Skip to main content

Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging

Psalm119-samekDie vyftiende deel van hierdie Psalm onderstreep die krag van God beide om te ondersteun en onderskraag sowel as om te verwerp en verwyder. God se openbaring struktureer die werklikheid op ‘n omvattende manier.  Hy bepaal wat gebeur.  Hy doen wat Hy openbaar.  Hy self is getrou aan wat Hy sê, soos die Psalmis dit hier uitdruk met die woorde wet, woord, bevele/gebooie, voorskrifte, bepalings/verordeninge en beslissings/bepalings – ses van die woorde wat in die Psalm daarvoor gebruik word.

Om die openbaring van God met alles wat in jou is, na te volg, is dus nie net die beste pad nie.  Dit is die enigste pad wat jy kan volg.  Jou liefde vir God se openbaring, moet opgevolg word, en word verdiep deur, jou uitvoering en nakoming daarvan in die fynste detail.  Hy is ‘n skuilplek en ‘n skild, ‘n plek van veiligheid en beskerming. Sy woorde is ‘n huis om in te woon.

Dit is daarom dat die kontras tussen die gelowiges en die goddeloses geteken word in vers 117-118 deur te wys op die plek wat hulle aan God se openbaring in hulle lewe gee. Die Psalmis verklaar onomwonde dat hy voortdurend aan God se voorskrifte wil aandag gee.  Die teenoorgestelde is waar van die goddeloses van die aarde wat van God se voorskrifte afdwaal.

Nog erger is mense wat dubbelhartig is, d.w.s. huigel.  Mense wat op die oog af instemming betuig met die woord van God, maar hulle lewens nie daardeur laat bepaal nie. Mense wat hoor, maar nie doen nie, soos Jesus en Jakobus lank hierna uitspel.

  • Jesus som die Bergrede op met die voorbeeld van die onverstandige man wat sy huis op die sand gebou het en nie kan standhou in die reën nie versus die verstandige met sy huis op die rots wat Jesus se woorde navolg (Matt. 7:24-27 – vgl. my bydrae Matteus 7 – Jesus fokus op die vrug van geregtigheid).
  • Jakobus spel die gevolge uit van mense wat hoor en nie doen nie met die voorbeeld van die man wat in ‘n spieël na homself kyk, maar dan vergeet hoe hy gelyk het (Jak.1:19-27). Trouens, Jakobus gaan aan om hierdie ongelooflike belangrike seën uit te spreek – en let op dat hy steeds van God se wet praat wat vrymaak: “Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daarby bly, sal geseënd wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener wat sy werk doen.” (Jak. 1:25 –vgl. my bydrae Jakobus 1:19-2:26 – Doen wat die woord sê).

Sulke mense staar verwerping en verwydering in die oë, sê Psalm 119: “soos metaalskuim verwyder U al die goddelose van die aarde.” (119:119).  Jy kan nie na God se woorde luister en dit nie doen nie.  Dit is die dood in die pot vir jou lewe.  En, sê die Psalmis, jy moet jou afskei van mense wat kwaaddoen, sodat jy die openbaring van God kan nakom.

Die Psalm ontlok in my dieselfde ontsag vir God se woord as wat ek in die Psalmis raaksien: “My lyf bewe omdat U vrees inboesem;” (119:120).  Dit ontlok ook in my dieselfde gebed: “Ondersteun my, soos U beloof het, sodat ek kan lewe; laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie.  Onderskraag my, sodat ek verlos kan word” (119:116-117).  Ondersteuning en onderskraging.  My gebed vir dié dag terwyl ek die wil van die Here soek en doen.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.