Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is

Psalm123Hierdie Psalm gebruik die metafoor van ‘n huishouding waar daar ‘n eienaar en eienares is saam met slawe (meervoud) en slavinne (eintlik enkelvoud, want daar was waarskynlik minder vroulike slawe as manlikes) en plaas die geloofsgemeenskap in die skoene van die slawe.  Hulle is volledig afhanklik van die genade van hulle eienaars.  Hulle oë is gerig op die geringste beweging van die hand van hulle eienaars om bv. vir hulle kos te gee of in ander behoeftes te voorsien.

BELYDENIS: Só is ons ook totaal afhanklik van die genade van die Here, ons God, wat in die hemel heers.  Dit is die geloof wat die pelgrims voor mekaar bely het.  Dit is die erkenning waarin hulle almal hulle hoop vind in hulle verhouding met die Here.

GEBED: Maar, dit is nie net ‘n belydenis nie. Dit is ook hulle gebed.  As ‘n mens weet dat jy van God afhanklik is, soos Jesus in die Bergrede ons ook geleer het, dán verander die kwaliteit van jou gebede. Dán weet jy dat goeie dinge altyd en alleen uit God se hand na jou toe kom.

Soos Psalm 145:15-16 later die prentjie van God sal inkleur: “15Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd. 16U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef.”  Dit is die God wat ons dien!

Daarom bid hulle saam – oral op hulle reis, selfs in Jerusalem – dat God se genade oorvloedig sal wees oor hulle, veral waar hulle as gelowiges baie keer uitgelewer is aan mense wat hulle hooghartig minag en selfvoldaan spot: “Wees ons genadig … ons het meer as genoeg gehad van spotlag en minagting.”  Presies waaroor dié spotlag en minagting gegaan het, word nie uitgespel nie, maar dit beteken dat elkeen van ons eintlik ons eie situasie daarin kan lees, soos inderdaad die pelgrims ook kon doen.  En let op dat die Psalmis sê dat ons oë op God gerig is totdat Hy ons genadig is.

Bely daarom jou afhanklikheid voor die Here en stort jou hart uit voor hom oor dié dinge wat ook jou keel vandag wil laat toetrek.  En moenie ophou nie.  Die Here sal luister en Hy sal jou deur enigiets dra.  Laat jou oë gerig wees op die geringste handbeweging van die Here, ons Here, totdat Hy jou genadig is.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: