Skip to main content

Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan

Psalm146Inleiding

Psalm 146-150 sluit die vyfde Psalmboek, trouens die hele boek van die Psalms, af met vyf Halleluja-lofliedere.  Telkens verskyn dié opskrif in hierdie vyf Psalms: “Halleluja!” – dit beteken: “Prys die Here!

  • Psalm 146 raai die geloofsgemeenskap aan om op die Here te vertrou, nie op mense nie. Die redes vir ons lof lê in God se kongruente karakter.  Jy kan staatmaak daarop dat Hy is en doen soos Hy Hom in die Skepping en die lewe openbaar.
  • Psalm 147 raai die geloofsgemeenskap ook aan op die Here te vertrou, maar begrond dit in God se vreugdevolle versorging wat Hy ten toonstel in die natuur sowel as in die geskiedenis van sy mense: ”Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het.
  • Psalm 148 brei die oproep tot lof uit tot die hele heelal – skepsels en skeppings. Die redes vir die lof lê in God se betroubare bevestiging van alles wat leef.
  • Psalm 149 roep die geloofsgemeenskap op om God te loof in hulle byeenkomste. Die redes vir die lof lê in God se goedgesindheid aan sy getroue volgelinge.
  • Psalm 150 roep alles wat asem het op om God te loof: “na die omvang van sy grootheid.”

God is dus kongruent in sy karakter, vreugdevol in sy versorging, betroubaar in sy bevestiging, goedgesind teenoor sy getroue volgelinge, en onpeilbaar groot in sy omvang.  Sela.

Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan

Die Psalmis sing die geloofsgemeenskap toe en rig beide sy lof aan die Here self sowel as aan die geloofsgemeenskap om op die Here te vertrou.  Soos hy die Here se lof wil besing solank as wat hy bestaan, só wil hy hê dat die gelowiges dit sal doen.

Hy trek ‘n sterk kontras tussen die vertroue op mense en God.  Mense kan nie uiteindelik vertrou word nie, want hulle is sterflik, selfs al sou hulle vir ‘n tyd lank iets kon beteken.  Dit is net die Here wat trou bly tot in ewigheid, want Hy leef inderdaad van ewigheid tot ewigheid.

Die dieptepunt van sy vertroue in God lê in God se kongruente karakter.  Jy kan staatmaak daarop dat Hy is en doen soos Hy Hom in die Skepping en die lewe openbaar: “Hoe gelukkig is die mens wat die God van Jakob as sy bystand het, wie se hoop gevestig is op die Here, sy God … wat hemel en aarde gemaak het …. wat die reg van verdruktes handhaaf, aan hongeres brood gee.

Let op die tien beskrywings van God se karakter in vers 6-9, skryf dit op ‘n kaartjie, en herinner jouself deur die dag daaraan, dat dit dié God is wat jou God is: “Hoe gelukkig is jy …!”:

  • Die Here bly trou tot in ewigheid,
  • Die Here handhaaf die reg van verdruktes,
  • Die Here gee aan hongeres brood,
  • Die Here bevry gevangenes,
  • Die Here maak blindes se oë oop,
  • Die Here rig dié op wat terneergedruk is,
  • Die Here het regverdiges lief,
  • Die Here beskerm vreemdelinge,
  • Die Here help vaderloses en weduwees op,
  • Die Here maak die pad van goddeloses krom.

Dit is soos die “Tien Gebooie” van God se karakter waarop jy nie net regtig kan vertrou en in gebed voor die Here kan bring dat Hy dit waarmaak nie, maar wat jy in jou lofprysing aan God kan gebruik.

Soos die ou beryming van Psalm 146 gelui het:

Prys die HEER met blye galme,
o my siel, daar ‘s ryke stof!
‘k Sal, solank ek leef, my psalme
vrolik toewy aan sy lof
en Hom, wat sy guns my bied,
altyd groot maak in my lied.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!