte en sonde bestaan.  Sy siekte is in sy ervaring die gevolg van sy sonde.  Daarby is dit iets wat die Here hom aandoen.  God se toorn straf en tugtig hom met siekte.  Daarom bid hy om verlossing nie net van sy siekte nie, maar ook van sy sonde.  Hoewel die siekte nie ’n naam gegee word nie, wil dit voorkom asof dit dermatologies van aard is (“wonde stink en sweer”, “nie ’n heel plek aan my lyf nie”).  Terloops: “ek kan nie eers meer sien nie” in vers 11 mag ook dui op impotensie  (vgl Moses in Deut 34:7).

Vers 13-23

Weereens is sy siekte ’n aanleiding vir sy vyande om vir hom strikke te stel, hom kwaad aan te doen en vals beskuldigings na hom te slinger.  Let op hoe Dawid kies om nie na hulle te luister nie, maar sy vertroue op God self te stel en sy ongeregtigheid teenoor Hom te bely.  Die Psalm eindig met die roerende pleidooi dat God hom tog nie sal verlaat nie, nie ver van hom af sal bly nie en gou sal maak om hom te help.  God alleen is sy Redder.

In die NT word hierdie direkte verband tussen sonde en siekte meer genuanseerd getrek.  Jesus wys met die verhaal van die genesing van die blinde man dat sy gebrek met God se verheerliking verband hou (Joh 9).  Siekte is ook die gevolg van die verganklikheid van die lewe, waaraan ’n mens deel het, sonder dat dit noodwendig met persoonlike skuld te make het.

Maar Paulus skryf – in die konteks van die nagmaal – aan die Korintiërs dat siekte soms in die gemeenskap van gelowiges met die Here se oordeel en tugtiging verbind kan word, waarmee God besig is met ’n proses van heiligmaking, “sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie” (1 Kor 11:27-32 – vgl ook die verhaal van Ananias en Saffira in Hand 5).  God se genade sluit nie sy oordeel uit nie.[1]

 


[1] Interessant genoeg word die woord vir “sterf” (letterlik “slaap” of “ontslaap”) in 1 Kor 11:30 in die NT net gebruik vir gelowiges wat sterf.  Dit is dus nie ’n ewige oordeel nie.  Nogal moeilik om dit presies te interpreteer.  Een kommentaar sê daaroor: “These believers had not lost their salvation, but they had lost the privilege of service on the earth.” (Wycliffe Bible Commentary).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…